BTK 85 Jaar Reunie: Maart 2013

28/29 tot 1 April 2013: Wortelgat, Stanford

Spesiale aanbod vir studentelede*

Verblyf in boskamphutte (10 mense per hut) teen R50 pp per nag

Ontbyt – tradisionele BTK muesli pasella (BTK borg)

Middagete-pakkie teen R30 pp per dag (sluit in burger, chips, sappie, energie-stafie en vrug)

*as jy in 2012 nog geBTK het, tel jy as student!

Algemene reunie-inligting

Program:

28 Maart: Vrydag en naweek se reëlings word om 19:00 by die boskamp bespreek. Meld aan by kantoor as jy aankom. Jy kan eers die Vrydag ook kom.
29 Maart: Daguitstappies of doen niks en rus. 18:30 aandete**, Goeie Vrydag aanddiens & kampvuur by Boskamp.
30 Maart: Daguitstappies of doen niks en rus. 18:30 aandete** & kampvuur by Boskamp.
1 Maart: 10:00 Opstandingsdiens by die BTK Berghut. Berghut inwyding. Saamkuier. Groepfoto. Bring jou eie eetgoed. Die wat in die omgewing wil stap is welkom! Daar is heerlike speelplek-slaapplek-piekniekplek in die stroom wat voor die hut verbyloop. 18:30  Aandete** & kampvuur by die boskamp.
1 April: Kuier – en vertrek op jou eie tyd!
**Aandete teen R50 pp per dag

Ja, ek wil gaan reunie-hou! Hoe gemaak?

Betaal jou fooi (verblyf en etes soos jy wil) aan die bestuur teen 15 Maart 2013. Moenie die afsnydatum mis nie – dis buite ons beheer daarna!
Inskrywings vanaf 7 Maart 2013 oop – gewone kantoorure geld.
Duidelik gemerkte koevert met korrekte bedrag en volgende inligting asb:
1.    Naam en van
2.    Studentenommer
3.    Selfoonnommer
4.    Aantal aande verblyf
5.    Aantal middagetes
6.    Aantal aandetes
Die bestuur reel die betaling aan Wortelgat.

Vervoer na die reunie is jou eie verantwoordelikheid – neem inisiatief en reel onder mekaar!