Outeniqua 2014

1617307_10152271914622383_173082193_odeur Anchen van Dyk

Dag 1: Ons mis niks nie

Dis middernag, die dag wat die BTK Outeniqua staptoer begin en as jy ‘n verantwoordelike BTkaner is soos Anchen van Dyk en Karen van der Linde is jou stapsak al lankal gepak en is jy nou besig om te slaap, maar kom ons weer realisties. Toe 03:30 aankom is ons sortvan betyds vir 04:30. Dit voel asof ons niks geslaap het nie maar, darem het ons genoeg tyd en brein krag gehad om vir Magriet Muller oplaai en veilig tot by die busse te bring.

Meeste mense is al hier en die sakke gelaai. Karen is nog redelik deur die slaap maar so so word almal se name afgetik. Leroi laat ons ‘n vinnige kringitjie maak and bid vir veiligheid op die pad. Ons is hastig in die bussies ingedruk want ons gaan vandag nog 8km stap na die 400km se ry. Die bus is vol slaapende mense en voor ons dit weet is ons by ons bestemming. Karatara. Hier besef ons vinnig dat daar ‘n sekere krat vermis word. Dus moet Francois Retief,Christiaan van der Walt en Gustav Wiid agterbly om slaai te gaan koop.

Die eerste bulte is ‘n indukasie van wat vir ons wag. Jy kan nie regtig sien wat aangaan nie maar jy hoor net die verligting van honger toe ons stop vir middagete. Leroi het belsuit dat hierdie is die perfekste plek vir ‘n de konning en om Magriet te akkomodeer sal die ouens selfs in die nat gras staan. Maggies vol, sake op. Gelukkig is dit so mistig dat ons nie kan sien hoe ver ons nog het om te klim nie. Die mis kanseleer die ergste kla wat verseker later in die toer sal uitkom. By elke boom dink ‘n mens, okay, ons moet nou amper bo wees maar die bult hou aan. Die wereld is glad en stadig maar seker vorder ons langs die kranse aan. Vir die wat ‘n bietjie hoogtevrees is is die mis ook ‘n seening aangesien jy nie regtig die afgrond kan sien nie.

By die kamp. Windmeul Nekhek, daag meeste mense die koue uit en vang nog ‘n koue stort, nie dat ons almal nie al nat genoeg is van die mot reen nie. Anchen is eerste. Wraak kaptein Gustav Wiid begin die uitkyk van die eerstetoeriste. Alhoewel Karen oortuig my sy moet wraak kaptein wees. Sy het verseker ‘n punt beet want sy kyk die wraak kaptein erger uitgekyk as wat hy die eerstetoeriste uitkyk. Die vuur manne, Flippie van Dyk, Petrus Pietman Lourens, Francois en Roelf Vereulen besluit dat dit is tyd vir ‘n vuur en steek die grootste kaggel aan die brand. Daar binne word sokkies, skoene en been hare gebraai. Dit is duidelik die plek om te wees, Michal Visser en Piet verskaf die musiek wat ‘n heerlike BTK sungbundel atomosfeer skep.

Net voor die son verdwyn word ons bederf toe die wolke en mis wegtrek sodat ons die mooiste “top of the world” uitsig kan beleef, wat heeldag vir ons weggekryp het.

Die kos maak is ‘n bietjie deurmekaar met al die nuwe bestandele wat ook nou uitgedeel word maar almal is net te dankbaar vir ‘n warm boord kos, veral groupie 1 , en met lekker vol magies en warm koffie klim ons in die bondelslee.

Items:

Oom Barry en Tannie Jeanette verduidlik vir ons items. Leroi is aandiens by die honeymoonsuit hotel en kan ongelukkig net enkel bedjies aanbied alhang sy lewe daarvan af. Maak nie sak hoe baie ‘n mens al gehoneymoon het nie die punchline bly maak ‘n moeilike een om te onthou.

Volgende is dit die BTK manne of man, Houtkapper Francois, met sy byl en panga vertel hoe ‘n BTK man moet wees vir ‘n BTK dame.

Hy gaan voort en veruidlik skiet terwyl hy vir Sanmarie Malan ‘n hele rivier bed spit met sy byl sodat sy nie kan ontsnap nie. Gustav Wiid is immers te vinig vir Francois en sy byl en roofskiet vir Sanmarie. Uiteindelik kan Francois ook sy manlikheid bewys en verduidlik hy en Sanmarie wat slee is. Sodat al die eerstetoersite mooi kan verstaan. Die belangrikste punt wat Madelien Roos uitwys is jy mag NOOIT nee se nie.

