Oorlogskloof, in die Bokkeveld Berge

Wat is die storie?

Dag 1. Dinsdag die 16de Maart

Die Bus het koors…

Nouja. Presies wat tussen die wegtrek op Stellenbosch en die pragtigste dorpie wes van die oostelike deel van die Weskaap, Clanwilliam, gebeur het is vir my maar ‘n ietwat van ‘n grys area. Gekom by die dam waar mens lekker vis kan vang, net voor Clanwilliam kan almal nie wag om vir Marguerite le Roux en Gerrie le Roux op te laai nie, en toe hulle op die bus is dink almal by hulself, NOU TOER ONS! ‘n Ander gedagte wat ook in almal se gedagtes hang is dat ons so ongeveer nog ‘n uur en ‘n half se ry het voordat die BTK troepe die oorlogskloof begin verken. Hierdie is egter ʼn wanindruk siedende die BB troepe, dis nou die Blou Baadjies, die BTK kommando se troeptrok met ʼn kruipaanval betrap het en ʼn groot klomp skade nagelaat het wat vir David die trokdrywer as kopseer vir ʼn geruime tyd sal dien.

Na die BB aanval voel die bus is nie veilig vir David nie, die troepe voel dit ook aan, van Rhynspas bevestig dit en die twee fanbelde voel ook hulle skree vir die verloor span en vat die pad.

Die uur en ʼn half word toe sommer 7 ure. Dit is ʼn uur tot by die kruipaanval, waar daar ʼn uur en ʼn half met die BB troepe geveg word, waar daar keer op keer probeer is om te ontsnap oor die staalbrug (dis nou die weegbrug). Na dese het van Rhynspas sy tol geys, soos die koue maak met ʼn ysbeer, en dit neem nog twee ure. Amper bo eet ons oorlewingskos, soos Pieter Retief sou se en worsbroodjies word links en regs uitgedeel net voor die laaste draai teen van Rhynspas uit, en die mooi uitsig is ʼn voorsmakie van wat nog kom. Leon Schuster sou vir die hele BTK Kommando eiers op daardie bus se enjin kon gaarmaak en nadat die troeptrok se temperatuur af is en die troepe se temperatuur op, slaan ons weer die pad vir die laaste twee en ʼn half ure. Hiervan is ʼn halfuur spandeer tot by die afdraai, nog ʼn halfuur aan kosvoorrade allokeer, ʼn verdere halfuur aan wag en wonder en die laaste 30 minute aan hekke oop en toe swaai tot ons uiteindelik by die Rietdak basis aanland met ʼn groot JIP JA vanuit Dana Pretorius se gewestes!

Daar word gewik en weeg of ons gaan stap of bly. Stap nou! Die sterre hang hoog en duidelik en die Suiderkruis en die Aandster flikker helder in die suiwer skoon lug. Dis windstil en dis amper te donker om veilig te wees dat jy nie jou voet op ʼn myn gaan vergruis nie. Die vyand het oral in die paadjie sulke los stompe geplant waarop mens kan gly. Daar word onderdeur rotse gekruip en liedjies gesing om die troepe se gemoedstoestand op te beur. Aangeland in ʼn verlate tentedorp, en kamp word vinnig opgeslaan. Dana Pretorius raak meegevoer in die oomblik en pik amper ʼn traan toe hy sy gevoelens met die troepe deel dat hierdie aand se eskapades vir hom nog die mooiste stukke stap was, ooit. Die manstroepe swem en daarna die damesate maar water is natuurlik eers geskep voordat Groepie 3 hulle voete in die water gesit het.

Leandri Erwee pas aanvanklik moeilik aan in Die groepie, sy sukkel met ʼn gesagstruktuur opset, maar word nietemin forseer om aan te pas, en dit was nie lank voordat sy besef dat sy Die groepie nooit met , wel, ʼn groepie sal verruil nie, al is hulle dalk ʼn groepie van, kondensmelk en heuning.

