Knysna Toer

Kan dit regtig waar wees dat ons weer Knysna toe gaan – Knysna waarheen die BTK sy eerste toer georganiseer het? Dit is tog so en hoe anders is die vertrek van Stellenbosch-stasie as die eerste keer. Toe was die BTK nog jonk en onbekend en meeste het hom met huiwering beskou, maar nou is hy alombekend, alombemind en oral word die lede van die BTK beny. Die teleurgestelde gesigte van ‘n paar van die stoere lede van die klub wat verhinder was om saam te gaan was die laaste indrukke van Stellenbosch en dit het die gelukkige toeriste nog meer laat besef watter besondere voorreg hulle te beurt val. Read More

Tweede Waterval Uitstappie

‘n BTK-uitstappie! Net die inspirasie wat ‘n mens nodig het voor die eksamens van Junie moet afkom!

Met trane in die oë verneem ons dat ons die geselskap van sulke gefossileerde BT-Kaners soos Kikker en Mamma-se-Jakkalsie sal moet mis. Maar met ‘n paar handdoeke gewapen, die hulp van ‘n koel windjie waarteen ons opgestap het en die bemoedigende klanke van Driescher se kitaar het ons darem reggekry om die vloed te demp en het eindelik droogoogs vir ons in die geselskap van dr Bobbie en dr en mevr Grobbelaar neergegooi onder die reuse eike voor die deur van mej Watermeyer. Read More

Hermanus Toer

Tennyson se “Brook” sê:
Men may come and men may go,
But I go on for ever.

So ook het ons paartjies wat al amper fossiel-toeriste is, gevoel toe ons op Eersterivier die klomp nuwe gesigte rondom die intree-blik koffie beskou het. Onwillekeurig het ons gewonder wie van die klomp die grapmakers gaan wees, wie die baasstappers, wie die mense wat wa-ry aantreklik gaan maak, en eindelik vir wie die BTK sal beteken “Bok en Trou”. Besonder aangenaam was ons verras om dr Bobbie weer terug te sien in sy element, naamlik as beskermer van ‘n BTK-toer. Read More