Twee Riviere 2011

Twee Riviere, 5 groepies, 49 mense plus Johan Wiid, 15 liter wraakkonsentraat en honderd en twintig verskillende geure water. Wat is BonAqua? Kan mens dit eet?

Saterdag 19 Maart: Dag 1 – Geur van water – hondsleg, met n nasmaak van katsleg

Dis 5h die oggend en Gerrie moet nog pak. Gerrit le nog snoesig en Daniel Geddes stress erger as in die Army, aangesien hy sy bus verpas het. Maar tot sy geluk vertrek Gerrit eers 6h. Ons neem aan die busrit het gegrens aan graadvang-boring, aangesien niemand moeite gedoen het om verslag te doen daaroor nie. En om aan te neem dat almal geslaap het is net statisties onwaarskynlik, en in gewone Afrikaans, net stapelgek. Juis om hierdie rede het Gerrie en Gerrit, en tot n mindere mate Daniel, besluit om lewe in n potensieel lewelose toer te gaan blaas.

By die laagwaterbruggie van Van Wyksdorp klim daar 50 tone af, waarvan 10 vir res van toer as tone uitgesonder gaan word. Rethaaaaa. George het reeds die B tot K van die toer aan die nuwe BTKlinge verduidelik.

George skree “Stap Nou!!” en voorwaarts mars. Huidiglik kan die toer se lot in 3 rigtings swaai: stap en hoop die einde kom so gou moontlik, stap en geniet die toer maar sien steeds uit na die einde en stap en geniet die toer so baie dat jy hoop George verdwaal tot diep binne die grammadoelas, sodat die toer nog n paar dae langer kan wees.

Ou toeriste kan van n myl af gesien word, terwyl dit lyk asof eerstetoeriste skuil agter hul oorvol ruksakke. Anton Kraemer neem die posisie as vlagpaal van die BTK oor en moet 2 keer so laag buk as die normale ou om onderdeur n doringtak te kruip.

Oppad na middagete en jy stap in die stowwerigste padjie van jou lewe, en jy wonder of Stof Paadjie nie n meer gepasde naam vir die toer is nie. So 5 minute later kom ons egter by n koel lawende poel uit en Ian Smuts se skoene word veters en al uitgetrek om in te duik. Ian maak vir Magriet Muller skrik toe hy as die grasgroen groengras monster van die eerste rivier van die twee riviere uit die water te voorskyn kom.

Dalene, moenie sleg voel dat daar nie game was by middagete nie, dis die kosma se skuld. Ons sal vir George skriftelik versoek om vir haar haar eerste amptelike waarskuwing te gee by die volgende bestuursvergadering.

Grappige Gerrit word forseer om sy glimlag saam met n worsrolletjie, toegegooi onder n oorlewingsgeransoeneerde tamatiesous porsie, af te sluk. So maak hy sy langverwagte debuut as Revenge Captain. Twee van die honderd million dollar questions van die toer is: “Gaan Gerrit sy lag kan hou” en “Waarom hierdie strawwe ransonering van tamatiesous, never to be seen again!”

Antwoord een: “Nee, hy konnie.” Antwoord twee: “Ek weet nie, maar George kan NOG n skriftelike versoek verwag.”

Lambert word minwetend weggewys en Barend de Jong word aangewys as 1ste toeris sameroeper. Dit was voor ons geweet het hoe mooi Lambert kan sing.

Net voor almal stap word die bottels hervul met hondsleg water met n katsleg nasmaak. Die enigste ding erger as die water is Laura Haasbroek se water met n bykomende game nasmaak, teen n onaanbevole temperatuur van ongeveer 35C. Dis omtrent by hierdie punt wat Christelle haar botteltjie varswater voor almal se gesigte soos n wortel voor n donkie se neus begin rondswaai.

Net om die volgende draai begin sommige mense van die dreigende hitte en bloedige dors hallusineer en dink hulle sien n paleis van n huis in die middle van niemandsland. Nie lank nie of Barend die vernuftige spreierleier bederf Christelle se pret deur varswater wat smaak soos water met n suiwerwater nasmaak te ontdek. As hy nie enkellopend was nie sou Dalene seersekerlik vir hom geval het.

Na n slukkie vars water praat die oom en tannie ordentlik.

Die wat moeg is vir die skets, dis jou gelukkige dag, want hier volg die verhaal van die swart pot:

Eendag lank lank gelede, kort vantevore was daar 2 onbekwame siele. Hulle het omgesien na 8 weerlose onbekwame siele. Hierdie 8 was elkeen n karakter op sy eie. Hulle was Isak “ek smeul die kos gaar” Bosman, Thesesa “ek laat val altyd die broodjie met die botterkant na onder” Morkel, Rachelle “steek my aan, steek my aan, daar kom n skip” Hugo, Christelle “ek dra myself dood aan al hierdie varswater” Leuvennink, grootkop Gerrit “my terapeut se ek steek my ware gevoelens weg met n glimlag” Coetzee, Ester “eks nie n korky nie, ek lag rerig so” Corrie, Rainer “daai pot lyk vir my skoon genoeg” Graefe en Barend die jong“Ja baas ek bring nou die water”. Die twee onbekwame siele Dalene “kookpunt is mos 300C, ne” Conradie en Anton “ek loop maar soos n misdadiger…Bring jou goed, ek sal dit dra” Kraemer moes sorg dat al 10 van hulle lewendig die eindbestemming bereik. Dit was n kwessie van die doel heilig die middele: dit het nie gegaan oor gemak, of genot, of gevoelens nie en feitlik gladnie oor smaak nie, dit het gegaan oor oorlewing.

Dalene se: “Kyk gou hoe swart raak die bodem van die pot!” Die sonnetjie skyn, die windjie die waai, ek ruik die blommetjie en hy ruik mooi, die ligwaan hy sit op die klip en hy proe, hy proe die lug. So rukkie later se Dalene weer:“Oe, oe, hiers vlamme,” en stuur die jong om water te gaan haal.

Na ete se Anton: “Ons het gasprobleme,” waarop Dalene reageer: “Sjoe, die gas maak my so naar, die reuk daarvan.”

