%PDF-1.3 1 0 obj << /Type /Catalog /Outlines 2 0 R /Pages 3 0 R >> endobj 2 0 obj << /Type /Outlines /Count 0 >> endobj 3 0 obj << /Type /Pages /Kids [6 0 R ] /Count 1 /Resources << /ProcSet 4 0 R /Font << /F1 8 0 R /F2 9 0 R /F3 10 0 R /F4 11 0 R >> >> /MediaBox [0.000 0.000 612.000 792.000] >> endobj 4 0 obj [/PDF /Text ] endobj 5 0 obj << /Creator (DOMPDF) /CreationDate (D:20240517110440+00'00') /ModDate (D:20240517110440+00'00') /Title (IT-artikels) >> endobj 6 0 obj << /Type /Page /Parent 3 0 R /Annots [ 12 0 R ] /Contents 7 0 R >> endobj 7 0 obj << /Length 4121 >> stream 0.702 0.800 0.816 rg 34.016 34.016 543.969 723.969 re f 1.000 1.000 1.000 rg 45.266 331.783 521.469 414.951 re f 0.773 0.773 0.773 RG 0.75 w 0 J [ ] 0 d 45.641 332.158 520.719 414.201 re S 0.773 0.773 0.773 rg 61.016 617.359 m 550.984 617.359 l 550.984 618.109 l 61.016 618.109 l f 1.000 1.000 1.000 rg BT 278.868 698.693 Td /F1 10.5 Tf [(POST LIST)] TJ ET 0.200 0.200 0.200 rg BT 212.789 670.111 Td /F1 14.4 Tf [(INFORMASIETEGNOLOGIE)] TJ ET BT 221.824 643.466 Td /F1 11.7 Tf [(INFORMATION TECHNOLOGY)] TJ ET BT 61.016 583.841 Td /F1 14.4 Tf [(SOEK JY SPOED?)] TJ ET 0.400 0.400 0.400 rg BT 61.016 555.033 Td /F3 9.0 Tf [(Ons is altyd op soek na meer tyd en wil alles vinniger doen. Om vinniger iets op die internet op te spoor is een opsie. Hier )] TJ ET BT 61.016 544.044 Td /F3 9.0 Tf [(is `n paar slim idees om seker te maak jy kry die beste spoed moontlik uit jou webblaaier se funksionaliteit. )] TJ ET BT 487.175 544.044 Td /F4 9.0 Tf [(1. Gebruik `n )] TJ ET BT 61.016 533.055 Td /F4 9.0 Tf [(vinnige webblaaier)] TJ ET BT 141.548 533.055 Td /F3 9.0 Tf [( Redelik voor die hand liggend is dit nie? In ons vorige artikel oor die verskeie webblaaiers het ons )] TJ ET BT 61.016 522.066 Td /F3 9.0 Tf [(vinnig gekyk na spoed en hoe blaaiers vergelyk. Julle weet dus al teen die tyd dat sommiges vinniger as ander is. Google )] TJ ET BT 61.016 511.077 Td /F3 9.0 Tf [(Chrome is tans voor as dit by spoed kom. )] TJ ET BT 229.082 511.077 Td /F4 9.0 Tf [(2. Deaktiveer Flash)] TJ ET BT 310.622 511.077 Td /F3 9.0 Tf [( Daar is geweldig baie Flash webwerwe op die internet en )] TJ ET BT 61.016 500.088 Td /F3 9.0 Tf [(alhoewel dit redelik indrukwekkend lyk, maak dit jou vermoe om vinnig te blaai aansienlik moeiliker. As spoed vir jou )] TJ ET BT 61.016 489.099 Td /F3 9.0 Tf [(belangrik is, sit eerder Flash af onder jou webblaaier verstellings en aktiveer dit as jy regtig die Flash animasie wil sien. )] TJ ET BT 61.016 478.110 Td /F3 9.0 Tf [(Met sommige blaaiers het jy addisionele applikasies nodig soos Flashblock, maar Internet Explorer het `n ingeboude )] TJ ET BT 61.016 467.121 Td /F3 9.0 Tf [(opsie onder "Tools" hiervoor. )] TJ ET BT 178.952 467.121 Td /F4 9.0 Tf [(3. Raak ontslae van jou nutsbalke \("toolbars"\))] TJ ET BT 375.539 467.121 Td /F3 9.0 Tf [( Hoe meer nutsbalke jy versamel in jou )] TJ ET BT 61.016 456.132 Td /F3 9.0 Tf [(webblaaier, hoe stadig gaan jou internet wees. So eenvoudig soos dit. En het jy regtig alles nodig? Sommiges gebruik )] TJ ET BT 61.016 445.143 Td /F3 9.0 Tf [(geheue terwyl ander stilweg jou bandwydte opvreet deur data te stuur en ontvang in die agtergrond. \(en jy het gedink )] TJ ET BT 61.016 434.154 Td /F3 9.0 Tf [(hulle sit net daar en niks doen nie.