La Motte Mei 1964

Vrydag, 29 Mei:
Sommer by die pakkamer al is dit “Ons stap nou!” en Eben sorg ook dat daar klokslag half-drie gestap word. Die eerste blaaskansie kom darem lekker gou, en wel net om die draai by Coetzenburg-poskantoortjie. Janee, die toer mag nou wel kort wees, maar hy’t darem tjaps. Die arme poskantoormannetjie het nog eers Hermanus se streke van geen-tjaps-gee-nie probeer uithaal, maar die khaki-en-rooi menigtes wat so hul gebou binneval, het hom en sy kollega gou hul fout laat insien, en chip-chop is almal geholpe. Read More