Language:
SEARCH
  • Onlangse bydraes

  • Kategorieë

  • Argiewe

Nuus

(English) Habits to adopt to ensure safety against cyber-attacks

Maandag, Oktober 24th, 2022

Jammer, hierdie bladsy is nie in Afrikaans beskikbaar nie.

(English) New IT head puts spotlight on cybersecurity at Stellenbosch University

Maandag, Oktober 24th, 2022

Jammer, hierdie bladsy is nie in Afrikaans beskikbaar nie.

Internet aftyd Sondagoggend

Vrydag, Februarie 25th, 2022

Weens kritiese onderhoud deur ons internet diensverskaffer, TENET, sal daar geen internetdienste beskikbaar wees op Sondagoggend, 27 Februarie, tussen 0:00 en 03:00 nie.  

Gedurende dié drie ure sal daar dus geen internettoegang wees nie. Ons vra om verskoning vir die ongerief. Enige navrae kan aangemeld word by servicedesk.sun.ac.za.

SUNLearn: nuutste nuus

Woensdag, Februarie 16th, 2022

Ons ondervind sedert Maandag, 14 Februarie, ernstige probleme met SUNLearn. Dit sluit databasis toegangsprobleme en onvolledige of foutiewe studente module-registrasies in.

Die saak word as `n hoë prioriteit insident hanteer. Om die probleme aan te spreek is dit egter nodig om die vloei van studente module-registrasies van die studentestelsel na SUNLearn, sowel as handregistrasies op SUNLearn, tot môremiddag (17 Februarie 2022) om 14h00 af te skakel.

Dit sal die tegniese span die geleentheid gee om die probleem te ontleed sonder dat bykomende moduleregistrasies ‘n addisionele las op die stelsel plaas.

Ons vra verskoning vir die ongerief. Ons is bewus van die uitwerking wat die situasie op studente en personeellede het en ons doen ons bes om die stelsel so gou as moontlik weer volledig werkend te kry.

 

Ondersteuning van leer en onderrig deur middel van tegnologie

Woensdag, Februarie 2nd, 2022

Soos ons die nuwe, akademiese jaar betree is daar baie verwagtinge, bekommernisse, opgewondheid en geleenthede wat wag. Danksy die pandemie het SUNLearn die sentrale platform vir leer, onderrig en waardebepaling geword, net soos ons dit in ons geestesoog voorgestel het.

Met dit in ag geneem, `n stelsel of ekosisteem van platforms en hulpbronne is slegs so goed as die mense wat dit gebruik en ondersteun. Die Leertegnologiespan is geleë in beide die Sentrum vir Leertegnologie en in Informasietegnologie. Hierdie twee spanne verseker dat beide stelsels (IT) en die eindgebruikers (CLT) ondersteun word sodat die behoeftes vir die verskillende metodes van dienslewering vir Leer en Onderrig aan die universiteit ondersteun word. 

Gee ons die geleentheid om vir jou `n bondige oorsig te gee van wie ons is en wat ons doen. 

Leertegnologie-stelsels: Akademiese IT

Hierdie span word bestuur deur Lianne Keiller wat in die pos van Verhoudingsbestuurder vir die Leer- en Onderrigverantwoordelikheidsentrum haar pligte vervul. Haar primêre rol is om te verseker dat die fakulteite en Afdeling vir Leer- en Onderrigbevordering ondersteun word wanneer hulle toegang tot IT-dienste benodig en dat IT reageer op die behoeftes van hierdie omgewings. 

Binne hierdie span werk Mphonyana Wessels direk met verskaffers wat derde party programmatuuroplossings bied aan Leer en Tegnologie. Haar primêre rol is om gesprekke te fasiliteer tussen die fakulteite se gemengde leer koördineerders, die eindgebruiker-ondersteuningspan en Akademiese IT. Mphonyana tree ook op as die direkte lynbestuurder vir die Uitgebreide Leertegnologie-ruimtes (ELS) ondersteuningspanne. Die ELS-projek leen dit tot in-klas stroming vir studente wat nie fisies op kampus is nie. 