\) )] TJ ET BT 203.090 434.154 Td /F4 9.0 Tf [(5. Gebruik oortjies \("tabs"\) in plaas van nuwe vensters)] TJ ET BT 436.703 434.154 Td /F3 9.0 Tf [( Te veel oortjies kan )] TJ ET BT 61.016 423.165 Td /F3 9.0 Tf [(verwarrend raak, maar hulle is steeds die beste opsie om jou webblaaier so doeltreffend moontlik te maak. So hoe help )] TJ ET BT 61.016 412.176 Td /F3 9.0 Tf [(dit? Met meer as een oortjie in een venster, is dit baie vinniger en makliker om die bladsy waaraan jy wil werk, te sien. Jy )] TJ ET BT 61.016 401.187 Td /F3 9.0 Tf [(hoef nie `n ander venster groter te maak, besef dit die verkeerde een, `n ander een oop te maak en voort te sukkel nie. )] TJ ET BT 61.016 390.198 Td /F3 9.0 Tf [(Webblaaiers soos Chrome hanteer ook elke oortjie soos `n aparte proses. So wanneer `n webwerf een oortjie laat )] TJ ET BT 61.016 379.209 Td /F3 9.0 Tf [(toegaan, verloor jy net daardie een webwerf, nie almal waaraan jy gewerk het nie. SOURCE:)] TJ ET 0.373 0.169 0.255 rg BT 432.671 379.209 Td /F3 9.0 Tf [(http://www.techrepublic.com/)] TJ ET 0.373 0.169 0.255 RG 0.18 w 0 J [ ] 0 d 432.671 378.058 m 547.709 378.058 l S 0.400 0.400 0.400 rg BT 61.016 360.720 Td /F3 9.0 Tf [(Posted in:Algemeen,Internet | Tagged:Webblaaier,Firefox,Google Chrome,Internet,Internet Explorer,Oortjies,Toolbars | )] TJ ET BT 61.016 349.731 Td /F3 9.0 Tf [(With 2 comments)] TJ ET endstream endobj 8 0 obj << /Type /Font /Subtype /Type1 /Name /F1 /BaseFont /Helvetica-Bold /Encoding /WinAnsiEncoding >> endobj 9 0 obj << /Type /Font /Subtype /Type1 /Name /F2 /BaseFont /Helvetica /Encoding /WinAnsiEncoding >> endobj 10 0 obj << /Type /Font /Subtype /Type1 /Name /F3 /BaseFont /Helvetica-Oblique /Encoding /WinAnsiEncoding >> endobj 11 0 obj << /Type /Font /Subtype /Type1 /Name /F4 /BaseFont /Helvetica-BoldOblique /Encoding /WinAnsiEncoding >> endobj 12 0 obj << /Type /Annot /Subtype /Link /A 13 0 R /Border [0 0 0] /H /I /Rect [ 432.6707 378.3766 547.7087 387.5341 ] >> endobj 13 0 obj << /Type /Action /S /URI /URI (http://www.techrepublic.com/) >> endobj xref 0 14 0000000000 65535 f 0000000008 00000 n 0000000073 00000 n 0000000119 00000 n 0000000305 00000 n 0000000334 00000 n 0000000469 00000 n 0000000551 00000 n 0000004724 00000 n 0000004836 00000 n 0000004943 00000 n 0000005059 00000 n 0000005179 00000 n 0000005307 00000 n trailer << /Size 14 /Root 1 0 R /Info 5 0 R >> startxref 5387 %%EOF internet « Informasietegnologie
Language:
SEARCH
  • Onlangse bydraes

