Drakensberge 2011 Bemarking

Vir lank word daar al gepraat van ‘n draak en ‘n berg… Hierdie jaar vir die eerste keer in 10 jaar word die Drakensberge weer besoek in die winter!

Die beplande toer begin met ‘n daguitstappie teen die bekende Mount Aux Souces uit. Dag word ‘n 5 dagse sirkel roete in die asemrowende Mweni omgewing naby Bergville gedoen. Defnitief een van die mees gesogte areas vir enige stapper om te besoek. Dit sluit ‘n nag in bo op die plato van die Drakensberge!

Die weer tydens die winter in die Drakensberge is bitter koud. Sneeu en hard geyste riviere is algemeen. Dus sal die regte toerusting van alle toeriste vereis word. Dit sluit in ‘n goeie tent, waarvan daar by die BTK gehuur kan word, ‘n WARM slaapsak, verkieslik dons, en ‘n goeie kwaliteit warm baadjie wat onplesierige weerstoestande kan weerstaan. Verder is ‘n warm mus, handskoene, “thermal underwear” ensovoorts als items wat jou handig te pas sal kom vir die toer.

Dan sal fiksheid ook ‘n vereiste wees vir die toer. Vir diegene wat nog nie ‘n rugsaktoer gedoen het saam met die BTK nie sal daar twee geleendhede wees om die verpligte fiksheid keuringsuitstappie te doen. Een hiervan is die Panorama – Swartboskloof uitstappie op 8 Mei. Die ander geleentheid sal binnekort bekendgemaak word.

Maak reg vir ‘n onvergeetlike toer!