Noordelike Sederberge September 1973

21 – 29 September 1973

Vrydag:
Dié keer vertrek die wa op die beplande tyd en die bus is ook skaars ‘n kwartier laat – maar dit ten koste van ‘n paar mense wat nog volgens ou BTK-standaarde leef. Ons moed sak saam met die reën wat hoe nader aan die Sederberge, hoe aanhoudender uitsak. Maar van Citrusdal af klaar dit wonderbaarlik op en toe die bus by die kampplek aankom, is alles al gereed en ons kan sommer dadelik eet – ingeval die eerste toeriste nie weet nie, dis nogal ‘n prestasie. Read More

Langeberge April 1973

30 Maart – 7 April 1973

A Chapter of Accidents

Vrydag:
Die beplanning was puik: 01:30nm, vertrek die wa en wanneer die bus dan laataand aankom, hoef die deksels nog net van die kospotte afgehaal te word. Maar daar is alweer ‘n skroef los êrens en op die ou end bedien die busryers aandbrood aan die waryers. Read More