  • Kategorieë

  • Argiewe

internet

Te veel lynopsies?

Donderdag, Junie 7th, 2012

Hoe gelukkig is ons nie om deesdae (natuurlik as die begroting dit toelaat) internet in ons huise te kan hê nie. Anders as 5 jaar gelede kan jy nou `n resep “google” in plaas van die Kook en Geniet gryp. Of in die middel van `n fliek gou die naam van die akteur opsoek wat so bekend lyk, maar wie se naam jy skielik om der dood nie kan onthou nie.

Ongelukkig kom daar met tyd ook meer opsies en in die proses meer verwarring. Asof die keuse van diensverskaffer nie moeilik genoeg is nie, kan jy deesdae ook kies hoe vinnig jou ADSL-lyn moet wees. iAfrica het dit vereenvoudig sodat ons dit ook kan verstaan.

384Kbps

Telkom se goedkoopste, intreevlak-opsie teen R152 per maand.

As jy e-posse wil lees, `n bietjie Facebook en Twitter en dalk af en toe `n snaakse video-insetsel wil kyk, is hierdie een vir jou. Jy sal kan Skype en ander gesels-programme gebruik, maar videokonferensies gaan maar hikkerig wees. As jy lief is vir jou YouTube-videos en musiek wil stroom, sal jy dalk maar geduld moet aanleer. Hierdie lyn gaan maar sukkel om te doen wat jy wil hê. Jy sal ook lank wag om leêrs af te laai wat groter as 1GB is.

Die goeie nuus is egter dat jy nogsteeds speletjies sal kan speel sonder te veel probleme. Die gesukkel gaan slegs inkom as jy opdaterings (“patches”) of ander inhoud vir jou speletjies wil aflaai.

As jy nie vir Telkom wil ondersteun nie, is daar ook die opsie om by  MWEB, Afrihost en ander IDV’s `n onbeperkte rekening te kry vir ongeveer R200.

1Mbps

Telkom se middelslag-aanbod is `n trappie beter, maar ook heelwat duurder teen R289. Die 1Mbps lynspoed is egter nader aan die spoed wat breëband eintlik moet wees – amper drie keer so vinnig as `n 384Kbps lyn.

Die 1Mbps-lyn is perfek vir `n familie met meer as een persoon wat die internet wil gebruik sonder om te veel te sukkel met internetspoed. Dis ook `n goeie opsie as jy baie data wil aflaai en na radiostasies en musiek aanlyn wil luister.  Daar sal steeds `n mate van onderbreking wees, maar `n paar sekondes in vergelyking met `n paar minute op `n  384Kbps lyn.

Selfs met die aflaai van speletjies doen die 1Mbps goed. Speletjies groter as 10GBs gaan dalk net `n tydjie (enigiets van 24-48 ure) neem.

Die onbeperkte 1Mbps opsies se pryse het ook die afgelope tyd geval en jy kan dit nou aanskaf teen R200 vir MWEB, Afrihost, Axxess en ander.

4Mbps

Die tweede duurste opsie gaan jou R413 per maand kos, maar dis ook vier keer vinniger as die 1Mbps-lyn. Hierdie lyn is ook handig vir families, veral die wat `n kombinasie van “WiFi”-toestelle en rekenaars het. Ernstige aflaaiers kan gerus, as die begroting dit toelaat, gaan vir die 4Mbps-opsie aangesien groot leêrs baie vinnig aflaai.

Aanlyn videos en musiek stroom seepglad so jy sal nie op jou tande sit en kners van frustrasie nie. Nog `n voordeel is die kwaliteit van video-oproepe met goeie kwaliteit met  min onderbreking, indien enige. Gebruikers van Xbox Live en Steam sal moeiteloos “patches” en speletjies wat etlike gigabytes is, kan aflaai.

‘n Onbeperkte 4Mbps data rekening sal gebruikers ongeveer R500 per maand kos.