Hekels woord ook verduidlik sommer as ‘n item vanaand. Michelle Gous en Wilmarie Gericke praat dit uit terwyl Margiet opspring en vir die dowes ook verduidelik, alhoewel Michelle se arms ook genoeg rond flapper om dit te doen.

Majoor Leroi is nie beindruk met troepe Francois, Michal en Naude wie hy kon sien by die kamoeflering oefen.

Anchen ontsnap van die kwaai baas Magriet toe haar koppie uithak en sy vir Willa in die donker agterlaat en geen ander keuse gee as om ook huis toe te gaan nie.

Hekkels:

Die hekel is heeltemal buite kontek maar Michelle wil weet wat Anchen  bedoel het toe sy vri Leroi gese het: “Ek’s bly ek sien julle so min, nou wil ek saam met julle toer.”

Sunel Jacobs wil weet wat Christiaan ver der Walt bedoel het toe hy gese het: “Ja, ekt so baie botter ek botter sommer almal.”

Reinhart vra vir oom Barry wat Simone van Tonder bedoel het toe sy vir Naude se: “ Ek kan nie jou bolip weerstaan nie.” Tydens die hekkel se verduidliking wil Anchen graag weet wat Simone bedoel met, “sy bolip is gevoelig.” Oom Barry stop toe die hekkel.

Margriet is deurmekaar toe Okke van der Eijk haar begin aanspreek het in duits. Hy het seker gedink sy is Silja Kiessling.

Wilmarie wil hoor by oom Barry hoekom Alicia dink ons moet ons kondompies uithaal, wat eintlik net ons sakke se reenbadjies is.

Hiermee word hekkels gesluit en probeer ons vir die eerstekeer die Magliesberg aanlied wat regtig nie sleg gaan nie. So baie musiek talent!

Nag dames

Dag 2: Hoe verderer hoe naderer

Die meisies word wakker met die gesing van die Outeniquaberge seunskoor. Hierdie is seker die toer met die meeste musiek talent wat ek al beleef het. BTK ser is verseker ‘n opsie. Daar is min mense so opgewonde oor die BTK museli soos Desire Swart wie haar museli vreeslik baie geniet. Reg merkie vir koosmamma Madelien. Ander ou toeriste is meer bederf met ‘n teetjie in die bed. Hoe Magriet hierdie goed regkry sal niemand ooit weet nie.

Naude is altyd eerste klaar terwyl onsander nog skarel maak hy ons rustig en besef ons “How great is out God,” veral met die pragtige uitsig wat nogsteeds daar is na die aand. Margiet deel met ons Ezra 3:10: Op hierdie ander tipe BTK sondag en hoekom dit regtig ‘n vooreg is om kerk toe te kan gaan. Sy herinner ons dat onshier is om ‘n verskil te maak.

Sakke op en Leroi vertel ons dat ons begin met ‘n afdrand…dit was verseker die mees opdrand se afdrand wat ek al ooit gestap het in my lewe. Toe ons wel by die regte afdrand kom het ons alles wat ons sommer al gister se opdrand weer af geloop. Oppad af het Linda Zietsman baie groot vir ‘n baie klein slangtjie geskrik, geukkig is Gustav daar om almal te waarskru.

Na die lang bult af is dit seker net reg dat daar ‘n langer bult op is. Gelukkig het Werner 2 stokke sodat hy tjoef tjaf kan op loop op sy 3 arms. Toe ons nou uiteindelik bo is, voor ons weer af stap kon ons in die verte die huisie sien waar ons begin het. So word daar bespiegel met hoe ver ons gestap het en hoe lank dit sou vat om oor Afrika te stap. Dis gil gly gil gly vir Linda en Natalie wie vreeslik vermaak verskaf aan die mense wie agter hulle loop. Maar 17km se stap, met ‘n sak nog vol kos, is nie speletjies nie en ons is net te bly om by Platbos aan te kom.

Vanaand skiet net die ou toeriste en in goeie vorm speel almal saam en moet daar ‘n paar dubble dates. Na die skietery kom daar nog meer musiek talent uit terwly Megan Hutton Squirre ook ‘n beurt met die kitaar kry.

Vanaand se kos maak het ‘n bietjie meer sturktuur met al die regte bestandele by almal. Vir nou.

