Witels 1997

Onthou jy nog daardie
Bloulug, blinkwater, witklip dae van Witels?

Die steil voetpad, die Middelhut
– daar mag ’n mens ’n oomblik sit;
Die helder maan, die sterrenag
die aanbreek van die nuwe dag;
Die wit misgolf oor kloof en kamp
en hoe dit voor ons oë verdamp
om vir ons te laat ’n paradys
om te geniet in die deurreis. Read More

Swellendam-Hartenbos Fietstoer

Woensdag 29 Januarie tot Maandag 3 Februarie 1997

Per Fiets deur die Somer

Woensdag, 29 Januarie 1997

‘n Heerlike somersoggend, die tyd van die jaar wat almal traag terugkeer na die roetine van werk en studie. Maar ons kan ons fietse op die geleende sleepwa laai en die grootpad vat Swellendam toe met daarde gevoel van opwinding aan die begin van ‘n toer. Read More