And they lived unhappily ever after with the motto: Life in group 5, the slowest form of suicide…

Die van julle wat gatvol is vir die verhaal van die swart pot, dis jou gelukkige dag, want hier volg die skets weer.

Item!!

Gerrie, Francois, Gerrit, Tanja en Matthew verduidelik aan die eerstetoeriste hoe mens item, en Johan hoe mens nie doen nie. Daar word koolsap gedrink, skuld gemaak, hasies geslaan wat wortels en toe later wortelsappies soek en snotstrepe skoongevee om die owerhede te vermy. Francois mors sy loopdop en na Matthew vra vir n bier of, vra Johan of hy dalk n melkie soek.Die res kan ek nie so goed onthou nie. Als het te vinnig gebeur.

Anton verduidelik hoe heukels werk en dat mens nie onder die broek mag heukel nie, waarna sommiges wil weet of mens binne-in die broek mag heukel, waarna Georgie antwoord:”Nee.”

Jacomien and Anna-Marie didn’t item to die, they itemed yester die.

Die ou grys merrie word reeds op aand een na vore geroep tydens n terugflits na die argiewe van die BTK en die oorsprong van die woord: item. Servaas vertel die treffergrappie: Hoe kry jy n koppie van een plek na n ander…copy, paste. Tim stel die gehoor terleur met “Hoekom het n driepoot nie vier pote nie……..anders was dit n vierpoot. Aaaaai Tim…..

Tydens hekels wil George by Gerrit weet wat hy bedoel het met: “Hier is die muskietbordeel waar ons geslaap het”, waarna Gerrit die ongemaklike slaapsituasie tydens die recce probeer verduidelik en dat dit nie so lekker was as wat dit klink nie.

Gerrie wil graag by oom George en toe by oom Lambert en uiteindelik by oom Hans weet wat Rheta bedoel het toe sy nie gese het dat sy nie vir ons broodjies en koffie gaan maak as ons haar oplaai nie, waarop sy antwoord “Julle moes net betyds gewees het. Charlie het gekry.”

Pieter Retief lees Matt 21 vanaf vers 18: God is almagtig, waarna dit voel asof jy sonde pleeg met die skamele poging van die sing van die Magaliesbergse aandlied.

Nag Dames. Nag oom Hans en se asseblief ook nag vir Tannie Anneke.

Jy kry jou le en vat jou laaste slukkie water brakwater en jy dink aan varwater en toe ook aan Christelle en jy wonder wat sy sal doen vir n koppie koffie as sy so aangaan oor n bietjie vars water.

Sondag 20 Maart: Dag 2 – Geur van water – Nes n lepel varswater in n koppie sout

Charlie de la Harpe, wat reeds min geslaap het oor hy heelaand gedroom het van Magriet, moet eerste opstaan om vuur te maak onder die stokers. Hulle maak hulle stemme dik en sing: Meisieskind sonder haar sokkies en toe Die son verrys met helder glans in die dameskamp. Die uitgerekte oooopstaaaan was soos n alarm sonder n snooze knoppie.

Na ontbyt soek Ian Smuts eers bietjie tee vir predrinks voor sy koffie bedien word.Christelle neem fotos en Pieter Retief smile so groot dat sy se hy blur die kamera.

Francois du Plessis speel guitar waarna Rensa Pronk Deuternomium 32:10 kwytraak.

Twintigjare Ian, nog nat agter die ore, is slot en kies vir die tien tone as sleutel.

Stap nou. Stap, stap, stap. Stopnou. Daar word draadgeknip, gebuig, gestoot en bewerk. Op die ou end lig George maar die draad op en die sakke word deurgetrek.

Kort voor middagete gly Sonet en Lydia se voete en val kniediep i ndie soutwater. Maar hulle hoef nie bekommerd te wees oor verdrink nie, want met hierdie soutkontrasie kan mens n sinker as n dobbertjie gebruik.

Anton se neus bloei, sy linker een. Die regter een was orraait. Dis nou sy regter neusgat as jy na hom kyk. Sy liggaam het seker besluit hy gaan homself ligter bloei aangesien sy sak net swaarder word. Wiet gese evolusie bestaan nie.

Na n dryfsessie in die Grootrivier se Gerrit: “Jissie hierdie hemp van my stink,” en trek dit aan.

Dalene reageer: “Nou gaan ons mos langs jou loop.” En Gerrit protesteer ”Dis nie ek wat stink nie, dis die hemp.”

Die verhaal van die swart pot het sy oorsprong vanuit die parallele papparelle, met Anton as die steunpilaar.

Nadat Gerrie vroeer die dag n skilpad se dop gekrap het as trotse sluipmoordenaar slak, en die skilpad sy kop uitgesteek het, prober Gerrit dit op n spierwit afgedopte skilpad dop om te kyk of sy spokie dalk sal uitkom. Dit werk nie.

George misbruik sy voorregte as toereier en bak die klassieke BTK poets waar hy die groep tydens die warmste deel van die dag letterlik om die bos lei. Hierdie kaart mag slegs eenkeer per toer gespeel word.

Die wat moeg is vir die skets, dis jou gelukkige dag, want hier volg die verhaal van die 10 leiers:

Eendag lank, lank gelede, kort vantevore, was daar 10 leiers. Een groepieleier, Jacques “knopkierie en Bullsh*t koning” le Roux, en 9 ander wat onder hom gely het. Hulle was Magriet “moenie vir my kyk nie, ek het n ou” Muller, Stefaan “Caro, ek het nie vir Magriet gekyk nie” Marais, Hugo “ek maak nie my veters vas nie sodat ek kan blase kry sodat ek tone kan gaan sien” Minnaar, Nina “Jacques , ek belowe dit was n Jack” Keyser, Michelle “ek dra my pa se hoed” du Toit, Daniel “I went to the army but I missed the war” Geddes, Rozanne “hoekom massage jy my eers op die derde dag” Smith, Hans “Wat noem mens n wors wat sonder sy ma grootgeword het….n hanswors ” Muller en Anneke “George, ek betwyfel nie jou vermoens nie, ek vra maar net” Muller.

