Stellenbosch Pieke

Saterdagoggend 07h00 het (let wel) meeste stappers bymekaargekom om die magtige Pieke aan te durf. Daar was ‘n sterk wind, maar dit Hans Scheffler (gids en oud-BTK voorsitter) en die groep (twee Amerikaners ingesluit) nie afgeskrik nie. Na die groep vir ‘n halfuur deur die plantasies gestap het, het ‘n verslaapde Francois du Plessis (BTK bestuur: Avontuur uitstappies) laat weet dat hy en vyf ander laatslapers nog by Jonskershoek se hek is. Dit kon moontlik iets met die vorige aand se carry-sixpacker te doen gehad het..

Na ‘n verkeerde afdraai is die laatslaapspan toe eerder by Nerina kloof op, terwyl die groter groep by die moeiliker Sentrale kloof op is. Dit was ‘n wonderwerk toe albei groepe min of meer die selfde tyd bo kom na ‘n taai, maar belowende klim met ‘n paar klouters wat Bear Grylls se hart sou laat vinniger klop. Heel bo het die wind behoorlik gewaai en kon almal die brand op Helderberg goed sien (ook goed ons het dit 2 weke gelede geklim..). Almal is toe weer af by Nerina kloof, wat amper soos Jurassic Park lyk met varings en bome wat meer as 1000 jaar oud is.

Almal het veilig onder gekom en alhoewel die bene bietjie lam was, kon almal glimlag oor nog ‘n avontuur op die kerfstok! Dankie aan die volgende mense wat die uitstappie kon meemaak:

  • Vonli van Eeden
  • Roné McFarlane
  • Esther McFarlane
  • Alicia Roos
  • Charles Wemyss-Dunn
  • Kyle Schute
  • Meri de Bod
  • Evans Coetzee
  • Karolien le Roux
  • Conrad de Kock
  • Leroi Pols
  • Hugo Minnaar
  • Hendrik Smith
  • Jannet Engelbrecht
  • Simon Streicher
  • Andrea Burger
  • Chris van Rooyen
  • Louw Truter
  • Regardt Muller
  • Jacques Terblache
  • Daniël Kotzé (leier van betyds groepie)
  • Francois du Plessis (leier van laat groepie)
  • Hans Scheffler (gids)

— Daniël Kotzé (18/04/2011)