Daar word kos gemaak en Die groepie maak aanspraak op ʼn ekstrak blok kaas sover hulle kennis gestrek het en maak ʼn bobaas pot kos. Toe dit by koffie drink kom wil al Die opregte lede van Die groepie by die onopregte lede van groepie 3 weet waar is Die kondensmelk? Groepie 3 het ʼn mastermind van ʼn skelm twee gesig jakkals van ʼn leier van die wal af in die sloot, Kuno Vent Venter. Die gespuis wat onder hom dien is makkers soos Christa Rohwer, Andre Michler, Rudolf Retief, Danielle le Grange, Sonet Kriel, Lisa Kruger, Mariaan Zeeman, Ivor Nel en ons skaamtelose toerleier Dana “Vetkop” Pretorius. Indien jy jouself ooit in die nabyheid van een van hierdie individue bevind, hou alles van waarde stewig vas en moenie hulle uit jou oog laat verdwyn nie, andersins sal jy maar die gevolge moet dra.

Dit is tyd vir die eerste aand se slee verrigtinge en Dana Pretorius spreek ʼn paar gevleuelde woorde. Dana Pretorius word aangehaal “As julle genoeg sonroom het, smeer vir my gereeld” seker omdat so ʼn groot kop so ʼn groot oppervlak area besit.

Items word gedemonstreer: 3 slakke ʼn skilpad en ʼn konstabel word uitgebeeld deur Hendrik Retief, Casper Steenkamp, Gerrie le Roux, Walter Hildebrandt en Daniel Kotze. Alles gebeur so stadig maar skilpad kan nie vir die konstabel ʼn verklaring aflê nie omdat alles, wel, sooo vinnig gebeur het.

Slee word gedemonstreer. Dit behels ʼn strategiese posisionering sodra jy voel dat die tyd ryp is en dan gooi jy die frase “How u doing” om haar aandag te kry en dan…skiet is oop! Dan gryp mens haar nie net soos ‘n sak sout en gooi haar oor jou skouer nie Hendrik Retief, jy vra vir Leandri Erwee eers mooi, soos die klein goggatjie in Madagascar 2 waar hy sy oë omdop…is jy al geskiet?…en dan vat jy dit verder!

Walter Hildebrandt verduidelik hekels…dit is waar iemand iets se wat dubbelsinnig geïnterpreteer kan word, soms se hulle dit aspris en soms nie, maak daarmee wat jy wil.

Rudolph Retief wil by oom George weet, met die oom voorvoegsel slegs vir praktiese doeleindes, wat Gerrit Coetzee bedoel het toe hy gesê het hy sal sy liggaam vir die Bloubulle verkoop. Ek kon nie hoor wat hy gesê het nie, maar dit moes wees dat hy die WP bedoel het.

Vicci Schoeman wil weet wat Leandri Erwee bedoel het toe sy gese het “jy gaan my ‘n kind gee”…waarop sy antwoord, sy het meer na die kraamproses verwys sonder verdere besonderhede.

Walter Hildebrandt lees uit die boek van die lewe, Psalm 46:2. God is vir ons ‘n toevlug en ‘n beskerming. Wees nie bevrees nie, en JD Labuschagne is duidelik nie bang nie want hy snork sommer al in die bondelslee.

Oom George se nag dames…waarop niemand van die meisies reageer nie en ʼn paar van die ouens toe maar, nag oom George brom.

Waar is die kondensmelk!

Dag 2: Woensdag die 17de Maart.

Die voordele van slot stap…

Die stokers krioel so omstreeks half sewe in die kamp rond om die muesli water aan die kook te kry. Die res van die troepe word tot hulle bewussyn herroep met “Die Son verruis met helder glans hoera, hoera hoera!”

Dana Pretorius speel bekfluitjie by Bybel en lees ʼn stukkie.

So begin die dag se stap, ook onder die sterre soos gister aand, ons kan ons hulle net nie sien nie.

Daniel Kotze: dis die lekker ding van slot stap, nou dis waar mens sou dink hy sal iets se soos jy kan heeldag saam met ʼn meisie van jou keuse stap…maar nee, dit is: “jy kan poep!”