Die les van die storie is, daar hoef nie altyd n storie te wees om n les te wees nie. Bullsh*t!!

Die van julle wat gatvol is vir die verhaal van die 10 leiers, dis jou gelukkige dag, want hier volg die skets weer.

Dis wraakaand en die spanning loop hoog. Terwyl die 1ste toeriste in die agtergrond hul items oefen, skrop die outoeriste sleeplek.

Gerrit open die aand met n harde “Item!!” en die 1ste toeriste skop af. Heel eerste is dit die wurm “Peanuts” wat als doen wat sy baas se. Genoeg gese.

Caro en Laura verwonder die gehoor met n musikale treffer, maar Charlie gil soos sy meisie toe hy n padda op sy slaapsak sien. Doepie gryp toe die padda en gooi dit op die verhoog.

Lambert stel sy sangvermoe ten toon, maar selfs dit is nie genoeg om die algehele lot van die eerstetoeriste tydens die sang van die voorgeskrewe liedjies te red nie. Hulle eindig die items met n senutergende rollercoaster rit.

Dis tyd vir die soetheid van die WRAAK en die gees loop hoog, ten spyte van die feit dat Gerrit, Gerrie, Rachelle en as ons nou moet noem, Christelle, ons more verlaat.

Terug na jou sleeplek in die bordeel en Michelle et al vat n paar eerste toeriste vir n veggie. Dis onder andere Lambert die lamsakkige lensie, MD die militaristiese druiwetros, Lydia die lustige lemoen, Pieter die poeperige pampoen en Daniel die “dropzone” spaniel, wat die vermaak.

Hierna vertolk Gerrie die rol as George wat n nuwe kop soek, want syne is seer weens dehidrasie en irritasie. Hy kan kies tussen die koppe van Paris Hilton – Michelle, Mike Tyson se vrou – Dalene en Ek kan sing – Lambert Smal. Paris Hilton kan egter nie kaarte lees nie, want sy vlieg orals rond. N Stukkie van Mike Tyson se vrou se oor is afgebyt tydens n rusie of vredemaak sessie. Lambert Smal het wel n effens skewe tand, maar sy kop is die meeste werd, aangesien hy dit self nog nooit gebruik het nie.

Isak Bosman, as oom Kallie, en Rozanne Smith as tannie Marie keer vir Pietie, gespeel deur Doepie, voor waar hy kortpad steek deur oom Kallie se tuin oppad terug van Sannie, gespeel deur Lerine du Toit. Oom Kallie is jaloers op Pietie se netjiese flitsie en noem dat hy selfs op sy oudag nog sy bril moet afhaal voor hy die moed het om n kus op Rozanne te plant.

Bettie en Servaas doen die yskas item. Hierdie uitgerekte item is ook n eenmalige BTK poetsbakkery. Tannie Bettie kon nie sien of die yskaslig aan was nie, want dit was te donker. Ja, hierdie was die punchline. Lag hier.

Bart-Kasper, gespeel deur Gerrit, vertolk die rol van Bettie om Servaas, gespeel deur Gerrie, se onthalwe. Servaas verlang na Bettie hier op die verlate rotseiland in die ligtoring basis. Na n klompie trappe om en om die aantreklike ligtoring, gespeel deur Rachelle Hugo, bereik hulle die skakelaar. Sonder verdere huiwering steek hulle daai miljoen kerskrag ligtoring weer aan.

Hekels:

Stefaan Marais wil by Johan Wiid weet of hy Caro Lourens se oog besuig het, aangesien haar oog gepof en sy lip dik is. Hy antwoord: “Die twee faktore is onafhanklik en my lip is dik want ek het die nag in n muskietbordeel deurgebring. Moenie vir my vra wie dit was nie, ek kan ongelukkig nie haar naam onthou nie.”

Nag dames.

Maandag 21 Maart – Dag 3: Geur van water – Vars met n nasmaak van organiese rooibos tee getrek saam Ian Smuts se stapsokkies

Die meisie sonder sokkies het verkies om eerder saam met die naamlose muskiete en sensHasies in die bordeel agter te bly as om saam ons verder te stap, en mens wonder of die titel “meisiekind sonder haar sokkies” steeds n gepaste naam is. Vanoggend is dit slegs die son verrys met helder glans.

Klipplate le versprei na die vorige aand se slee en stokery. Ek dink by myself…..en dit maak klein bietjie seer.

Sommige mense het bietjie sleggeslaap aangesien hulle heel aand moes luister na die bobbejane en luiperd se gerasery. Of dit n rusie of vredemaak sessie was sal ons seker nooit weet nie. Dit was skeinbaar so skrikwekkend dat sommige dames moes gaan skuiling soek in die sleekring, in die arms van die BTK manne. Of dit n rusie of vredemaak sessie in die sleekring was sal George nooit weet nie.

Een van die bordeelmuskiete het vir Caro se oog weer beetgekry en sy sukkel om haar besoek aan die bordeel van die groep weg te steek.

Dalene se oog is ook opgeswel. Copy Paste.

Almal wil by Tanja weet of sy wel n broek aanhet. Isak, Hugo en Kara se tone word gedokter in die agtergrond. MD polish sy swart stewels en dra nog sy waterbottels om sy middellyf, soos Servaas en Tim in 1952 ook gedoen het. Eleonore en Tannie Anneke verbeel hulle hulle is die BTK papparazzi en neem steel fotos van als wat leef en beef.

PJ dra n buff, khakihoed en man is man tanktop. He can walk-da-walk, but can he talk-da-talk?

Christelle lees haar gunsteling versie, Psalm 121 – Ek kyk op na die berge. En mens wonder hoekom haar gunsteling versie nie Mat 10:42 is nie “Wie aan een van hierdie geringstes net n beker koue water gee…..”

Pieter Retief skiet vir Anna-Marie as sy sleutel. Sterkte Anna-Marie.

Ian verjaar en mens is spyt jyt nie n ekstra paar sokkies wat jy vir hom kan gee nie.

