Rockhopper

Op Saterdag 11 Febuarie het ‘n groepie van 20 brawe BTK’ners besluit om die reënweer aan te durf en in die Bainskloofberge te gaan stap. Na twee agtereenvolgende hittegolwe wat die Kaap so direk uit die oordeelsdag getref het, was koue weer die laaste van ons bekommernisse. Geluk sou dit egter hê dat dit juis die dag van die uitstappie van álle dae moes reën! Na ‘n demokratiese stemming voor die Neelsie se ingang is daar tog besluit om aan te gaan met die uitstappie. Read More

2012 is hier

2012 gaan ‘n opwindende jaar wees vir die BTK. Die Berghut word uiteindelik gebou; daar word klomp nuwe uitstappies beplan wat nog nooit van te vore gedoen is nie; ons spog met ‘n splinternuwe webtuiste; groot dinge gaan met die rotsklim gebeur en nog vele meer.

Gewone ledegeld is R100 en rotsklim lidmaatskap kos R200.

Daar kan vanaf Maandag, 6 Februarie, daagliks tussen 13:00 en 14:00 by die BTK kantoor op die vierde vloer van die Neelsie ingeskryf word.