Nou ja so loop hy maar en die paadjie loop tussen twee Kranse, darem aan die skadu kant, ek voel ek moet dit noem want mens waardeer nie die goeie ding in die lewende noeg nie en sal geneig wees om net te kla, bv. As ons nou aan die sonkant geloop het sou ek heel waarskynlik iets skryf soos: “waarom mens altyd die lewe reg van voor moet kry weet g’n mens nie, en as die aarde mens so kan brand wil ek nie weet wat die hel aan mens kan doen nie”. So ek se weer, die skaduwee was lekker. Daar is ook ‘n lekker briesie in die lug.

Met middag ete word ‘n sak game so 2 meter in Hendrik Retief se rigting geslinger en die ding bars oop op sy nat broek en die helfte van die poeier plak vas. Hy bied heel entoesiasties aan dat hy sy broek sal uitrek en dan oplos in die billy dat almal game kan kry. Wat ‘n bedagsame ou, he!

Hendrik Retief se linkerbors was teoreties die noordpool en ‘n laaste grondboontjie botter en stroop broodjie die suidpool want die volgende oomblik plak die broodjie met ‘n stinkspoed aan sy bors vas, en nog vinniger as wat die broodjie plak is Gerrie le Roux binne in die poel water. Die water is vervrissend en krummels en stroopdruppels wat tydens ete op jou lyf beland het word deur visse afgesuig, orals.

Dis warm teen die berg uit en Thea Visser dehidreer once, en Daniel Kotze wat, hou van slot stap, dra haar sak die bult uit. Eggos weergalm soos Walter probeer fluit…maar nou ja, mens kan seker se king Julian sal trots wees!

Uitkyk. JD Labuschagne word onsuksesvol ingebreek aangesien die vieanna sous wat Gerrie le Roux hardcore probeer drink halfpad by sy mond uitloop en af teen sy bors af.

Dis ‘n harde stukkie stap teen die berg uit tot by Driefontein waar die waterdraers tot hul ontsteltenis moet hoor dat hulle nou einlik eers halfpad is en weer moet af en op met hul rugsakke om te gaan water haal.

Oppad af teen die berg word poue geskiet met ‘n uitsig, wat nie eers verruil kan word met insig nie, terwyl die son die skemeraand skilder aan die rand van die oorkantse kloof, en voeltjies hang teen die regterkantste goudgeel krans…en tjirp.

Die waterdraers is is darm oppad terug bietjie aangemoedig deur die BTK troepinne en bo gekom voel Dana die ouens is nog nie moeg genoeg nie en skree “skiet is oop” wat die laaste bietjie ATP molekulles in die waterdraers se bene laat ontbrand.

Kos word gemaak, dis salami en fyn aartappels en net Die groepie is se mae is vol aangesien hulle noodvoorraad ook sommer in die potte in is omdat die spulletjie te pap gelyk het.Toe die tee bedien word kla Leandri Erwee dat haar tee kouer is as myne, en ek beskuldig haar dat sy twak praat. Sy reageer egter heel ernstig dat dit regtig so is met die verduideliking dat daar poeiermelk in is…

Walter Hildebrandt voel hy kry te min liefde en stel voor dat jy die naaste person aan jou moet vat en die dan ‘n drukkie gee.

Items: Leandri Erwee en Rudolph Retief, hiervandaan af Sybrand met die blaasprobleem, Christa Rohwer die Germaan, Gerrit Coetzee die Jap en Alma Jordaan die Indier val op ‘n eiland in die middel van iewers en almal moet iets doen om erens goed te kry om die stukkende ding waarin hulle gevlieg het effens te herstel. Almal kom terug met iets nuttigs behalwe Gerrit die Jap wat agter ‘n bos uitspring en skree…supplies!

Marguerite le Roux is dehidreer…en leer die les dat jy moet water drink heeltyd terwyl jy stap, anders pyn jou kop en voel mens naar. Maar om vir ‘n eerste toeris te se drink water al wil jy nie, is dieselfde as om vir hom te se, moenie die Wraak dadelik drink nie, jy gaan jou mond verbrand! Die lesse moet maar op die harde manier geleer word.