Die koeie het die grootste misdaad gepleeg op die toer. Hulle beskuit die loop van die rivier en die BTK herdoop die rivierloop as die hardloop.

Oom Kallie maak weer sy verskyning. Dis Anton met sy seer voet en opgebuigde hoed en kierie vir bietjie balans. Maar nou ja, as mens so dom wil wees om 2l Pepsi, let wel: nie Coke nie, saam te dra, dan moet mens seker maar voel…

Middag-ete geskied in die hardloop en almal sit heerlik in die koelte. ‘n Reeks akrobatiese toertjies volg. Vir MD is dit egter nie genoeg en nie en hy plant die gedagte van ‘n slippery slide. Woorde wek maar dade trek en kort voor lank het ‘n klompie BTK manne ‘n rooi pens. Nie van sonbrand nie, maar sandbrand. Die finale worstrein word be-eindig toe Gerrit perspris die seiltjie saamsleep die water in en Gerrie die gehoor vermaak deur gesig eerste ‘n noodstop op die sandstrook uit te voer.

Vir die wat moeg is vir die skets, dis jou gelukkige dag, want hier volg n verhaal van glorieryke oorwinnings, vernederende terugslae, sielsophemelende epifanie, en hartroerende passie:

Eendag lank lank gelede kort van te vore was daar ‘n diktatorskap waarvoor selfs Hitler sou skrik onder die ystervuis van groen Anna-Marie “Ek wens ek was ‘n man dan kon ek groepie-leier wees” Gaddafi. Die ontevrede burgers, Moeder Larese “ek bloei nie soos Anton nie. Kan ek daai vir jou dra. Asseblief!” Theresa, Pieter “eks verward. Wie is my groepie-leier, Doepie of die tree-hugger?” Rooseveldt en Pieter “ek dra ‘n kitaar saam want Anton wou nie” Churchill loods n revolusie en staan op teen die Generale Francois “eks bly ek is ‘n man anders was Anna-marie my groepie-leier” Mussolini, Gerrie “jammer daar is nie plek vir daai in my handsak nie, ja daai was die punchline, lag hier” Nero en Lydia “ich lachlen aber ich weis nicht was du sachen” Jung Il. Sonet “I’m not a vegaterian because I like animals, but because I hate plants” Mugabe, Theo “die lewe is wel ‘n spel maar definitief nie trivial pursuit nie” Nijazoven en Jacomien “Babes” Amin is die troepe van die onderdrukking.

Elke stopplek se water proe “beter” en mens begin dink George begin dit al as n rede aanvoer om mense aan te moedig van punt A na punt B: “Kom julle, die water smaak lekkerder om die draai.”

Met aankoms by die slaapplek kommandeer Gerrit almal met First Ascent toerusting op om te poseer vir n borgskapfoto. Almal voel eintlik negatief maar wys maar bietjie tanne. George kondig aan ons eet eers 7h en die laaste ding op jou gedagtes is n koue bier, n worsrolletjie met smoor, koue bier, aartappelslaai of koue bier.

Wonder bo wonder gebeur juis dit wat nie een van julle aan gedink het nie en coolbokse en bokse vol cool goed maak hul verskyning, te danke aan Oom en Tannie Tielman Roos, en Ian wat verjaar.

Na n bier of twee, dalk 3 of 4, afhangende van hoe hard jy gestap het, word n streel perseel in die lewe geroep, wat volgens Kara Muller orgasmies lekker is.

‘n Ammateur uitkyk gelei deur Gerrie as wraakkaptein (die eerste keer in 17 toere) en geondersteun deur Rozanne, Pieter Retief en Tanja Wurz roep vir Goerge. Sy selektiewe gehoor red hom egter en hy kies die hasepad.

Doepie tree die egter sirkel binne. Hy word onderwerp aan baardjie krap, wet willies, kiellie en die opmerking van “jy weet jy wil toe” hy in Rozanne se oe kyk. Al die bogenoemde is te erg vir die swakkelinge in die uitkykkring.

Nadat Rozanne en Francois nie genoeg van mekaar se oe kan kry nie en Gerrie vra of ons nou heel aand hier gaan staan, giggel die twee toe ook maar soos twee bakvissies en Doepie is klaar uitgekyk.

Gerrie, Gerrit en Christelle sing met heimwee nog n toer is verstreke. Rachelle en die 3 ou toeriste verlaat die groep om lekkerder dinge soos ‘n stamperige 4×4-roete, klasse en studies te gaan pleeg.

Ek (die nuwe sketsskrywer) dink by myself: “NOU toer ons!”

Met Gerrit en Gerrie finaal verwyder van die item verhoog dink jy by jouself okay hulle was snaaks maar ten minste gaan ons nou ‘n item met ‘n punchline wat sin maak kry! Die items vloei steeds en nuwe talent betree die verhoog.

Items!

Jacomien en Magriet herroep vir Wallie… Wallie… en almal frons weer twee plooie. Hierna is volg die twee reiers wat tog te dankbaar is dat hulle net die vrot vis geëet het en nie daarin getrap het nie.

Caro, Laura en Stefaan is laat vir klas omdat hulle gekyk het hoe word klippies in die dam gegooi. Annemerie skryf op haar magic bord reg rondom haar. Die bord bevat ook alle formulles en vergelykings wat sy uitgedink het om Doeppie se gesag te ondermyn. Niks het egter sin gemaak nie.

Die kort en die lank van die storie is dat Lambert klippies was. Lambert kom toe papsop nat daaraan.

Charlie en Doepie kom by die hemelpoorte aan en nadat hulle ‘n geselsie aanknoop kom hulle agter dat albei nog sou geleef het as Doepie maar net in die yskas ook gesoek het vir die man waarmee sy vrou hom verneuk.

Charlie gaan van yskas na die Saudi-Arabië se woestyn waar hy ‘n huur-kameel soek. Hy kry ‘n kameel maar moet later kameel-sleep. Ek hoor dis net aan die begin lekker.

