Struisbaai-Infanta Gala 1978

“Though we travel the world over to find the beautiful, we must carry it with us, or we find it not!”

Dinsdag is uitslae-dag met net genoeg tyd oor vir rugsakpak (om vinnig weg te kom van die huis af!): inpadk, uitpak, regpak, oorpak – lekkerrr! Onder by die stoor staan ‘n reënboog rugsakke so ‘n toebroodjiestaan, wag net vir oplaai; en môre se uitsien kan jy voel in die vreemdheid van ‘n eerste toeris; en Gustav se terg; en Hy’s mielie-mense wat kaartspeel tot láát. Read More

Berghut-Inwyding September 1978

….verwesenlik van ons grootste BTK-droom.

1978 sal voortaan in die BTK-geskiedenis bekend wees as die goue jaar; die jaar waarin die vereniging van pure vreugde uit sy nate wou bars; die jaar van sjampanje en diamante; die jaar van groot “herlewing” wat weer menige oud-BT-Kaner tot ons geledere toegevoeg het. Dit was ‘n jaar met groot uitdagings, vele onvergeetlike ondervindings, nuwe en hernude vriendskappe; en helaas ook met groot hartseer… Read More

Visrivier Canyon Julie 1978

‘n Ou “adorable” groepie BT-Kaners was dit wat dié Sondagmiddag voor die HF vertrek het. Adriaan, die urk, loop lê toe siek aan griep en stuur slegs sy suster saam, asook ‘n sampel van sy beker wat hy sou saamvat op die toer. Vir die res van die toer was daar ‘n gat in (uit) die geselskap – Adriaan. Read More

Berghutkamp Junie 1978

Vrydag, 16 Junie
Dis ‘n grys dag met Victoriastraat se laaste verdroogde blare net ‘n herinnering aan ‘n amper-eksotiese warm herfs van baie mense en baie kleure. Nou’s die Kampus leeg, dolleeg soos ‘n konsertsaal na ‘n vertoning; maar onder in Neelsie by die stoor hang ‘n paar rooi nekdoekies rond – dis Berghut vir ons! Read More

Sederberge Maart 1978

Veldskoenvoorneme
met my ou vasbyt Woeperdallers
oubaas se lekker loslyfkallers
sal ek dié wêreld se girtsgruis
nog so knarsspat stap
deur Eselbank se harde sand
tot ver in die land by Heuningvlei se kerk
sal dié ou paar taaiers
nog fluks vir oubaas werk.

-Deon-

Wupperthal, Eselbank, Heuningvlei – wat ‘n wêreld, wat ‘n wêreld! Sandveld en hardepad is hy, treurignat kan hy word en skitterblink kan hy wees. Propvol Seders en wa-bome. Wat ‘n wêreld om van te leef. Read More