Language:
SEARCH
  • Onlangse bydraes

  • Kategorieë

  • Argiewe

kuberstrikroof

Beskerm jouself en jou identiteit

Woensdag, April 5th, 2017

Volgens die Amerikaanse Departement van Justisie was meer as 17 miljoen Amerikaners in 2014 slagoffers van identiteitdiefstal. EDUCAUSE navorsing het gewys dat 21% van respondente van met die jaarlikse ECAR studente steekproef se aanlynrekeninge gekraak is en 14% se rekenaar, tablet of slimfoon is gesteel. Aanlynbedrog bly `n voortdurende risiko. Die volgende wenke kan help voorkom dat jy `n slagoffer is van identiteitsdiefstal.

  • Lees jou kredietkaart-, bank- en betaalstate deeglik elke maand. Kyk vir ongewone of onverwagse transaksies. Onthou ook om te kyk na huidige rekeningkostes en ander belangrike persoonlike rekeninginligting. 
  • Hersien jou mediese fonds se state en eise. Kyk vir ongewone of onverwagse transaksies.
  • Versnipper dit! Versnipper alle dokumente met persoonlike, finansiële of mediese inligting voordat jy dit weggooi.
  • Trek voordeel uit jaarlikse gratis kredietverslae. In Suid-Afrika kan TransUnion, Experian en CompuShare hierdie verslae verskaf.
  • Indien `n versoek om jou persoonlike inligting vir jou nie reg voel nie, moenie verplig voel om te reageer nie. Regmatige maatskappye sal nie vir persoonlike inligting soos jou ID-nommer, wagwoorde of rekeninge vra deur middel van `n e-pos, advertensie, SMS of foonoproep nie.
  • Beperk die persoonlike inligting wat jy deel op sosiale media. Kyk ook na jou privaatheidverstellings elke keer wanneer jy `n toepassing of bedryfstelsel opdateer. (of ten minste elke paar maande)
  • Stel `n wagwoord daarop. Beskerm jou aanlyn rekeninge en mobiele toestelle met sterk, unieke wagwoorde of wagwoordfrases.
  • Beperk jou gebruik van openbare Wi-Fi. Wees versigtig om gratis, onsekure Wi-Fi te gebruik. Moet dit nie gebruik om toegang tot bankdienste of ander sensitiewe rekeninge te kry nie.
  • Beveilig jou toestelle. Enkripteer jou hardeskyf, gebruik `n VPN en maak seker dat jou stelsels, toepassings, anti-virus en inprop-programme op datum is.

(English) Salary increase e-mail not quite good news

Dinsdag, April 4th, 2017

Jammer, hierdie bladsy is nie in Afrikaans beskikbaar nie.

(English) Phishing scam disguised as a “server warning”

Vrydag, Maart 10th, 2017

Jammer, hierdie bladsy is nie in Afrikaans beskikbaar nie.

(English) Office365 phishing e-mail

Vrydag, Maart 3rd, 2017

Jammer, hierdie bladsy is nie in Afrikaans beskikbaar nie.

(English) Warning about (Standard Bank) phishing scam being sent from university e-mail address

Vrydag, Februarie 24th, 2017

Jammer, hierdie bladsy is nie in Afrikaans beskikbaar nie.

 

© 2013-2025 Disclaimer: The views and opinions expressed in this page are strictly those of the page author(s) and content contributor(s). The contents of this page have not been reviewed or approved by Stellenbosch University.