Maart 2013 Rugsaktoer: Hexrivierberge

Dit is uiteindelik weer sulke tyd, tyd om jou stapsak af te stof en jou stapskoene te begin inloop, want tussen 2 en 6 April, rugsaktoer die BTK weer.

Die April gaan ons die asemrowende Hexrivierberge stap. Ons staptog begin in die pragtige Hexriviervallei, van waar ons dan Matroosberg, die WERKLIKE hoogste berg in die Boland, sal klim. Begin solank uitsien na ‘n aand onder die sterre, op die hoogste punt in die Boland!

Ander hoogtepunte van die toer sluit die volgende in: asemrowende uitsigte oor die Boland en Karoo; ‘n besoek aan Milnerpiek, Buffelshoekpiek en Milner Ridge-piek, wat beskou word as van die hoogste kranse in die omgewing; ‘n besoek aan ‘n super cool grot en nog vele meer.

Maak seker jy kom skryf betyds in, sodat jy nie uitmis op ‘n onvergeetlike vakansie in die berge saam met lekker mense nie!

Datum…

Dinsdag, 2 April, tot Saterdag, 6 April

Toerprys…

R600 lede, R700 nie-lede

Betaal jou R300 deposito saam met inskrywing. Geen deposito = geen inskrywing!

Inskrywings…

Vanaf Maandag, 18 Maart (Lede) en Dinsdag, 19 Maart (Nie-Lede)

Tussen 13:00 en 13:50 by die BTK kantoor.

Slegs 60 plekke beskikbaar!