Daarna moet gehoor word word dat Anton ‘n moffie is aangesien hy nie ‘n vistenk by die huis het nie.

Anton wys dat hy darem nie ‘n moffie is nie toe hy vir Ester sê hy dink hulle moet op hulle ou-dag trou. Ester is egter nie te vinde vir die idee nie want wie sal dan met hulle wil trou?

Doepie kan net nie die vrouens reg kies nie aangesien sy vrou, Retha, hom alweer verneuk. Al wat ek gaan sê is dat hy seker teen die tyd moes geleer het om in die yskas ook te kyk.

Items is toe.

Hekels is oop.

Die mense wil by Kara weet wat sy bedoel het toe sy gesê het die massage garage is orgasmies lekker. Dis so lekker dis orgasmies. Onder die belt.

George wat hy jy bedoel toe jy gesêhet alle ingineurs is tiere in alle opsigte? Mens kan nie anders as om saam te stem met sy antwoord nie: “Kyk net bietjie rond na manne soos Doepie, Charlie, Anton en M.D. – daai is mos nou tiere in elke opsig!”.

George wil by Tanja weet wat sy bedoel het toe sy vir Doepie gesêhet sy sê nooit nee nie. Sy antwoord dat hy altyd so hulpeloos lyk as hy haar vra om sy waterbottel uit te haal dat sy nie kan nee sê nie.

MD wil by Oom Hans weet wat Tanja bedoel het toe sy gesê het mens het nie klere daarvoor nodig nie. Niemand weet presies waarvoor nie maar almal is dit eens dat dit nogal sleg klink.

Tanja se filter was blykbaar heeldag af want sy wil net ‘n stripper raak as sy Burlesque kyk. Sy sê dat sy eintlik bedoel dat sy net wil dans as sy die fliek kyk.

Oom Hans: Ek wil graag by Karlien weet wat sy bedoel het toe sy vir George gesê het : “Laat weet net waar en ek is daar!” Sy sê dat dit eintlik vanselfsprekend is wat sy bedoel het.

Oom Hans ek wil by George weet wat hy dink Karlien bedoel het toe sy heeldag gesing het: “Die moeilikheid is liefde, sy lei gebrek aan soene die ding wat vir haar hinder dra hemp en broek en skoene”? George antwoord dat hy dit eerder doen as om heeldag daaraan te dink.

Oom Hans, wat het PJ bedoel toe hy gevra het: “Was dit ‘n hot ou?” Blykbaar was hy aan die wag vir MD het en het hy gevoel dat aangesien dit so lang toer was hy maar bietjie komplimente vir hom moet uitdeel om hom ‘n hupstoot te gee.

Oom Hans wat het Stefaan bedoel toe hy gesê het een van die ander manne het ‘n ander manier van vat. Stefaan se vat en daardie kêrel se vat is twee verskillende dinge.

Hekels is toe.

Godsdiens word gehou en die wat net nie die kon wakker bly na die drankies nie word wakker gemaak. Pieter snork egter so erg dat hy sommer die mense wakker maak. Toe Ian en Kara hom eindelik wakker kry is is hy baie ontsteld dat hulle nie vir hom die pyp kan aangee nie.

Nag dames.

Die aand is nog nie heeltemal verby nie en daar word nog ‘n bietjie gekuier. Nadat almal egter al gaan lê het kom soek Laura weer skuiling in manskamp aangesien die luiperde rondloop in die nag. Die manne vertroos haar maar aangesien hulle net nie die hart het om haar te sê dat dit eintlik ‘n paar kolganse is wat haar so die skrik op die lyf gejaag het.

Dinsdag 22 Maart – Dag 4: Geur van water – Vars met ‘n ek gee nie om hoe smaak dit nie ek wil net hierdie nadors les.

Vroeg more word jy wakker gesing deur die Gouritsrivier manne-koor en jy dink by jouself dat hulle vandag effens op noot is, maar teen die tempo waarmee daar verbeter word hulle seker eers teen volgende toer ‘n lus vir die oor sal wees.

Terwyl daar wakker geword word besluit die toer se paparazzi, Eleonore en Tannie Anneke, om foto’s in manskamp te neem – darem meestal nie van die manne nie maar van die pragtige sonsopkoms oor die water.

Terwyl daar reggemaak word word daar weer gesing rondom Retha se tone stalletjie wat al hoe besiger raak. Jacomien open die oggend en sê ons moet meer soos kinders wees.

George kondig aan dat Stefaan die dag se slot is.

George: “Stefaan, wie is jou sleutel?”

Stefaan: “Caro.”

George: “O, isit.”

“Sakke op!” en die trek begin om na net ‘n paar meter se stap gestop te word om eers die skoene aan te trek. Terwyl die manne wag gooi hulle eers weer vir klippies in die dam. Dalene ontwikkel ook hier haar rewolusionêre been sambrele – ‘n alternatiewe manier om kamaste te benut.

Daar word weer nie ver gestap nie of daar moet gestop word. George het vergeet om een van die manne tussen ons vanmore geluk te wens met sy verjaarsdag. Seker die gevolg van gistraand se waar? Daar! Almal in die kring (insluitende die verjaarsdagmaatijie) is baie verbaas dat Rainer verjaar en niemand eers daarvan gesê het nie.

Na nog ‘n klein rukkie word daar WEER gestop vir n NOG ‘n groepsfoto en almal besluit dis dan sommer ook nou tyd vir die amptelike groepie foto. Jy dink egter by jouself dat dit nie rerig n groepfoto genoem kan word terwyl die ruggraat van die toergroep op Stellenbosch klasloop nie. Hier besluit Barend ook dat aangesien Dalene besig is om die been-sambreel rewolusie te lei sy beskerm moet word teen ondiere wat haar van agter af sal wil bespring en maak doringtakke agter aan haar rugsak vas. Sy is egter nie te vinde vir die idee nie, maar met die hulp van Doepie kry hy dit tog reg om haar sonder haar medewete te beskerm.

