Amatola 2012 Skets

14/07/12 Dag 1 – Die Vloed

Die Junie vakansie was lank en heel vakansie lank sien jy nou al uit om die 100 km lange Amatola staproete aan te pak. Jyt gehoor dis ‘n katjie wat nie sonder handskoene aangepak moet word nie. Voor jy egter kan begin bekommerd raak oor of jy reg is vir die stappery moet jy eers die ongeveer 1000 km en 15 ure op ‘n (effens dodgy) El Josa bus deurmaak. Hoekom doen ons nou weer hierdie aan onsself?

Baie gou word die busrit ‘n interessante affêre want daar word agtergekom dat die bus soos ‘n goedkoop horlosie “water resistant” en nie “water proof” is nie. Die slimmes besef dat die geheim is om vir die hoogtes te skiet en klim in die bagasie kompartemente bo die koppe van die res in. Hierdie dien dan sommer ook as ‘n vyf ster bed. Op Plettenbergbaai word die eerstejaars Marse van der Merwe en Huldi Marais sommer gou uitgeken want hulle kan bevestig dat dit wel is waar die groep hulle bevind. Lekker matriek rage!

Die El Josa Ark kom uiteindelik by P.E. aan en daar word gestop vir ontbyt. Aangesien hierdie immers ‘n BTK toer is kies meeste koers spur toe, maar kom egter voor toe deure te staan. Oopmaaktyd kom en gaan. Neall Visser reken dat die dametjie binne die Spur seker nie die mense deur die ruit kan sien tou staan nie en bel haar toe maar om te kom oopmaak.

Die bus kom sonder verdere voorval op Sutherland aan en nadat almal ingeburger is in die skoolkoshuis besluit van die manne om ‘n rondte raak-rugby te speel terwyl die mesies broodjies smeer vir ‘n laat middagete. Middagete is nog skaars verby of die stokers moet vuur opsteek vir aandete.

Almal se rugsakke word gepak en van die sakke mag dalk aan die swaar kant voel. Gelukkig is daar nie ‘n skaal beskikbaar nie en die ouens verseker die meisies, nadat ‘n paar onnodige goed uitgegooi is, dat dit orait voel.

Na tweede aandete word die nodige aan die eerste toeriste verduidelik. Elana Moolman en Theo Horstman verduidelik die fynere kunsies van skiet en Charlie en Christiaan hoe om te item.

Die wat nog baie krag oor het speel ‘n paar speletjies in die eetsaal terwyl die res koers kies kamers toe om vir oulaas ‘n paar goedjies te pak of maar eerder vroeg in te kruip.

Neall Visser, Jaco-Chris Koorts en Francois du Plessis is baie ontsteld want iemand het hulle vlag wat bo hulle tent moes wapper van hulle vervreem.

Nag Dames

15/07/2012

Dag 2 –

Die dag begin nie heeltemal soos beplan nie en a.g.v. die gure weer word die groep genoop om die roete eers by die tweede dag se stap te begin. Diep in jou binneste is jy effens verlig hieroor alhoewel jy probeer om teleurgesteld te lyk. Dis totdat jy hoor dat al die kos in elk geval saam gedra moet word.

Uiteindelik word daar vertrek na die nuwe begin punt van die roete. Oppad hierheen kry die woord mannekrag nuwe betekenis want daar is nie ‘n hindernis wat met genoeg manne oorkom kan word nie. Bome word uit die pad verwyder deur onortodokse maniere soos om lynstaanbewegings te doen met Dupie en Gerhard Fouche wat opgetel word en aan oorhangende takke gryp. Die res van die ouens hang dan aan hulle om die takke afgebreek te kry. By die beginpunt aangekom soek die bus omdraai plek. Ongeveer 10 km verder kry hy dit. Na ‘n redelike gesukkelry moet die manne maar die waentjie afhaak en die bus uit die verknorsing stoot.

Die roete word uiteindelik begin by die éintlike beginpunt en jys bly dat jy kans kry om bene te rek. Dis totdat die eerste steilte aangedurf moet word en almal vat eers ‘n blaaskansie vat onder die voorwendsel van toppe uit trek. Reeds op hierdie eerste relatief kort stukkie kom ons in aanraking met die ongelooflike akurate kilometerlesings op die roete want wat 5 km moet wees voel soos ‘n hele dag se stap.