Nag dames…

Waar is die kondensmelk!

Dag 3: Donderdag die 18de Maart.

Pou skiet is nie sommer pou skiet nie…

Hendrik Retief lees Bybel.

Oppak…en op gereelde tye tel Dana Pretorius af presies hoe lank nog voor sakke op. Op 20 min. kan Christelle Leuvennink dit nie meer uithou nie en se…dit raak al minder!

Jacomien Hauman brand haar bobeen met kookwater en die word eers reg gedokter saam met ‘n paar tone en hakke.

Oppad af wil Casper Steenkamp by Gerrit Coetzee weet of die kranse op ‘n tyd aaneen was, daar word gedabateer en geredeneer maar op die ou end is besluit…wie gee om…worry!

‘n Vlieg blerts op my sketsboek, it is not ayoba! En nee, Ludwig Schmidt is nie alweer laaste in die ry nie… hy is nogsteeds laaste!.

Met ‘n huppel in jou trippel en ‘n japtrap in jou stap is almal deur die skoorsteen, en jy dink terug aan kersfees. Die volgende oomblik is daar ‘n formadabele rotsformasie en dis tyd vir ‘n groepfoto no. een.

Casper dog hy gaan skiet pou, toe gaan skiet hy ‘n hyena en amper in dieselfde bewing sommer ‘n pou ook. En nee, nie ‘n aardwolf of ‘n luiperd of ‘n bobbejaan nie. Die kollosale ding sukkel toe so plus minus 1m agter hom onder ‘n rots uit met ‘n moerse lawaai, dis nou die hyena, nie die pou nie, en hardloop die krans uit. Gerrie le Roux draai terug en wonder of Casper Steenkamp vir ‘n pou in ‘n boom se mik loop wag het, maar dat die mik toe ingegee het, of dat hy miskien die mik raakgeskiet het. Maar dievolgende oomblik gewaar Gerrie le Roux die hyena en besef 1 en 1 is 2. Dit kos ons toe wyd loop voordat ons veilig voel om die oorblywende poue kop aft e knyp.

As die troepe van groepie 4, dit is nou Frances van der Merwe, Gawie Louw, JD Labuschagne, Monica Olivier, Coreen Robbertse, Anna-Marie Muller, Eleonore Slabbert en LeRoi Pols maar net geweet het dat hul eerbare eerlikke leier menigmaal vir eie gewin met bv. kondensmelk en kerrievis by Die groepie kom wheel en deal het, sou hulle nie sulke gelukkige campers gewees het nie. As julle gedink het julle is elke aand honger omdat die BTK nie genoeg kos voorsien het nie, is julle om die bos gelei. Julle kos is stukkie vir stukkie wegedra en verruil vir sjokkelade blokkies, Melrose kasies ens. wat alles in Gerrit Bokkom se lyf af is.

Gekom by die water by die rietjies in die vlei, word eers water geskep en dan gewem.

Walter Hildebrandt swem in ‘n belaglike geel swembroekie, ek bedoel, belaglikke Walter Hildebrandt swem in ‘n geel broekie.

Daar word uitgekyk, en ons vriend Gerrit Coetzee skeur homself as iemand net te hard asem haal in die uitkyk kring. As ek moet terugdink aan die oomblik waar ek die mees intenste lagreaksie nog ooit op die BTK gehad het, vat hierdie uitkyk insedent dit loshande. Daar is besluit om vir Alma Jordaan in die water uit te kyk, en sy word in die kring in geroep. Hendrik verduidelik aan haar hoe die hele uitkyk storie werk en dat dit ‘n baie oud en gerespekteerde tradissie van die BTK is. Die volgende oomblik sak die hele kringetjie af onder die water in vir ‘n oomblik en ek onthou hoe ek moes sukkel om in daai vlak water my kop onder die water te kry. Almal styg toe gelyk uit die water en riete staan wild wat oor almal se hare en gesigte hang. Hendrik begin haar uitkyk soos die water nog oor sy oe loop. Sy het so twee persone ver gevorder en toe sy by my kom en sien hoe ‘n slymstring teen my kennebak af drup bars almal uit van die lag, onbeheersd, soos ‘n baba wat ‘n Jack in the Box vir die eerste keer sien.