By Gamebreak gekom is almal verbaas om tekens van beskawing in die vorm van ‘n bakkie te sien wat verby ry. Meeste van julle is so ongewoond aan die tipe ding dat julle hulle vir aliens aansien. Doepie reken egter die swartes agter op die bakkie is illegal aliens. Die bakkie stop en hy raak bietjie benoud, maar gelukkig is dit net die boer wat hulp soek om sy verlore koeie op te spoor.

Nadat almal hulle sit gekry het sien mens net hoe die buit van gistraand se partytjie te voorskyn gebring word met Pieter Visser wat smul aan worsbroodjies en Nina wat ‘n coke geniet.

Gamebreak raak ook sommer ‘n sportbyeenkoms wat afskop met sokker wat met ‘n toiletbal uit Doepie se rugsak gespeel word. Groepie 1 is egter te min om die uitdaging van Groepie Doepie vir ‘n groepie wedstryd te aanvaar en daar word oorgeslaan na krieket met Jacques se kierie.

Hier volg die verloop van die spel soos gelewer deur die hoog aangeskrewe sportkommentator Johan Wiid: “Stefaan gee ‘n puik aflewering maar Rozanne bliksem die bal oor die dekveld veldwerkers. Barend voer ‘n heldhaftige duikslag uit, maar kan nie die bal keer nie toe ‘n hy iets in die duikslag skeur. Hierna kry Faf op paaltjiewagter genoeg werk toe Doepie die kolfkampie betree. Na ‘n paar reuse sesse (as hy maar net sou raakslaan) onthoof hy amper vir Barend wat net nie uit die bal se pad kan bly nie. Doepie verklaar sy beurt gelsuit en Jacomien “Babes” Hauman kom stel haar Pro20 kriekettalent ten toon. Haar vyftigtal in net soveel balle word egter kortgeknip deur ‘n briljante vangskoot deur Anna-Marie Muller. Die veldwerkspan se vreugde is egter van korte duur toe die stertkantkolwer Barend die jong die wenlopies slaan van die laaste aflewering van die wedstryd met ‘n wafferse 6 en uit.”

Intussen spog die parallelle papparelle met al hulle eetgoed en jy wonder of hulle nie dalk aspris die mense huis toe gestuur het vir daardie ekstra koppie game en liqurioce nie. Of dalk is hulle besig met Survivor Twee Riviere. Die een se dood is die ander een se brood…

Die wraak is blykbaar nog nie heeltemal verby in Groepie Doepie nie met marshmallows wat oorgebly het. Tannie Anneke vrek oor marshmallows en verkoop haar siel aan hulle vir drie marshmallows. Wittes.

Jacques dra blykbaar ‘n hoender saam want sy groepie het ‘n klomp goue eiers wat hulle eet.

By Groepie 2 vertel MD dat hy baie graag ‘n Jack Russel wil hê – as hy nou net plek gehad het om een te park. Johan se antwoord hierop is dat mens liewers moet wegbly van die labradors want blykbaar word hulle eienaars blind.

Dis weer sakke op en daar word I spy with my little eye gespeel in die loop. Daar is ook net soveel goed om te sien en Tanja wen die speletjie met “I spy with my little eye something that begins with an I.” Rozanne raai reg toe sy na Doepie wys en sê “Idiot”.

Erens deur die dag ontstaan daar ‘n “spesiale” groepie met Rozanne wat op haarself, Tanja, beide Pieters, MD, Johan en Doepie sterretjies teken. Mens kan net wonder hoekom Retha en Rensa nie die groepie gehaal het nie.

Vir die wat moeg is vir die skets, dis jou gelukkige dag, want hier volg die verhaal van die 10 melaatses:

Die verhaal van die 10 melaatses

Na daar gemerk is dat nie hierdie Nerensgeit, onbetrokkenheid, Simpel, onnosellikke verwesenlikk,e klomp hoogs aansteeklik is, is hulle verban na die uithoekke van die toergeselskap.Hulle is

Johan “Spur of the momen”t Wiid

Lerine “Is dit al wat jy kan doen” du Toit

Francois “ek volg nie vir Lambert en Stefaan nie, hulle volg m”. Bruwer

P.J” Nee, ek gim nie. Ek het ‘n meisie wat als vir my doen Karen gaan haal dit Karen doen dit…Karen Karen Karen” van Rensburg

Rensa “ ek is nie kok nie want ek is kokki van die jaar” Pronk

Eleonore “ Ek is nie ‘n stawker nie, ek neem die blommetjies en die bytjies af” Slabbert

Tanja “ek lewe vir ‘n hekkel…wie soek ‘n truitjie?” Wurtz

Matthew “ You are the Cammel man” Main konnein.

M.D “my skoene vang meer shine as ek” Greyling

En Retha “ ek het gelieg daar was nie broodjies by my huis nie!” Roos

Die kruks van hierdie storie is dat nie alle verhale noodwendig n storie hoef te bevat nie en dat daar in sommige stories maar net name genoem word.

Die van julle wat gatvol is vir die verhaal van die 10 melaatses, dis jou gelukkige dag, want hier volg die skets weer.

“Sakke op!” en jy kry jou ry. Jy stap nog lekker en begin nou net mooi in die ding in te kom met jou sak wat nou vir die eerste keer ‘n slag bietjie ligter begin word. Deur die dag vertel Lambert vir jou en enigeen wat bereid is om te luister dat hy nie ‘n moonbag dra nie maar ‘n satchel. As jy egter so na sy spene kyk dan wonder jy egter of hy nie dalk die enigste een is wat dit glo nie.

By die Gouritsrivier gekom trek almal skoene uit en die manne vorm ‘n ketting deur die rivier om die sakke en vir Caro, wat seker gedink het dis deel van ‘n sleutel se voorregte, droog oor die rivier te kry.

Die honger begin knaag en middagete kom net betyds. Terwyl die middagbroodjies aan die werk spring draf Charlie en Doepie uit vir ‘n sokker wedstryd teen Rozanne en Pieter Retief wat 5-3 deur Charlie en Doep beklink word.