By die eindpunt van die dag se stap is daar egter nie ‘n hut nie. Gelukkig kom Julian na ‘n rukkie se gesoek met die goeie nuus aan dat die daar wel ‘n hut is en die manne is baie bly dat hulle tot dusver hulle tente verniet saamgedra het want die meisies bied darem herberg vir hulle in die hut aan. Na die ordentelikheidspraatjie en almal vir Charlotte Rabie gelag het omdat sy in haar reënpakkie soos ‘n kondoompie lyk word daar modder eerder as stof opgeskop soos de Machtige koning gesing word. Terwyl almal nog hulle asem terug kry word skiet oopgemaak. Charlie mag dalk voel dat hy aan die agterste speen suig want toe Rensa verby Dupie hardloop raap hy Charlie se sleedate voor hom weg – die eerste keer in 13 toere dat so iets met Charlie gebeur!

Sommige van die manne is nog sterk onder die indruk van Oom Hans se ordentelikheidspraatjie want Paul Möller wil net die donkie stook. Die resultaat is egter waarskynlik die teenoorgestelde as waarvoor hy gehoop het, want hy kry net nie die vuur aan die gang nie en dit lyk later of hy die mense van die balkon bo hom wil afrook. Hopelik hou sy sleedate van gerookte vleis. Die res van die mense besluit eerder om mekaar warm te hou binne die hut. Gelukkig was dit redelik donker binne die hut want anders sou tannie anneke sekerlik nooit vir Neall gevra het om vir haar in die hoekie te kom flash nie…

Met aandete versprei die groepies na waarookal hulle ‘n droë(erige) plekkie kan kry en vir die eerste keer word cous-cous by die BTK bedien. Mens kan sien hoekom vorige kosma’s dalk huiwerig was om dit te bedien want Groepie 3 bestook die ander groepies met die oorblywende cous-cous en roep “koes-koes!”

Vanaand se ete is ‘n baie besonderse geleentheid vir groepie 2 want i.p.v. sampioene kry hulle ‘n blikkie ingelegde perlemoen! Dis nou as jy vir Theo en Elana glo.

Met slee word die portaal so volgepak dat daar nie eers plek vir ‘n ordentlike verhoog is nie. Gevolgik moet ons maar tevrede wees met Jacomien en Anna-Marie se weergawe van 50-50.

Nag Dames

16/07/2012

Die tweede dag se stap word begin deur ‘n pragtige stuk inheemse bos. Danie Malan kry die geleentheid om ‘n gedeelte daarvan 3 keer te sien toe hy besef dat hy sy stok by die hut vergeet het. Dis egter nie net hy wat die wonderlike natuurskoon waardeer nie en telkens word jou asem weggeslaan met waterval op asemrowende waterval en moet daar eers gestop word om dit te waardeer – iets wat nog heelwat in die volgende paar dae sal gebeur.

Die Amatola eis egter sy eerste slagoffer en dis Grietjie le Roux wat die eerste afvlerk duifie is. Die manne is egter gou reg om te help en haar sak te dra.

By middagete word daar gestop vir kerrievis. Anton ‘Arak’ Kraemer het soos gewoonlik gesorg dat hy die groepie het waar die minste mense kerrievis eet en toe die res genoeg gehad het lê hy weg aan ‘n dubbel-dekker-kerrivies-broodjie terwyl Johan ‘Paparazzi’ Wiid sy naam gestand doen en die hele affêre op film vaslê.

Adriaan “Chili-lippe” en Diederick Dippenaar is egter min gepla en wys hoekom hulle die studs van die ingenieurs gebou is want hulle werk sommer ‘n middagete lepel gelêry deur met Grietjie le Roux, Anna-Marie Muller en Jacomien Hauman.

Die dag deur in die bos voel dit selfs asof ons op ‘n wildsbesigtigingsuitastappie is. Grootwild in die vorm van 3 koeie langs die pad maak hulle verskyning. Anna-Marie is egter minder ingenome met die toedrag van sake en wil net by Christiaan Rabie weet wat om te maak as hulle dan sou storm. Hopelik het hy nie na haar bou verwys toe hy aanbeveel het dat sy moet dwars draai om groter en meer intimiderend te lyk!

Teen die einde van die dag is al almal baie bly om die hut in die verte teen die heuwel te sien staan en kry sommer nuwe krag tot bo teen die bult. Jou teleurstelling is egter groot toe jy agterkom dat die eintlike hut nog ‘n entjie weg is. Gelukkig is hy nie ver nie en daar aangekom maak jy jou reg vir die koudste bad van jou lewe want die sneeu lê nog dik teen die hange. Die laaste eerstetoeriste moet eers uitgekyk word en met MD se ”You have been uitgekyk” aan Robert (dit was ‘n Outlook Express) is die eerstetoeriste reg vir die wraak. Daar is egter nie werklik sleeplek nie en gevolglik kuier jy maar saam met die groot groep in die algemene area. Gelukkig is daar nie ‘n gebrek aan vermaak nie en jy kan lekker styf teen die een langs jou sit vir ‘n bietjie ekstra hitte terwyl jy saam sing of saam kuier.