Dit was een van die gelukkigste oomblikke van my lewe in alle erns.

Vanaand is die WRAAK! En stresvlakke onder die eerste toeriste loop hoog. Vanaand sal hulle onder leiding van Volkers die slagveld moet binne gaan, en daar word hard gewerk aan die voorbereidings, en ek moet self se dit was nie te sleg nie.

Items: Magriet Muller en Marguerite le Roux doen Wallie…Wallie…Wallie…met die punchline, “Ja kleine visse?” Hierna brand ‘n huis af, oor en oor tot selfs die fundament in stukke begin kraak. Die blommetjie en die bytjie storie bly altyd interressant en ‘n pasgetroude bruid sukkel om heer man se kop in ‘n sekere rigting te swaai en die verstaan die situasie verkeerd en trap sy vrou uit dat sy mal is as sy dink hy gaan haar ma op Barrydale gaan haal sodat die dan agter haar rug kan inkruip dat sy nie so koud kry nie. Hierna is ‘n demonstrasie van kosmaak en dit lyk soos Leandri wat die eerste aand vir ons probeer kosmaak het, hulle moes die idée daar gekry het. Simon oortref himself met ‘n indrukwekkende solo

Dit is tyd vir die wraak en die eerste toeriste word met ‘n paar jakkalsdraaie deur die veld gelei en dan erken hulle aan die hele bestuur, en oud bestuurslede hulle lyk nie baie goed soos wat hulle daar staan nie. Baie welkom julle. “Make new friends but keep the old one’s weergalm die vertes in” en enige hyena wat kom soek het vir ‘n stukkie vleis of ‘n fiets, los ‘n stofstreep soos dit weghol. Die soetheid van die wraak word geniet en die gees loop hoog

Terug slee toe en Die groepie doen Die eerste groep item met lede Die Gerrie le Roux, Die Leandri Erwee, Die Casper Steenkamp, Die Danie van Zyl, Die Lydia Brink, Die Marguerite le Roux, Die Alma Jordaan, Die Carmen Behrens, Die Simon Streicher en laaste en ook die minste, Die Hendrik. Daar word op perde gery deur die oorlogsone en tussen Die groepie leier en Die wraakkaptein neem dit ietwat van ‘n wyle om die ander een te bereik. Die wraakkaptein was op die ou einde darrem nie te ernstig gewond nie, hy het net ‘n splinterwond in sy Woooden leg gehad. Hierna neuk die Bachelors die items goed op en sing hulle stemme hees…die ou grys merrie sal nooit weer dieselfde wees nie.

Gekom by hekkels hoor ons Rudolph Retief is so oulik Danielle le Grange wil hom net aaneem, en hy wil graag weet wat sy daarmee bedoel het. Kuno was ook sonder woorde toe daar gevra word wat hy bedoel het toe hy gese het hy het nie die kondensmelk gesteel nie.

Nag dames.

Waar is die kondensmelk!

Dag 4: Vrydag die 19de Maart.

Baas, ek sou kon sweer daar was 20 waterkanne, en nie net 19 nie.

Leandri Erwee lees, Gerrit Coetzee se groepie maak tee en Die groepie maak koffie, en dinge is mal hier op Doltuin. Dis amper tyd vir stap en Dana Pretorius sing die liedjie van “drink water en en smeer sonbrandroom, plak julle blase by tone” en staar na die gehoor in ‘n paar stil oomblikke “Julle lyk so dooierig!…Give me a whoop whoop!…Stap nou!”

Casper Steenkamp dink “cheese” is nie gnoeg om die groep aan die lag te kry ir ‘n groepfoto nie, en doen ‘n nosedive van die rots waar hy sy kamera opgestel het. Michelle Duncan neem ook foto’s maar klim bietjie meer ellegant teen die rots af. Daniel Kotze is slot en is in ‘n beter bui as gewoonlik, sy maag pla hom glad nie vandag nie.