Tydens ete weerklink daar ewe skielik ‘n gelag van die parallelle papparelle se kant op en jy wonder vlugtig wat dan so snaaks kan wees. Niemand in hulle groepie is egter skerp genoeg om so snaakse grappie te kon maak nie aangesien hulle eintlik gelag het om die geluid van ‘n 2L Pepsi wat hulle groepie leier/tribe leader/koning Anton saam gedra het.

Na middagete soek almal skuiling onder die koelte bome vir ‘n middagslapie. Almal behalwe Hugo en Rainer wat teen die kranse uitklouter en jy wonder of hy hom dan nou op sy verjaarsdag wil vrek val? Oom Ian en Pieter Retief trek die kitaar nader en vermaak die dames met ‘n paar liedjies.

Die toergeselskap wys met die volgende dialoog weer hoe ongewoond hulle aan die beskawing is toe daar ‘n vliegtuig oor vlieg:

Laura: “Is daai ‘n vliegtuig?”

Faf: “Wel dis definitief nie ‘n luiperd nie!”

“Sakke op!”

Jy is bly om by die laaste kampplek aan te kom, maar jy dink tog by jouself kon ons maar nie nog ‘n rukkie gestap het nie?

Weer word die buit van gistraand se partytjie te voorskyn gebring met Dalene, Goerge, Johan en Charlie wat elk ‘n roofdop geniet. Almal span uit en daar word weer lekker op die kitaar getokkel en saam gesing.

Die wind steek egter op en dit raak ‘n morsige affêre. Oral word daar skuiling gesoek in gate en groepie 4 verdwyn van die aangesig. Eers later vind jy uit hulle het agter ‘n bos gaan skuil en is die enigste groepie wat nie biltong, kips en rys met ‘n ekstra porsie sand geniet het nie.

Groepie 5 kry net glad nie die pot aan die kook nie. Groepie Doepie ontferm hulle oor die “Survivors” en laat hulle deel in die geselligheid van hulle gat. Hier laat Pieter Retief hoor dat ons seker so min eet aangesien daar reeds so baie koes-koes in die water is.

Groepie 2 het hot sex terwyl Groepie 1 chocco-hotto-minto-tinto-happiness-in-a-cup geniet.

Die slees waai weg en daar word eerder gebondelslee teen die hange. Daar word tot ‘n redelike mate afgegly en jy hoor die heeltyd: “skuif ubuntu!”. Flou grappies soos hoekom dra die olifant sy geel sokkies (sodat hy gekamoefleer is as hy onderstebo in die vla dryf) is aan die orde van die dag. Ander bondeslsee aktiwiteite sluit in saamsing en springhase jag met MD se miljoen kerskrag flitslig.

Tydens die springhaas (oftewel diepsleërs) jag laat Tanja hoor: “More gaan Karlien nie meer sing nie!”

Koki van die jaar gaan aan Rensa en Retha wat saam op hulle prys, ‘n tandemfiets, na die toer gaan rondry.

Johan Wiid is vriendelik genoeg om sy kokkerot oros met al die bondelsleërs te deel.

Daar word selfs ‘n bietjie gerap en Kara, wat saam met Eminem grootgeword het, vat voor.

Nag Dames

Woensdag 23 Maart – Dag 5: Geur van water – Vars met ‘n verlange na brakwater.

Die laaste dag breek aan en die Gouritsrivier manne koor oortref hulself toe hulle jou wakker sing met “The Rose” en “Die son verrys met helder glans” en jy dink byjouself dat jy dit eintlik nogal gaan mis om wakker gesing te word.

Anna-Marie open met die godsdiens en sê dat ons nie net moet jubel in die Here nie maar dit ook met mekaar moet deel.

George vat voor en slot Charlie vat saam met sy sleuteltjie Magriet agter.

Deur die dag maak jy kennis met die moeilike terrein waarvan daar vanmore gepraat is. Gelukkig is Anton byderhand om hulp te verleen. Dis egter nie noodwendig wat jy in gedagte gehad het nie want hy staan daar met sy video kamera en maak aanmerkings soos: “Vermaak ons” of “Doen iets vir die toervideo”. Hugo vat die aanmerkings kop toe en daar moet net gekeer word of hy spring tot in die rivier van bo teen die berghange.

By Gamebreak moet daar eers oor die rivier geswem word met sakke in survival bags of splash covers. Die meeste sakke kom droog anderkant uit behalwe vir Theo se sak wat lyk asof hy sommer netso met dit oorgeswem het.

Jy drink vir oulaas ‘n bietjie brakkerige game en kyk hoe spring die kinders van die kranse af in die rivier in.

Na gamebreak wag daar ‘n wilde bult en soos jy teen hom uitklim wonder of jou bene nou op die heel laaste entjie, terwyl jy al die eindpunt kan sien, gaan ingee. Die idee om op jou sak die laaste entjie te dryf begin al hoe aanlokliker te klink.

Vir die wat moeg is vir die skets, dis jou gelukkige dag, want hier volg die verhaal van die skaapwagter en sy 9 skape :

Eendag lank, lank gelede, kort vantevore, was daar n skaapwagter met die naam Charlie “magriet speel my, smaak my iemand het in my water gepiepie” de la Harep.

Hy het 9 skape gehad. In teen die raad van sy Pa het Charliebesluit om sy 9 skapies name te gee. Hulle was:

George “ek is eintlik nie ‘n leier nie ek is ‘n” Diener

Karlien “rooi en geel en groen armara” Steenkamp

Sybrand “ek sal jou sak dra as jy my hoed vind” Smit

Kara “Slimshady” Muller

Caro “Stefaan kyk gou hier.Iis daar iets in my oog” Lourens

Karen “PJ, hiers die water” van der Linde

Loura “Is dit ‘n luiperd” Haasbroek

Oom Ian “eks soos rooiwyn” Smuts

En Lambert “Wag Pieter hier is die noot: aaaaahh” Smal

Een van die skapies, George, het homself wagter gehou en gereeld voor die groep uitgeloop. Aanvanklik het die groep gedink Charlie is nie man genoeg om hulle te ly nie en vir George gevolg.George het hulle egter gereeld om die bos gely en binnekort was die groep dik negatief vir hom gewees.Teen die tyd wat die skape besef het hulle het vir Charlie nodig, het hy alreeds n ander skaapwagter, Jacques le Roux, se skapies onder sy neus uitgesteel.

