Language:
SEARCH
  • Onlangse bydraes

  • Kategorieë

  • Argiewe

Tera Term

QVT Terminaal beëindig vanaf 1 Maart 2013

Woensdag, Februarie 6th, 2013

Uit met die oue, in met die nuwe. Deur die jare het die meeste van ons al kennisgemaak met die administratiewe stelsel, of te wel QVT en gewoondgeraak aan die swart skerm met sy neongroen lettertjies.

Ongelukkig het QVT sy vervaldatum bereik en het die behoefte al groter geword vir `n plaasvervanger.  

Daar is verlede jaar aangekondig dat die administratiewe program, QVT Term binnekort vervang sal word met `n nuwe program, Tera Term. Alle personeel behoort teen die tyd reeds Tera Term geinstalleer te hê en te gebruik.

Indien jy nog gebruikmaak van die ou QVT administratiewe program, neem asseblief kennis dat, vanaf 1 Maart, Tera Term die enigste beskikbare program vir administratiewe funksies sal wees. Alle gebruik van QVT word vanaf bogenoemde datum beeindig.

Gedurende Februarie sal `n IT-verteenwoordiger u kontak om `n afspraak te maak vir die verwydering van die ou sagteware.

Die ikoon vir Tera Term lyk anders as QVT, (sien onder). Om Tera Term te begin gebruik, gaan na Start, All Programs, Tera Term en kies Sentrale Rekenaars.

Vir enige navrae, e-pos gerus die IT Dienstoonbank by helpinfo@sun.ac.za.

QVT Terminal staan opsy vir Tera Term

Woensdag, Oktober 10th, 2012

Die outomatiese opgradering van die administratiewe program, QVT Term na `n nuwe program, Tera Term is die week voltooi.  US-personeel het nou `n splinternuwe administratiewe program op hul rekenaars.

Die ikoon vir Tera Term lyk anders as QVT, (sien regs) maar moenie bekommerd wees nie, die funksionaliteit bly dieselfde.  Buiten vir die gewone funksionaliteit spog Tera Term met beter sekuriteit – iets wat van kardinale belang is vir die tipe funksies wat die program moet vervul. Maar daar is ook `n handige ekstra ingebou. Jy kan nou direk na jou gewone drukker, soos opgestel in Windows druk in plaas van die spesiale opstelling wat QVT nodig gehad het.

Om Tera Term te begin gebruik, gaan na Start, All Programs, Tera Term en kies Sentrale Rekenaars. Die aantekenskerms lyk `n klein bietjie anders, maar volg net die instruksies. As jy vashaak, is hier ook volledige instruksies wat jou sal help.

Ons wil aanbeveel dat jy so gou as moontlik Tera Term begin gebruik aangesien die verouderde QVT-stelsel binnekort uitfasseer word.

 

© 2013-2024 Disclaimer: The views and opinions expressed in this page are strictly those of the page author(s) and content contributor(s). The contents of this page have not been reviewed or approved by Stellenbosch University.