Dis middag ete by Pramkoppie en Walter Hildebrandt bedel soos ‘n bergie wegloop kind vir ‘n stukkie kaas by Gerrie nadat Die leier van Die groepie sonder moeite as Die chingtjonthai kampioen aangewys is.

Liewe ouers!, daar’s ‘n rot, dis groter as ‘n dassie, dalk ‘n Coccamouse, en Alma Jordaan val kop oor gat uit die tent, en ons wonder wat het daardie peeeep geluide gemaak, Alma of die muis? Hendrik Retief en Walter Hildebrandt vang hom en Die groepie neem hom aan vir 3 sekondes, maar hy spring uit sy hok binne in ‘n pot met seepwater, deur ‘n kerrievisblik in die pot, toe op die pot se rand en af op die braai area, dan binne Hendrik Retief se beker, af grond toe en klim Die boom uit langs Die groepie se stokerskring.

Jacomien Hauman en die slot Daniel Kotze gooi leplek met ‘n tent se seil. Sy het die naaste aan sleutel gekom as enige van die meisies op die toer. Almal maak hulself gemaklik met ‘n leplek, terwyl sekere pligsgetroue mense hard moet werk, en ink op papier moet vasle. It is not Ayoba.

Christelle Leuvennink se Hendrik Retief het my geskop, op my blaas en wys na die blaas op haar hak toe die mense haar snaaks begin uitkyk.

By Pramkoppie pak ons ‘n middag stappie sonder sakke aan en bo gekom beleef mens ‘n asemrowende uitsig oor die Knersvlakte, en van Rhyn’s pas wat nooit weer dieselfde sal wees nie. Bosse waai teen die krag van gravitasie terug na bo as mens dit teen die krans af probeer slinger, spoegdruppels ook Walter…

Terug onder by pramkoppie, en Die Groepie ontferm hom oor groepie 1 met die leier as die bedelaar se wegloopkind Walter Hildebrandt en kos word saam gemaak. Dit is Geneke du Plessis hulle kok, Anton Kraemer die stoker met wie mens nie moet sukkel nie, Jacques le Roux een van die werksesels as geharde waterdraer, Marle Aucamp en Francois Bruwer wat hulle self voorgee as die “ongelukkige blikwassers” en Christelle Leuvennink, Chantel Kets, Oompie Goerge en Tante Minette wat basies net sit en mooi lyk terwyl die ander hulself afsloof. Na ‘n wyle word daar lekker liedjies gesing en die “seemeeus tjitzen tjitzen tjitzen op den shun gewasten dekt…holahiii…hola haa…holahihahihahiha hola haha hola oo!”

Dis tyd vir items, die laaste aand en die humor loop hoog. Daniel Kotze het duidelik slot gestap vandag want hy en sy troepe kom met ‘n meesterstuk na vore. Dit is kunstenaars soos Michelle Duncan, Pieter Retief Volkers Hansen, Marchelle le Grange, Jacomien Hauman sketskryfster 2011, Marlise Stalmans, Conrad de Kock en Phillip Hanekom wat DIE item van die toer doen. Dit was alles goed en wel tot dinge bietjie persoonlik geraak het en hulle ‘n vol blikkie kondensmelk as Die special op Die spyskaart by Die restaurant bedien. Toe het Die item ook sommer tot Die einde gekom en vanselfsprekend het Die kondensmelk in Die hande van Die groepie beland, dit is nou minus Die helfte wat op Charlie se slaapsak uitgeloop het. Hy het op Die harde taai manier geleer dat daar geen opstand teenoor Die groepie geduld sal word nie.

Daar volg ‘n item van ‘n Jeany en ‘n magic lamp en uit die gehoor maak Marguerite le Roux ‘n opmerking: “10 000 jears, can give you such a crook in the neck!”

