Tuinroete Gala 1967

Die lugkolletjies tussen die donker eksamenwolke het uiteindelik op Donderdag 23 November sommer yslik groot geword en alle donkerheid laat verdwyn – gala het aangebreek; en dit is ‘n nuwe gala: die tuinroete gala, of soos Dieter op die braaivleis gesê het, die “honeymoon”-gala. Read More

Obiqua September 1967

As daar gesoek word na die punt van die reënboog bly dit vir baie ‘n onbereikbare vergesig, maar weereens kon ons dit vind in die rooihaartjie ericas, berg- en skaamrosies blou koringblommetjies, geel van die botterblom, pers jonkmansknoop en pypie, groen van die boegoe en die fynheid van die spinnekop orgidee. En dit sommer hier by ons in die berge van die Boland. Read More

Sederberge April 1967

Wanneer deur die bergklimmers-repertoire gegaan word, is dit die Sederberge wat die spesiale plek inneem, die móet en die herhaalde móet vir elkeen. Behalwe vir die voorreg, dus om weereens ware BTKaners te kon wees, kon ons weer die werklikheid geworde fantasie van die Sederberge met volle teue inasem.

Die rasendheid het reeds by die raserige toervergadering begin toe die kekkelende kokke kliphard amok gemaak het. Read More