Language:
SEARCH
  • Onlangse bydraes

  • Kategorieë

  • Argiewe

skootrekenaar

STP – tegnologie binne studente se bereik

Vrydag, Augustus 30th, 2013

 Oor die afgelope jaar het `n nuwe tegnologie inisiatief gemik op studente, sy kop stadig, maar seker uitgesteek op kampusse landswyd.

STP, of te wel die Studente Tegnologie Program se doel is om bekostigbare tablette en skootrekenaars te verskaf aan alle studente verbonde aan openbare universiteite in Suid-Afrika.

 ASAUDIT (The Association of South African University Directors of Information Technology) en PURCO, die Aankope Konsortium vir Suid-Afrikaanse Hoër Onderwys instansies het die onderhandelinge met verskeie tegnologie maatskappye hanteer.

Hierdie nasionale inisiatief bied bekostigbare aanbiedinge op tablette en skootrekenaars vir personeel en studente aan al die publieke universiteite in Suid-Afrika wat aangedui het dat hulle deelneem aan die STP.  Verdere aanbiedings sal nog onderhandel word om die huidige produkte aan te vul.

Aanbiedinge op die oomblik sluit Acer Opvoedkunde wat Acer skootrekenaars verkoop en Pinnacle wat Lenovo skootrekenaars verkoop in en beide bied 4 skootrekenaarmodelle wat strek van intreevlak tot hoë vlak skootrekenaars.  Acer, Dell, Proline en Samsung bied ook tans Android en Windows tablette wat strek van ‘n 7 duim tot hoë vlak 10.1 duim modelle.

Gebruik die sentrale webblad (www.stp.ac.za) om produkte te vergelyk en een te kies wat jou die beste pas.  Nadat jy op die webtuiste van die maatskappy geregistreer het, kan jy jou bestelling plaas en met die maatskappy reël vir aflewering.

 

 

Skootrekenaars nou meer bekostigbaar vir studente

Woensdag, Junie 6th, 2012

Studente kry reeds toegang tot die kampusnetwerk en IT-stelsels d.m.v. ongeveer 2500 rekenaars in RGAs. Addisioneel tot hierdie fasiliteite in RGAs word voorsien dat studente toenemend hul eie draagbare skoot- of tabletrekenaars na die kampus sal bring. In lyn met hierdie inisiatief is daar deur ’n landswye studente-skootrekenaarprojek mededingende pryse vir skootrekenaars beding. Hierdie rekenaars is getoets en goedgekeur deur die US se IT-afdeling en word aanbeveel vir studente.

Die produkte is billik geprys met `n aansienlike afslag op die vasgestelde pryslys vir sommige modelle. Alle modelle word standaard uitgereik met Windows 7 en Office 10 Pro – nog `n besparing van R1200-00.

Twee rekenaarhandelsmerke, Acer and Lenovo is gekies en elke verskaffer het vier verskillende opsies: Van intreevlak tot gevorderd. Die spesifikasies van die vier modelle is dieselfde by beide verskaffers. Jy kan dus besluit watter handelsmerk en model jou die beste pas.

Jy kan jou skootrekenaar direk by die verskaffers koop deur te kliek op die onderskeie skakels.

AcerLenovo

DISCLAIMER STATEMENT: PURCO, on behalf of the South African universities, negotiated prices with specific suppliers for specific laptops that are now being offered to qualifying students. All transactions relating to the procurement of the laptops will be between the computer supplier and the end-user. Neither PURCO nor the universities are in a position to guarantee the quality of the product or related services.

important infoJy moet ’n voornemende of huidige student met ’n US-nommer wees om te kwalifiseer. Indien jy meer inligting verlang of addisionele hulp nodig het, kontak ons by laptop@sun.ac.za of 021 808 9111

Waarskuwing aan 3G-gebruikers: Risiko vir oorspandering op datakontrakte

Dinsdag, Februarie 14th, 2012

Gebruikers word gewaarsku om versigtig die 3G-databundel, veral op skootrekenaars, te gebruik. Sommige pakkette van diensverskaffers se 3G-databundels beskerm nie die gebruiker teen oorspandering nie.

Hierdie risiko kom veral voor by gebruikers wat ‘n besigheidskontrak met ‘n diensverskaffer gesluit het en onder die indruk is dat, indien ‘n databundel teen die kontrak gekoop is, dit veilig is om maar die datadiens te gebruik “tot dit op” is.

Daar is egter ‘n groot risiko dat indien die databundel oorskry word, ‘n baie hoër “buite-bundel” tarief inskop en die gebruiker onvermoedelik ʼn baie hoër uitgawe verpligting aangaan.

Die risiko word verhoog deur programmatuur wat outomaties, sonder die gebruiker se wete, opdateer en gevolglik hoë volumes verkeer genereer. Let dus veral op sagteware se verstellings en maak seker dat opdaterings eerder met die hand gedoen word i.p.v. outomaties.

ʼn Verdere groot risiko is die buitensporige koste van data in die buiteland. “Wireless” binne die hotel is gewoonlik meer bekostigbaar as plaaslike diensverskaffers se “roaming” data opsies.

Gebruikers word sterk aangeraai om limiete op die bedrag of verkeer te plaas (kyk na u diensverskaffer se webblad), asook om sms of epos boodskappe te aktiveer wanneer die verkeer naby die limiet van die kontrak kom. Voorafbetaalde data is in die opsig baie veiliger.

Verder word gebruikers aangemoedig om die volume verkeer op die 3G beheerprogram self deeglik dop te hou. Die meeste verskaffers gee aan hul kliënte die opsie op datagebruik op hulle webwerf te monitor en IT raai gebruikers aan om van hierdie fasiliteit gebruik te maak. Skakel ook die 3G-fasiliteit af indien dit nie benodig word nie.

 

© 2013-2024 Disclaimer: The views and opinions expressed in this page are strictly those of the page author(s) and content contributor(s). The contents of this page have not been reviewed or approved by Stellenbosch University.