Kromrivier

Op Sondag, 13 Februarie het 27 ywerige BTK’ners die Kromrivier roete in die Limietberg Natuurreservaat aangepak. Die roete begin aam die Worcester kan van die Hugenote tonnel in die du Toitskloofpas en styg geleidelik tot by ‘n asemrowende 70m waterval. Daniël Kotzé en Gerrit Coetzee het die uitstappie gelei. Die groep het besluit om hulself halfpad met ‘n vinnige swem te beloon, ‘n voorsmakie vir wat sou kom. Na ‘n stewige, maar asemrownde laaste klim het die kloof ons begin insluk en die eerste waterval het te voorskyn gekom. Selfs hierdie waterval was die moeite werd om na toe te stap, maar links teen die krans het kettings die pad vorentoe aangedui. Tie minute het almal oopmond die hoë waterval en salige swempoel aangestaar. Dit was nie lank voor die kloof se rustigheid verbreek is met harde gelag en waterbomme van ‘n hoë rots af nie. Selfs ‘n paar brawe meisies het die sprong aangedurf en die groep is beloon deur ‘n tuimelduik van Anton Kraemer. Magies vol, aanstap! Die warm middagson het die groep gedwing om ‘n laaste keer af te koel in die rivier voor ons in die bussies geklim het op pad terug na die werklikheid toe nie. Dankie vir die drie buitelanders wat ook hul staal gewys het. Inderdaad nog ‘n suksesvolle uitstappie!

— Daniël Kotzé  (27-2-2011)