10Mbps

Hierdie vinnigste opsie van almal kos dieselfde as die 4Mbps, omdat Telkom gebruikers gratis opgradeer.

Met 10Mbps kan jy uitsien na hoë-definisie datastroom sonder enige onderbreking. Aflaai is natuurlik ook twee keer so vinnig as met die 4Mbps-lyn en is dus vergelykbaar met die res van die aanlynwêreld. As jy dus `n internet-geaktiveerde TV, Apple TV of enige ander HD toestel het, is hierdie die beste opsie vir hoë-kwaliteit inhoud sonder om te sit en wag vir `n skerm wat laai.

Vir die kwaliteit en spoed van `n onbeperkte 10Mbps rekening vra Afrihost R997 (die laagste prys op die mark tans). Axxess vra R1599, terwyl MWEB R1999 vra.

BRON:  www.iafrica.com

Breëband of Big Mac?

Vrydag, Mei 25th, 2012

Breëbandpryse het die afgelope dekade ooglopend gedaal, maar dieselfde kan nie van ander produkte gesê word nie.  Rudolph Muller van www.mybroadband.co.za het gaan ondersoek instel en op `n paar interessante feite afgekom.

Die koste van ADSL-diens het met 50% gedaal sedert dit in 2002 geloods is, terwyl die koste van mobiele data met 96% gedaal het die afgelope 10 jaar. 

In 2002 het die basiese  512 Kbps ADSL diens vir residensiële verbruikers  R966.72 per maand gekos (R67.72 vir die huur van `n analooglyn, R680 vir ADSL-toegang en R219 vir `n 3GB databondel). In vergelyking hiermee is die prys van `n  384kbps konneksie met 5GB data nou R358.97 (R219.00 + R139.97).

In die mobiele data mark is die prysvermindering nog duideliker. In 2002 het  10MB data bundle van Vodacom R200 gekos (maw R20 per MB). Vandag kan gebruikers `n 1GB data bondel  by dieselfde maatskappy koop vir R99 (10c per MB).

Breëbandpryse se kostes is dus met tussen  50% en 95% gesny oor die afgelope tien jaar en dis deels te danke aan die laer internasionale bandwydte pryse meegebring deur  SEACOM.

Ongelukkig kan dieselfde nie van ander produkte gesê word nie. Die volgende tabel gee `n oorsig van die verandering in produkpryse die afgelope dekade.

Diens 2002 2012 Verandering

Telkom ADSL

Residensële ADSL toegang (512kbps/1Mbps) R680 R289 -58%
Besigheid ADSL toegang (512kbps/1Mbps) R800 R289 -64%
3GB gemengde ADSL data R219 R59.4 -73%
Analoog lynhuur R68 R140 107%

Vodacom mobiele data

Buite die bundel R45 R2 -96%
MyMeg 10 R200 R9 -96%

MultiChoice betaal-TV

DStv premium R349 R590 69%

Petrol

Petrol R4.26 R11.77 176%

Big Mac burger

McDonald’s Big Mac burger R9.00 R20.95 133%

Watter webblaaier?

Vrydag, Mei 25th, 2012

Lank gelede toe die internet nog sy eerste treë gegee het was die enigste opsies vir webblaaiers Internet Explorer en Netscape. Gelukkig is daardie dae iets van die verlede. Vandag kan jy `n webblaaier kies wat aan jou behoeftes voldoen – wat dit ookal mag wees. Ons het gaan notas maak sodat jy meer tyd op die internet kan spandeer.

Deesdae se webblaaiers is amper almal ewe goed. Die leiers, Google Chrome, Firefox en Internet Explorer, is al drie vinnig, propvol handige funksies en hou tred met nuwe ontwikkelinge. Op die ou end hang dit af wat jy as internetgebruiker verkies.

Die belangrikste vereiste vir die meeste gebruikers is spoed. En hier is Google Chrome `n sterk mededinger. “Chrome Instant” beteken jy sien die bladsye nog voordat jy dit klaar die adres en titel ingetik het. `n Program wat letterlik vooruit dink. Chrome is ook die enigste webblaaier wat `n ingeboude Flash-speler en PDF-leser het. Chrome hanteer en ondersteun ook HTML5 die beste van al die blaaiers en met sy minimalistiese ontwerp en nuwe hardeware versnelling word dit toenemend die populêre keuse.

