Riviersonderend Oktober 1974

27 September – 05 Oktober 1974

Om ‘n lang storie kort te maak, dit was ‘n lekker toer. maar miskien moet ons tog die lang storie vertel en dan begin ons sommer reg by die begin.

Getrou aan die tradisie van die BTK moes iets weer laat wees. Die keer was die wa betyds, maar Sam laat. Die busryers het dit nog beter getref. Eers lol die bus se ratte en daar moes toe ‘n ander een gehaal word (ek dink die ruil was die moeite werd!). Dit het die busryers die geleentheid gebied om eers ‘n hors d’ oevre by die koshuise te geniet. Read More

Keisie April 1974

04 – 11 April 1974

Moeilikheid, Tys en die wa is al tradisie voor ‘n BTK-toer. In Skuilhoek ondervind die waryers eers opgewonde afwagting en later berustende opwagting. Ter elfder ure is gewoonlik die tyd dat Tys besluit die wa moet ‘n ander enjin kry en dit sal hom blykbaar net ‘n oomblikkie neem. Soos die oomblik langer word gaan opgewondenheid oor in verbasing. Die oorsaak ‘n “civilized” wa wat kampusbeheer terstonds laat besluit om te kom ondersoek instel. Al van walaaiers gehoor wat “geflôr” is? Nooit. Met bagasie binne in en kiste bo-op staan die wa gereed. Die waryers skop nes met groot rumoer. Read More