Nag Dames

17/07/2012

Die son verrys met helder glans en soos jy opstaan wonder jy hoe almal in die klein hutjie ingepas het.

Die oggend gebeur iets baie ongewoons op ‘n BTK toer – die verjaarsdag maatjie, Micheal Brynard, verjaar rerig! Na hy sy 30 soene opge-eis het (what a player!) kan die groep koers kies na die sneeu bedekte top van die berg. Teen gamebreak is ons diep in die sneeu. Kara, Elsie, Gerhard en Jennifer sien vir die eerste keer sneeu, maar vir almal is dit ‘n belewenis. Jy kry dan ook sommer geleentheid om ‘n sneeubal te gooi of ‘n game slush puppy in die berge te geniet… Almal behalwe groepie 3 want hulle waterdraer, Christiaan Truter, patroleer die pad water toe.

Net oorkant die bult is dit eers tyd vir die groepsfoto en daarna, oudergewoonte, wil elke denkbare groepering (selfs die Ds se kinders kry ‘n kans) eers ‘n foto hê met die asemrowende valleie van die Oos-Kaap in die agtergrond.

Teen middagete leer die meisies en JCK uit hulle foute vandie vorige dag en was eerder hare terwyl die sonnetjie nog bietjie warmbak.

Na middagete sak ons in ‘n kloof af en die watervalle raak net meer volop en die rivier moet die heeltyd oorgesteek word. Reinhard Venter se bottel val in die kloof af en hy dink dis daarmee heen, maar die verjaarsdagmaaitjie, michael, wat slegs vir ‘m dag bonatuurlike kragte gekry het en kloueter by die kloof af om die bottel te gaan haal. Of hy hy dit gedoen het omdat hy gedink het hy moet sy kragte gebruik terwyl hy dit het of vir beeldmateriaal vir sy GoPro weet ek nie. Die feit dat ons 5 minute later verby gestap het by die plek waar die bottel gelê het maak dit nie minder indrukwekkend nie! By een van die vele rivierkruisings sit Neall, PJ van Rensburg en Chirstiaan Rabie hulle harte daarin om ‘n brug oor die rivier te bou maar bykans die hele groep is stroomop en steek eerder daar die rivier oor. Hulle is effens ontsteld maar moet maar net ‘n brug bou en oor dit kom. Die rivier oorstekery raak net meer interessant by die kruising. By die volgende kruising vorm die manne ‘n ketting om almal en hulle sakke oor die rivier te help. Isak ‘Sakkie’ Bosman moes dalk ook op die Ds se kinders foto gewees het want toe hy ‘n heidense sak in die hande kry laat sak Sakkie die sak tot in die water en doop die sak. Dis egter Reinhardt Venter wat besluit hy kan nie meer in Michaek en nou Sakkie se skaduwee leef nie en troef hulle met ‘n duikslag in die poel in wat sekerlik vir hom ‘n goue Olimpiese medalje sou behaal het as die regte mense dit gesien het. Geïnspireer deur die jeuglike manewales besluit Oom Hans ook sommer hy is nie meer lus om met ‘n stapstok te stap nie en gooi sy stok in die water. Dit ten spyte van sy vrou se vermanende woorde om dit nie te doen nie.

Na nog ‘n lang uitmergelende dag se stap word die hut bereik. Vanaand is dit uiteindelik tyd vir die wraak en die eerstetoeriste kry vir oulaas hulle items reg vir vanaand. Al wat julle hoef te weet van die konsert is dat Dupie, Neall en JCK teen die einde daarvan hulle vlag terug gekry het! Nóú toer ons! Die groot ster van due aand is egter Danie Malan wat almal aan die raai het toe hy tydens sy item in die hut in verdwyn! Nie te vrese nie want daar dop hy sommer by die kantste venster uit!

Met hekels wil Dupie by Oom Hans weet wat Tannie Anneke bedoel het toe sy vir hom gesê het hy moenie sy stok wéér in die water gooi nie. Sy wil egter nie antwoord nie want hekels moet bo die belt wees…

Nag dames.

18/08/2012

Vanoggend moet Oom Hans en Tannie Anneke ons ongelukkig verlaat. Nie dat hulle ‘n handbriek was nie maar nous die honde los!

‘n Paar van die ou manne sit dan sommer die Amatola gesels radio aan die gang.

Met gamebreak stig die sewe sluwe seniors hulle eie tradisie en doen die sewe sluwe seniors uitkyk op die sewe sleekatte. ‘n Onbekende uitdaging word dan ook aan hulle gerig… Vandag se stap verloop definitief nie sonder voorval nie, veral nie die stuk net voor middagete nie. Christiaan doen ‘n klein bietjie baie ligte verkenning. Charlotte besluit blykbaar dis naweek sy wil graag duik en jaag vir JCK so groot skrik op die lyf dat hy nie eers wil gaan kyk of sy leef nie want no so val is jy definitief dood! Gelukkig kom sy ongedeerd daar uit en kan sy verder stap. Alta-Marie Bruwer en Madelien Roos is egter nie so gelukkig nie want hulle bene gee probleme. Koos dra vir Madelien tot by middagete waar die res van die groep reeds was en speel in die koudste poel onder ‘n waterval ooit!

