Tuinroete Gala 1979

Vrydag:
Dis al weer amper Desember en die rooi wa staan onder by die stoor met ‘n bonte versameling van rolletjies en bolletjies en wag vir ‘n klomp vaak waryers.

Natuurlik is daar weer ‘n een en ander wat verslaap, maar eindelik is almal ingewurm en nesgeskop – en weg is ons! Ontbyt en eerste bene-rek is op Robertson (buíte die dorp, ga!) Van daar af vang die sonnetjie ‘n man so alanie-eenkant en ná middagbrood bly die reën ook nie uit nie. Op George moet Kosma en Kosdogter eers laaste inkopies en bestellings doen en dan’s dit: Saasveld! Read More

Langeberge September 1979

Charlie se wa is rooi en wit geverf met ‘n splinternuwe blou seil. Dis ‘n gala-wa so uit die land. ‘n Hele reeks ander voordele kan ook nog toegevoeg word: op die wa kan dit donker word, benoud word, gehopie word, geslee word: ge-BTK word. ‘n Winderige kampplek wag vir ‘n moeë klompie BT-Kaners. En toe almal begin om hulle snoesig te maak, stuit dit die wind voor die bors. Hy gee sy misnoeë te kenne deur ‘n paar boompies rond te gooi. Tobie, die kragman, red Neels van ‘n gewisse ondergang deur ‘n drieman groot boom vir ‘n hele paar sekondes lank in die lug te hou tot Neels darem ‘n kansie het om uit te kruip. Read More

Verkorte Obiqua April 1979

Slegs vyf-en-dertig Maties kon daarin slaag om hulself los te skeur van die akademie en die studieverlof gedeeltelik te omskep in ‘n verkorte Obiqua-toertjie. En wanneer BT-Kaners weke se energie en uitsien na die toer in slegs vier dae moet inprop, gebeur snaakse dinge … Read More