Helderberg Daguitstappie: 20 Oktober 2013

2011 050Helderberg is ʼn wonderlike staproete om hierdie tyd van die jaar te doen aangesien dit nou uiteindelik weer warm word en die blomme op hulle beste is. So maak seker julle bring julle kameras saam!

Daar is ook asemrowende panoramiese uitkyke van Strand en hopelik so ver as Tafelberg en die Peninsula. ʼn Matige vlak van fiksheid is benodig vir hierdie uitstappie.

Inskrywings…

  • Maandag 14 Oktober (Lede) en Dinsdag 15 Oktober (Nie-Lede)
  • By die BTK kantoor tussen 13:00 en 13:50 (4de vloer Neelsie, by die trappe op langs Cafe Go)
  • Prys: R30 vir die lede en R40 vir nie-lede.
  • Daar is net 40 plekke beskikbaar!

Wanneer…

  • Vertrek Sondag 20 Oktober
  • Ontmoet mekaar stiptelik 07:30 by die Neelsie
  • Ons behoort teen 15:00 terug te wees

Saambringlysie…

  • Dagrugsak
  • 2 liter water
  • Eie middagete en verversings
  • Warm top/baadjie en ‘n windbreaker
  • Hoed en sonroom
  • Stapskoene of stewige tekkies
  • Kamera (Opsioneel)

Helderberg 2012