Language:
SEARCH
  • Onlangse bydraes

  • Kategorieë

  • Argiewe

drukwerk

Red `n boom, lees jou e-pos aanlyn

Vrydag, Maart 23rd, 2012

Die universiteit gebruik ongeveer tussen 54 en 60 miljoen velle papier per jaar. Nogal heelwat papier, né? Informasietegnologie het verlede jaar `n nuwe drukkersbestuursisteem implimenteer en die positiewe resultate is reeds duidelik sigbaar.

LEES MEER OOR IT SE GROEN DRUKINISIATIEF

`n Paar eenvoudige maatreëls kan `n merkbare verskil maak aan papiergebruik in jou kantoor.

1. Moenie jou e-posse druk nie. Daar is geen nut daarin om al jou e-posse te druk vir rekorddoeleindes of om later te lees nie.  Organiseer eerder jou e-pos leêrs beter en lees dit later as jy nie tyd het nie. Oorweeg dit om `n “dink voor jy druk” -boodskap onderaan jou e-pos te sit om mense te herinner.

2.  E-teken sagteware laat jou toe om aanbiedings, rekeninge en kontrakte aan kliënte te e-pos sodat hulle dit virtueel en sekuur kan teken. Hiermee word die  behoefte vir gedrukte dokumentasie geweldig verminder.

3. Indien jou drukker nie reeds opgestel is om 2 bladsye per vel of beide kante te druk nie, volg die volgende eenvoudige instruksies om jou papierverbruik te halveer. Gaan na “Print”, kliek op “Properties” en kies “Page layout: 2 pages per sheet” of gaan na “Print”, kliek op “Properties”, kliek op “Finishing” en kies “Print Style: 2-sided printing”.

4. Om selfs nog minder papier te gebruik, verander die kantlyne in jou Worddokumente om meer op `n bladsy in te pas. Kliek op “File”, kies “Page set up” en verander die kantlyne na 2 cm.

5. Koop herwinde papier of papier van FSC-gesertifiseerde oorsprong. Die FSC-etiket verseker dat die papier van verantwoordelike verskaffers kom.

6. Plaas duidelik gemerkte houers in areas waar mense hulle papier kan plaas – spesifiek langs drukkers en kopieerders. Mondi bied `n papieropteldiens in verskeie areas. Kontak hulle by Ronnie_Recycler@mpsa.co.za. Besoek www.e-waste.org.za vir meer inligting oor herwinning vir die kantoor.

 

© 2013-2024 Disclaimer: The views and opinions expressed in this page are strictly those of the page author(s) and content contributor(s). The contents of this page have not been reviewed or approved by Stellenbosch University.