Tyd om te Gala!

1385041_10201363135012808_1248027296_nGALA 2013

Grootbrak – Jongensfontein

Het jy al planne vir die komende vakansie gemaak?

Ek hoop nie so nie! Jy wil NIE die volgende BTK GALA mis nie!

Dis soos ‘n mini-vakansie tydens jou Desember vakansie. Jy kry die geleentheid om tyd op die mooiste strande te spandeer, om die somersonnetjie te geniet en natuurlik om met ou en nuwe vriende te kuier. Tussen deur die awesome BTK aktiwiteite, is daar oorgenoeg tyd vir jou om heerlik te ontspan en van jou eksamen angs ontslae te raak.

Ons weet jy wil nie hierdie mini-vakansie mis nie, so maak seker dat jy 22 tot 29 November 2013 in jou dagboek oop hou.

Ons vertrek die Vrydag-oggend na Grootbrak, waar ons dan die eerste aand slaap. Dié kampterrein is wonderlik toegerus met sagte gras, ‘n putt-putt baan en ‘n swembad. Kan mens nou vir better vra na ‘n lang en uitputtende eksamen?

Die volgende dag stap ons al langs die strand na Hartenbos. Hier bly ons by nog ‘n kampterrein met ‘n putt-putt baan – so ek stel voor almal begin solank oefen aan hulle putt-putt skills 😉 .

Sondag klim ons op ‘n bus na Danabaai. Van daar af stap ons weer vir 17 km op die strand na Vleesbaai, waar ons ook sal oornag.

Die volgende avontuur wat voorlê, is ‘n staptog deur ‘n natuurlike veld met plantasies, oor klipperige areas en dele van strande. Na 13 km sal ons by Cannon arriveer, en van daar af weer die bus neem na Gouritsmond.

Dag 5 skop af met ‘n staptog vanaf Geelkranse na Stilbaai, al langs die strand en selfs meer plantasies. Stilbaai het die mooiste swemstrand; dus bly ons hier vir 2 nagte. Daar is ook ‘n lagoon om in te swem in plaas van die see.

Die volgende dag is BTK Sondag, met ‘n hele paar spesiale tradisies – sien solank uit hierna!

Daarna vertrek ons vir ‘n 12 km staptog na Jongensfontein, wat ons laaste kampplek en laaste aand van Gala is. Alhoewel die toer na sy einde se kant toe staan, is daar nog een legendariese Spur ete oor wat eie is aan BTK toere. Jy gaan net moet wag en sien waarom dit nou eintlik so legendaries is …

Ek hoop hierdie inspireer julle om nóú al te begin spaar. Want glo my – jy wil definitief nie hierdie gebeurtenis misloop nie!

Wanneer…

  • 22 – 29 November

Inskrywings…

  • Maandag, 21 Oktober (Lede) en Dinsdag, 22 October (Nie-lede)
  • Tussen 13:00-13:50, by die BTK Kantoor (4de Vloer Neelsie)
  • Slegs 80 plekke Beskikbaar.

Toerprys…

  • Lede: R1250
  • Nie-lede: R1350

Die Toerlys sal die 27ste Oktober aangekondig word.

Gala 2012

Gala 2009: Grootbrak – Jongensfontein