 Lucky Liremi is die inwonende tegniese ghoeroe in die LTS-span. Sy werk is om te verseker dat alle ondersoeke van die agtergrond-ondersoeke, stelsels en toetsing gedoen word. Lucky werk saam met ons interne en eksterne vennote om so vinnig moontlik te reageer op enige versoeke wat personeel en studente maak ten opsigte van SUNLearn, SUNStream en enkele ander stelsels.

Aphiwe Ngunge kan gesien word op kampus waar hy beweeg tussen die IT HUB en die IT-gebou. Aphiwe is beskikbaar om studentenavrae oor SUNLearn te beantwoord en/of om een-tot-een opleiding aan studente te verskaf om te verseker dat hulle optimaal benut wat SUNLearn aan hulle kan bied. 

Leertegnologieë Ondersteuningstoonbank

Morris Samuels bestuur sy span as Raadgewer in die CLT-omgewing. Met sy span van vier personeellede streef hulle om `n wye reeks dienste te verskaf wat leer en onderrig deur die gebruik van tegnologie doenbaar maak en waar moontlik, verbeter. Dié vyf-lid ondersteuningspan verskaf ondersteuning vir `n verskeidenheid navrae. Twee addisionele personeellede is onlangs aangestel om spesifiek uit te help met Hibriede-leer navrae. 

Met meer as 30 000 aktiewe gebruikers op SUNLearn is dit dikwels `n uitdaging om intyds te reageer soos versoeke en navrae inkom. Die meerderheid navrae word binne een uur beantwoord en dit is hulle doel om die omkeertydperk van ondersteuningsnavrae te verbeter. 

Alle navrae kan gemaak word by:

https://learnhelp.sun.ac.za of per telefoon by 021 808-2222

Wat die dienstoonbank bied:

  • Telefoniese ondersteuningsdiens
  • Basiese SUNLearn-opleiding vir personeel
  • Departmentele opleiding
  • Individuele konsultasies
  • Telefoniese en dienstoonbankondersteuning vir e-waardebepaling

Tipes navrae waarmee die dienstoonbank kan help:

 

Komponent

Beskrywing

SUNOnline

SUNOnline kursusnavrae deur fasiliteerders en deelnemers

Waardebepalling

Opstel van waardebepallings, versoeke vir waardebepaling-monitering, studentenavrae 

SUNLearn Teams-ondersteuning

Activeringsversoeke vir modules op Teams-ruimtes

Stroom- and klasopnames

SUNStream

Techsmith Relay

Camtasia Studio

Opleiding, lisensieversoeke, Foutopsporing

Derdeparty funksie-ondersteuning

Cengage, Matlab, Mcgraw-Hill, programmatuur, fakulteit e-boeke

Respondus

Respondus, Exam view, Lockdown browser & Monitor

 

SUNLearn-funksie versoeke

Moodle plugin en nuwe funksie versoeke

Turnitin-versoeke

Turnitin taakverstellings, versoeke om verhandelings te verwyder, algemene foutopsporing

Ondersteuning aan dosente

Raadgewend, riglyne en opleiding

Kliekers

SUNLearn klieker hulpmiddel, bespreking van klieker-toestelle

Navrae wat die Leertegnologie-ondersteuningspan nie mee kan help nie:

  • Wagwoord verval – Kontak asseblief help@sun.ac.za vir hierdie navrae.
  • SUN-toegang en gebruik – Kontak asseblief help@sun.ac.za vir hierdie navrae.
  • Kortkursus-registrasie of die uitreik van sertifikate – Kontak asseblief Kort Kursusse-afdeling vir hierdie navrae.
  • BYOD (Bring Your Own Device) bedienerprobleme en -ondersteuning -Kontak asseblief jou RGA-bestuurder vir hierdie navrae.
  • Finale oplaai van tesisse – Kontak asseblief scholar@sun.ac.za
  • Dié afdeling is ook nie verantwoordelik vir biblioteekverwante toegang of gebruik nie en is gevolglik nie in staat om hierdie tipe navrae te kan beantwoord nie. 

[ARTIKEL DEUR LIANNE KEILLER]

 

 

© 2013-2024 Disclaimer: The views and opinions expressed in this page are strictly those of the page author(s) and content contributor(s). The contents of this page have not been reviewed or approved by Stellenbosch University.