As jy by jouself dink, hierdie is n wolhaarstorie, mooi vir jou, want almal weet mos skape kan nie so baie dink nie…

Die van julle wat gatvol is vir die verhaal van die skaapwagter, dis jou gelukkige dag, want hier volg die skets weer.

Die laaste entjie is egter nie sonder verhaal nie en niemand wil meer vir Kara oor klippe help nie nadat sy Johan Wiid se broek skeur toe hy haar probeer help. MD besluit ook om solank ure op te bou vir sy vlieglisensie en sy noodlandings te oefen oppad ondertoe. Almal is dit eens dat hy gerus ook by die bagasie afdeling kan gaan werk aangesien hy Ester Corne se sak al ‘n geruime tyd saam met sy eie dra.

Na ‘n bundu-bash van epidermiese proporsies word die eindpunt bereik. Beskawing voel vreemd en na die aarde bewe onder die voeteval van ‘n klomp testosteroon belaaide BTKaners wat oor die brug na jou toe aangehardloop kom met Ian Smuts aan die voorpunt keer jy eers weer terug na die boslewe om vir oulaas soos ‘n bergie onder die brug te gaan was. 100 bous punte in die sakkie!

Die bus word bestyg en die langpad huis toe word aangedurf. By Riversdale word daar gestop vir ‘n Spur-burger. Sommige eet hulle s’n vinniger as ander en Johan Wiid eet syne die heel vinnigste om die Spur-burger challenge te wen. Hy wil graag van hierdie geleentheid gebruik maak om amptelik en plegtig nederig om verskoning te vra vir sy Spur-of-the-moment gedrag wat na sy wen gevolg het.

Hy het egter die wen verdien as daar na sy vasberadenheid gekyk word want toe daar vir sy mede-deelnemer, MD, gevra is hoekom hy dan ophou eet het moes hy antwoord: “Toe ek die sous om sy ore sien sit toe weet ek hy gaan wen.”

In die Spur word daar dan sommer vir oulaas ge-item en gehekel ook.

Hekels is oop:

Oom Hans wat het Stefaan bedoel toe hy gesê het: “Vanaand gaan ek vir Caro fisiese aandag gee”?

Stefaan antwoord dat hy haar gaan massage… buitemuurs.

Caro is die sonsteek darem nou al weg?

Oom Hans wat het Stefaan bedoel toe hy gesê het dat dit die bos en trou klub is?

Stefaan sê dat dit ‘n lang storie is. Van die mense wil dit hoor maar daar word belsuit dis beter om eerder huis toe te gaan want ons het nie só baie tyd nie.

Doepie wil by Goerge weet wat hy bedoel het toe hy gesê het dat die res van die toergroep nou net vir hom ‘n klomp hoere langs die pad is. George sê hy het eintlik ‘n groepie plaaswerkers langs die pad gesien staan en dat hy nederig om verskoning vra teenoor hulle.

Johan wil by Oom Hans weet wat hy bedoel het toe hy gesê hy gaan vir Laura op `n voëlkyk-kursus neem wanner ons weer in Stellenbosch is. Oom Hans sê dat dit eintlik baie prettig is, maar die eintlike rede is dat hy bekommerd is oor Laura wat sukkel om voëls en wild van mekaar te onderskei.

PJ wil by Tanja weet wat sy bedoel het toe sy vir MD gesê het “Melk my”. Sy sê dat sy wou net melk vir haar tee gehad het. Waarvandaan?

George wil by Tanja weet wat sy bedoel het toe sy vir Doepie gesê dat sy al 52de base toe was saam met hom. Sy sê dat hy baie konserwatief is en as hy `n meisie se hand vat is dit soos 10de base vir hom en sy het al sy baardjie gekrap en dit seker dan vir hom soos 52de base moet wees.

Dit lyk asof Tanja net nie haar filter ingepak het nie want die mense wil ook weet wat sy bedoel het toe sy vir Rensa gesê het sy lyk mal lekker.

Theo wil by Oom Hans weet wat Francois du Plessis bedoel het toe hy gesê het : “Speel met my bal en ek los jou uit.” Hy sê dat hy net graag wou gehad het die mense moet saam met hom sokker speel.

Barend is bietjie onsteld en wil by Oom Hans weet wat Dalene dan bedoel het toe sy gesê het “Once you go black you never go back!” Sy sê iets van marmite maar Barend lyk steed effens seergemaak.

Hekels is toe.

Buite die Spur word daar saamgetrek en die eerste toeriste kry kans om vir die eerste keer na ‘n toer “Nog ‘n toer is verstreke te sing”. Die toer voel egter nog nie heeltemal verstreke nie en oppad terug Stellenbosch toe is daar heelwat meer lewe as met die koms. Jy wil vir oulaas (vir nou) saam met al die lekker mense kuier en durf die lang pad met groot gees aan. Jy wonder wanneer jy dan weer so iets gaan beleef. Van hier af is dit net afdraende met Rensa wat speletjies links en regs bederf.

Op Stellenbosch aangekom groet jy vinnig ‘n klomp mense wat jy ‘n week gelede nie eers geweet het bestaan het nie maar jy weet jy gaan mis soos chocolate op ‘n diet as post-toer depressie eers inskop en jy weet jy gaan sommer nog baie terug verlang na die ou BTK met sy heerlike dae.

Tot volgende keer dit dan die skets. Totsiens.

Quotes wat nie die skets gemaak het nie maar jy tog dalk sal wil hoor:

Charlie de la Harpe: Smaak my iemand het in my water gepiepie!

Charlie de la Harpe: Jy mag dalk groter wees as ek maar ek is woelager! (Aan Geroge oor die twee-rigting radio)

Tanja: “Dup wie gaan nou jou baardjie krap?”

Dup: “Ek het ‘n meisie…”

MD: “Ek het nie ‘n meisie nie!”

Gerrie le Roux