Glentana Gala 1965

Botter sê: BTK-tyd is regte tyd, en met die Kleinmannetjie se “hoor hier” in ons ore het die groot bus maar net ‘n halfuur laat die Akker verlaat. Elfuur vir ons en ter elfde ure vir oom Bethel wat hom tevergeefs op sy wraaksingende kurk raadslid, Japie, beroep het.

Read More

Langeberg Oktober 1965

1-11 Oktober 1965

Die rympie sê mos: “Dit is die maand Oktober, die mooiste, mooiste maand.” Boonop is Oktobermaand vanjaar ook BTK-maand, met ‘n splinternuwe toer op die koop toe: die Langeberge in die omgewing van Riversdal en Barrydale! Meer eers is daar nog eers ‘n taai krisis voor die toer, ‘n voorspel wat hom afspeel nog voor die gordyn na die toer finaal kon oopskuif. Read More

Sederberge April 1965

Brood vorm so ‘n intergrale deel van ‘n BT-Kaner se dieet – so het ons nog aan die begin van die toer gedink – dat niemand juis omgegee het om so laat Donderdagmiddag te vertrek weens die oponthoud by die bakkery nie. Andries het minder gelukkig gevoel om die toer sonder skoene aan te pak. Read More