Na ‘n vinnige beraadslaging word daar besluit dat Koos, Daniel, Johan, Duie en Neall vir Alta en Madelien sal dra terwyl hulle goed onder die res van die groep verdeel word en Retha hou ‘n wakende ogie oor haar kleinsus. Hulle skiet vooruit met Gerhard Fouche, wat soos ‘n kameel gelaai is, agterna.

Gelukkig haal almal die hut en word die dag se swaarkry sommer gou vergeet soos daar kitaar gespeel, saamgesing en gekuier word.

Met skiet verwar christiaan die groep deur te roep: ”jy mag nie in jou groepie skiet vanaand nie… Skiet is oop!”. Slee lewer heelwat items op met Koos en Diederick wat wys hoe bachelors eintlik gedoen moet word soos hulle gesteelde sleepille opveil. Dis dan ook die tyd waarop almal (sedert gamebreak) al wag: die sewe sluwe seniors daag die sewe sleekatte uit om te chubby bunny. Die sleekatte kies vir Jana om hulle te verteenwoordig en vir Charlie vir die sewe sluwe seniors. Jana is ‘n sterk kandidaat en op ‘n stadium lyk dit asof sy vir Charlie gaan haasore aansit maar op die ou end seëvier die sluwe seniors met 16 teenoor 15 marshmallows.

Nag dames

Die laaste oggend op die roete het aangebreek en vir oulaas sing jy saam met die BTK in die bos. Vir ‘n klompie van die toeriste is dit ‘n laaste keer wat hulle saam toer. Theo, Elana, Neall, JCK, Charlie en Dupie kry almal kans om iets te sê oor hulle dae in die BTK en al die goeie tye, pragtige natuurtonele en wonderlike vriende wat hulle saam beleef het. Dan is dit tyd om die laaste paar kilometer aan te pak. Deur die bos, oor die vark se rug en deur ‘n laaste stuk inheemse bos. Bo-op die vark se rug word die uitsig vir oulaas ingedrink, die laaste paar foto’s geneem en Dupie, Neall en JCK sorg selfs vir ‘n paar pannekoeke. Dis so lekker dat Rensa sommer vir Neall vra om te trou!

So goed soos die navigasievermoëns van Christiaan deur die toer was met weinig verkennery so laat dit hom in die pylvak in die steek want hy lei die groep sommer góéd om die bos! Die meeste bereik tog die eindpunt van die roete en wil ‘n foto kry by die bord wat sê jy het die Amatola klaar gemaak. Ons het nie korter gestap nie, die ander mense is net over achievers! Jy word egter om die bos gely as jy gedink het jys nou klaar gestap want daar lê nog ‘n kilo of wat tussen jou en vanaand se lêplek. Ten spyte van die feit dat dit nie vaie ver is nie is dit ver genoeg vir ‘n hele klompie mense te laat verdwaal. Soveel so dat daar soek geselskappe uitgestuur word. Maar, uiteindelik is al die skapies in die kraal insluitende Cahntel Kètz, Theo, Elana, Paul,Anton en Danie ‘Does he winch?? No!!!’ Malan.

Tydens aandete herroep Dupie ‘n ou skets van 1942 waarin die BTK ‘n rugby wedstryd teen ‘n spannetjie in Franschoek gespeel het. So word die eerste rugbywedstryd in jare op ‘n BTK  toer beplan vir die volgende môre. Maar vanaand is dit eers tyd om te dans! ‘n CD speler word in die saal ontdek en Koos het ‘n CD met vyf dansliedjies op – vier meer as wat absoluut noodsaaklik is! Seer voete, blase of lam bene is nie ‘n verskoning nie en daar word tiekie gedraai tot niemand meer krag het nie. Julian het seker teen die tyd al geweet dat die mense by die BTK gráág sokkie want hy daag by die geleentheid op in sy huisdansklere. Of hy in die mark was vir of as ‘n huisdansdate is ‘n ope vraag. Sleedate? Huisdansdate!

Na almal lê word items en hekels afgehandel asook die span aankondiging vir die rugby wedstryd more oggend. Groepies 1-3 as die B span gaan speel teen 3-6 as die A span.

Die sleekatte item Angola toe as die sewe sluwe seniors. Kara speel Daniel en sy ís Eendrag.

Nag dames

20/08/2012