Gamkaskloof September 2008

Die Hel
‘n Skets van gebeure deur Charlotte Hauman

Woensdag 10 September
When Hell freezes over…

Met die woorde van toerleier Tinus de Wet se laaste epos wat nog deur jou gedagtes maal staan jy vanoggend op met ‘n effens benoudheid oor jou. Jy gaan deur jou sak se inhoud met ‘n knop in die keel, dit sal darem sekerlik nie sneeu nie, nè, terwyl jy jou warm baadjie effens skepties aankyk. Read More

Wildekus Julie 2008

“Wilder as die Wildtuin”
‘n Skets van gebeure deur Charlotte Hauman

“I’m looking over, a four-leaf clover” … Julle ken die res!

Vrydag 11 Julie
Ontmoetings en afwagtings

Dit is al laterig Vrydagaand wanneer die toergroep Port Elizabeth binne ry, ten spyte van een, ‘n bus wat betyds was; twee, ‘n belaglike vroeë vertrektyd en drie, kom ons wees eerlik, ‘n verbasend goeie spoed vir ‘n BTK-bus. Julle trek by D.F. Malherbe se skoolgronde in en die bus moet omtrent sy draai ken. Gou is julle afgepak en begin jy die name leer. 60 mense is baie, maar jy voel positief. Tussen name soos Bart en Paula voel jy sommer tuis. Read More

Twee Riviere Maart 2008

“Die water is so brak, dit blaf vir jou”
‘n Skets van gebeure deur Charlotte Hauman

Maandag:

Met die eggo van BTK-gisters wat steeds in jou kop weergalm laai jy jou sak by die Neelsie-parkeerterrein af. Die 80-jarige reünie en al die stories van ou vriende en goeie herinneringe het jou ‘n tipe verwagting gegee vir die toer, en jy probeer hard om dit vir eers te onderduk. Read More