Berghut Werksuitstappie

Maak geskiedenis en kom wees deel van ‘n span wat die waterpyp gaan aanlê na ons toekomstige berghut.

Op Saterdag die 26ste November, die Saterdag na die Gala, gaan ons na die berghut terrein, 10km buite Hermanus. Ons gaan om water vanuit die rivier na die terrein aan te lê wat benodig word vir die bouwerk. Na baie beplanning gaan bouwerk volgende jaar begin. Dit sal die eerste werk wees wat gedoen word op die terrein.

Ons sal die dag daar werk en oor middagete by die waterval daar naby gaan swem.

Vervoer sal verskaf word of julle sal vergoed word vir eievervoer.

Vertrektyd vanaf Neelsie parkeerterrein: 06:00

Benodigdhede:

  • Stapskoene/tekkies
  • Ou klere waarin jy kan werk
  • Swemklere
  • ‘n Hoed en donkerbril
  • Sonbrandroom
  • ‘n Waterbottel
  • Verversings (middagete word voorsien)

Kontak my so spoedig moontlik indien jy belangstel om saam te gaan of praat met my op die Gala.

— Isak Bosman (BTK Bestuurslid vir Berghut)