Doringrivier September 1998

Saterdagoggend, 12 September

Iemand moet dit dalk een van die dae op hom of haar neem om die BTK in te lig oor die feit dat dit glad nie die beste ding vir geesbou is om al 6:30 die oggend by die Neelsie te moet wees nie… Gelukkig vertrek ons net ’n kwartier laat en is ons betyds in Clanwilliam om sommer die nekdoekies vroegtydig te laat stempel. Die bus is stillerig, met die meeste plesier wat gekry word deur Wim se siel uit te trek oor dinge waaroor hy soos die graf swyg. Die bus laai ons by die beginpunt af waar ons eers middagete eet en die kos uitsorteer voor begin stap word. Die veld is maar vaal en uitgetrap vandag, elke nou en dan loop ons in ’n troppie boerbokke vas en Dick word die amptelike “draadsitter” van die dag as hy elke keer die dames oor die drade moet help wanneer Wim so vra. Read More

Duiwelskloof – Jonkershoek

Die tweede naweekuitstappie van die jaar was ‘n onvergeetlike mini-toertjie van drie aanliggende bergreekse rondom Stellenbosch. Die Saterdag oggend het ‘n entoesiastiese groep van 11 die steil tog op in Duiwelskloof aangepak. Van die buitelanders wat saam was het wel benoud verneem dat daar nie trappe aan die bo-kant is nie. Bo is rugsakke eers agergelaat om Drakensteinpiek te bestyg. Daar is ons skielik omsingel deur miswolke en die aand se kampery (nadat ons die kompas moes geraadpleeg het voor ons dit gevind het) het in ‘n koue, nat dog geselige atmosfeer plaasgevind. Veral pogings om in gebrekkige Duits met die uitruilstudente te kommunikeer het vir baie humor gesorg… Read More

Sederbergetoer en 70-Jaar-Reünie

Dinsdagoggend is darem nog ’n laatslaapoggend omdat ons eers ná 13:00 gaan vertrek. Daar word nog ’n paar laaste-minuut-aanpassings aan die toerlys gemaak, maar uiteindelik vertrek ons op die toer wat JP belowe “baie maklik” gaan wees. Einste JP word toe op Ceres vergeet, maar hy wag ons al weer bo-op ’n steil bult in. Gelukkig herken Solly die BTK-uitrusting en stop darem betyds! Read More