Berghut watertenk-installasie

Vriende,

Die Berghut se water is aangelê en die 1500 liter tenk is geinstalleer en vol! Die oorloop word teruggegooi in die stroompie waaruit dit geneem is!

Die pype se opneem was maklik. Ons het die onderste klofie se paadjie verby die poele gebruik. Die tenk se opdra was egter baie moeilik en ongemaklik. Ons het die nuwe voorgestelde kontoerpad se roete gebruik. Ons het baie gesukkel, maar die manne sien kans vir ‘n tweede tenk van 1500 liter in Februarie wanneer die US weer begin. Die keuse van die grootte van die tenk was korrek. Groter sou dit nie tussen die bome deur gemaak het nie. 1000 liter sou nie makliker wees nie, want dit is dieselfde deursnit as die 1500 liter. Die 500 liter sou baie makliker wees want hy is net 80cm in deursnit maar is te klein.

Baie dankie aan Isak Bosman, MD Greyling, Reinhardt Venter, Hugo Minnaar, Daniel Schoonwinkel, Jacobus Stander, Charl Ellis en Johannes Leuvennink.

Groete
André

Klik hier vir nog foto’s van die uitstappie.