Die IT Hub, sentraal geleë in die hartjie van kampus, onder die brug wat Admin A aan Admin B verbind, bied nou ook `n een-tot-een konsultasiediens met `n professionele tegnikus aan.
Die IT Gebruikerskonsultasie lokaal, kamer 1021, is privaat geleë in die ITHUB en bied aan personeel die geleentheid en tyd om aan `n tegnikus vrae te vra terwyl jy gehelp word.
Die beskikbare tye vir die konsultasielokaal is vanaf 8:00vm – 16:30nm, Maandae tot Vrydae.
Wanneer `n tegnikus u kontak nadat u `n insident aangemeld het, kan u `n konsultasie versoek. Hoewel elke gebruiker se versoek vir ons belangrik is, hanteer ons versoeke volgens prioriteit.
Ons hoop hierdie diens sal van waarde wees vir ons kliënte.
ITHUB
STELLENBOSCH-KAMPUS
FOON: 021 808 9289
E-POS: ithub@sun.ac.za