Hierna volg treffers soos K K K K K Kaptein daar is ‘n sK K K K K Kip op die K K K K K Kim en K K K K Knoffelsop word bedien der die K K K K K Kok, K K K K K Kanonkoels geskiet deur K K K K K Kannonier, K K K K Kraaines is histeries en K K K K K Kajuitknaap moes lankal oorboord gegooi gewees het.

Hierna ontmoet ons vir haaitjie vir ‘n wyle en ‘n half en die smaak die smaak van seewater. Potte koffie en tee word in sy keel afgegooi. Hy is later gewoond aan asemhaal stap en hy kan praat. So gaan van ons twee vi seen dag en terug by die huis besef Visserman haai…waar is haai? En het net genoeg tyd om Titanic op te neem voor daar verder naa haai gesoek gaan word. Die het toe ongelukkig in die water in geval oor die klap van die bakkie in die see ingerol en verdrink.

Nag dames.

Waar is die kondensmelk!

Dag 5: Saterdag die 20ste Maart.

Van wanneer af is Charlie de la Harpe nie net vinnig nie, maar die vinnigste?

Jy word wakker en besef dit is die laaste dag van stap, saamkuier en kondensmelk soek. Dis terug Groottuin toe hier van Pramkoppie af. Daarna in die bus en reguit Spur toe vir al die gelukkiges wat nie voor Piketberg gaan afklim nie. Op die laaste randjie van die laaste piek word die laaste fotos geneem van al die groepies en nuwe vriendskappsbande. Daar word nie ‘n Mexico golf, maar ‘n Oorlogskloof golf gemaak deur ‘n paar van die manstroepe wat ek dink nogals ‘n mooi foto op ‘n muur sal maak.

Dis ‘n gestappery en ‘n gerussery maar nie te lank en ons is in die Denne bos wat mens van ‘n ver ent af kan sien nader kom. Walter Hildebrandt benut sy rugbybal amper vir die eerste keer ten volle en daar word ‘n intense ronde raakrugby gespeel. Die spel kom tot sy einde toe Dana Pretorius deur Walter Hildebrand gekanselleer word op o.a. ‘n stomp en klippe. Bloed het gevloei.

Die morsigste Provita broodjie ooit is gebou deur Die groepie, dis gelyn met marmite, toe grondboontjie botter, toe stroop, toe rys en biltong van die vorige aand, daarna heel peanuts toe konfyt en afgerond met Jellie Babies en toegeplak. Die ding is ter gelyky tyd van elke kant gehap deur Hendrik en Casper en ek dink daar was ‘n oomblik. Mens sou ‘n erger reaksie verwag as wat Hendrik die fynproewer toe se, “ouens ek dink die marmite kon maar gebly het!”

Ek sit en bekyk die storie van een kant af en my oog vang iets vreemd…dis groepie 5, onder leiding van Vicci Schoeman met troepe Andrea Burger, Charlie de la Harpe, Ludwig Schmidt, Thea Visser, Marietjie Kroes, Magriet Muller, Suzanne Hamman en Stefaan Marais, en ek wonder hoe kry Vicci dit reg. Hoe kry hy dit reg dat hy sy groepie so vreedsaam kan laat funksioneer, want dit is darrem iets besonders. Hy het seker vir hulle elkeen stilletjies ‘n free Spur melkskommel belowe as hulle hom nie opdraend sal gee nie want via die kanale deur die normale gesagstruktuur soos wat ek dit gevolg het met Die groepie, is dit ‘n onmoontlikke taak.

BTK toerusting word versamel en die Gentlemans Challenge lewer ‘n onverwagsde wenner op, Charlie de la Harpe…stille waters diepe grond. Het iemand ooit gekyk of daai vent nie met twee dol lee sakke gehardloop het nie want mens, hy was vinnig!.

Aanhaling van die toer deur Simon Streicher Die blikwasser: Na so ‘ week verstaan ‘n mens ‘n boemelaar beter, daar is net ‘n punt waar ‘n mens nie meer omgee nie.

Terug Stellenbosch toe. “Nog ‘n toer is verstreke van die ou BTK!…”

Waar is die kondensmelk!