Google Chrome is egter nie die enigste vinnige blaaier nie. Met weergawe 9 het Microsoft Internet Explorer `n hupstoot gegee. IE9 se Javascript is vergelykbaar met Chrome en een van IE9 se groot voordele is sy inskakeling by Windows 7. Jy kan ook webwerwe permanent “vassteek” op jou taakbalk – handig as boekmerke nie goed genoeg vir jou werk nie. Onthou net dat die minimum vereistes vir IE9 Windows 7 of Vista is.

Wil jy al jou boekmerke, opstellings en internetgeskiedenis soomloos sinkroniseer? Firefox is die wenner in dié afdeling en kan selfs sinkroniseer met sy eie mobiele Android weergawe. Firefox het ook die mees innoverende manier om baie oortjies (“tabs”) te organiseer met sy “panorama” groeperingsfunksie. Firefox se aanvangspoed, hoeveelheid geheue wat gebruik word en sekuriteit het sedert die vroeëre weergawes verbeter en kan sy man staan teen die ander webblaaiers.

As jy self na die statistieke wil gaan kyk en sien hoe elke webblaaier presteer in verskillende areas, gaan lees gerus hier verder.

BRON: www.lifehacker.com

Soek jy spoed?

Vrydag, Mei 25th, 2012

Ons is altyd op soek na meer tyd en wil alles vinniger doen. Om vinniger iets op die internet op te spoor is een opsie.

Hier is `n paar slim idees om seker te maak jy kry die beste spoed moontlik uit jou webblaaier se funksionaliteit.

1. Gebruik `n vinnige webblaaier

Redelik voor die hand liggend is dit nie? In ons vorige artikel oor die verskeie webblaaiers het ons vinnig gekyk na spoed en hoe blaaiers vergelyk. Julle weet dus al teen die tyd dat sommiges vinniger as ander is. Google Chrome is tans voor as dit by spoed kom.

2. Deaktiveer Flash

Daar is geweldig baie Flash webwerwe op die internet en alhoewel dit redelik indrukwekkend lyk, maak dit jou vermoeë om vinnig te blaai aansienlik moeiliker.

As spoed vir jou belangrik is, sit eerder Flash af onder jou webblaaier verstellings en aktiveer dit as jy regtig die Flash animasie wil sien. Met sommige blaaiers het jy addisionele applikasies nodig soos  Flashblock, maar Internet Explorer het `n ingeboude opsie onder “Tools” hiervoor.

3. Raak ontslae van jou nutsbalke (“toolbars”)

Hoe meer nutsbalke jy versamel in jou webblaaier, hoe stadig gaan jou internet wees. So eenvoudig soos dit. En het jy regtig alles nodig? Sommiges gebruik geheue terwyl ander  stilweg jou bandwydte opvreet deur data te stuur en ontvang in die agtergrond. (en jy het gedink hulle sit net daar en niks doen nie.)

5. Gebruik oortjies (“tabs”) in plaas van nuwe vensters

Te veel oortjies kan verwarrend raak, maar hulle is steeds die beste opsie om jou webblaaier so doeltreffend moontlik te maak. So hoe help dit? Met meer as een oortjie in een venster, is dit baie vinniger en makliker om die bladsy waaraan jy wil werk, te sien. Jy hoef nie `n ander venster groter te maak, besef dit die verkeerde een, `n ander een oop te maak en voort te sukkel nie.

Webblaaiers soos Chrome hanteer ook elke oortjie soos `n aparte proses. So wanneer `n webwerf  een oortjie laat toegaan, verloor jy net daardie een webwerf, nie almal waaraan jy gewerk het nie.

SOURCE: http://www.techrepublic.com/

Wat om te doen as die internet af is?

Vrydag, Mei 11th, 2012

SOURCE: http://www.makeuseof.com

 

© 2013-2024 Disclaimer: The views and opinions expressed in this page are strictly those of the page author(s) and content contributor(s). The contents of this page have not been reviewed or approved by Stellenbosch University.