Die mot reentjie het gelukkig in die kosmaak prosess bedaar en ons kan vanaand in die slees le om die wraak te beleef.

Wraakaand

Die skarel van die eerste toeriste is soos ‘n klomp hoenders wat mielie sade probeer oppik. Hulle is hastig om die wraak verby te kry en begin sommer dadelik met de konning. Tot hulle groot teleurstelling moet hulle ophou sing en eers hulle toneelstuk opvoer. Ook maar goed want nou het ‘n paar van hulle nog kans om die woorde te probeer onthou.

Susa Jeanie ken ouboet Leroi se maniertjies goed, veral sy engels, sy/ hy Leroi laat ons verstaan man is man and men is men and introduces us to the AAA BTK klas. Aangesien Jeanie, Leroi, nie daarvan hou om besluite te maak nie is effektief Retief van Zyl daar om te help houtkap vir die manne.

Die bos se kleurvolle familie karaters klim uit met Emasi Desi en Susa Bernard Nina wie opsoek is na David Chenning Kammoti terwyl sy verby Stefan Oupoot moet kryp. Die 2 stroke grassnyer Tiaan maak ‘n pad deur die bos vir Anton die bom, die Anton bom. Gebou deur Sheldon Otto Cooper. Hierdie bom prik vir Jorica die vliende aspersie wakker. Mabru is ‘n bietjie verlore because she doesn’t even go here and she’s only here for the food. Gerben Draai en draai in die rondte terwyl Linda Bengimen ‘n kring loop en vir Mamma Pietman Fiela vind.

Hierna verlaat ons die bos na die berge waar Jorica vir ons ‘n gratis Sound of Music en sing soos die regte Maria wie ons kom vermaak met haar ognelooflike stem. Later het ons ‘n volle BTK Von Trap family singers koor.

‘n Hallelujah afsluiting tot die wraak items deur Desi, Piet, Jeanie en Magdeleen maak ons reg vir ‘n mooi de konning en verjaarsdag liedjie.

Eerste probeer hulle die verjaarsdag liedjie, en asof dit nou ‘n gewonte raak, ken die ouens nie die liedjie nieselfs met Magdeleen wie stiltjies probeer help. Die meisies en Gerbren, hoekom is Gerbren aan die meisies se kant…ken die woorde. Na ‘n paar probeer slae en ‘n voorbeeld van die ou toeriste kry die eerstetoersite ook die woorde en deuntjie reg.

Daar is ‘n skarel vir takkies en ‘n skarel in die slee toe Karen vir Leroi kielie. Na ‘n paar donker angsbevange omblikke en gille van Linda en Desi is die wraak ook verby en word die eerstetoersite verwelkom deur die outoeriste wie ook maar die liedjies moet gaan oefen. Oom Barry vertel hoekom dit so lekker is om ‘n geheim soos die wraak te kan he.

Te danke aan ons ongelooflike stokers en kokke geniet ons almal die soetheid saam en klim on weer lekker warm in die warm slees.

Items!

Dis nou tyd vir die ou toeriste om ;n bietjie pret te he. Japie vertel vir Oom Gustav en Tannie Linda hoekom dit so lekker is om in die donker te vry.

Verkoopsman Reinhart is terug met sy vroutjie Michelle en hulle kwaliteit koppe. Margiet is opskoek na ‘n nuwe kop en is ‘n moeilike klient om te beindruk. Sy sukkel om te kies tussen kop Linda die donker kop, dubbel kop Magdaleen en Jeanie of Gerben die nog nie gebruikte kop.

Bear Linda Grylls ontmoet vir Panga Retief en voel toe haar vlinder middagete in haar maag.

Boer Gustav en vrou Anchen, ekt my boer gevang, het hulle vrugtetrok vol gelaai met

Desi die dainty date,

Werner die woelige wortel,

Otto die ongelooflike orange

Bernard die brawe beat en

Jorica die joolige jalapeño

Naude, Francois, Christiaan, Gustav, Flippie en Roelf is gestrand op ‘n eiland en moet hulle anti-valskerms uit haal om vuurtoering Desi aan die brand te kry. Hulle klim so baie trappe ‘n mens sal dink hulle het vandag se bulte uit gehuppel.

Troepe Reinhart, Naude, Gustvan en Japie kry slegte nuus van Major Francois toe Flippie kom vertel van hulle ma’s se skielike dood.

Magriet Hans en Magdleen Mans is versigtig vir vrotvis na Hans dit proe net om seker te maak hulle trap nie in dit nie.

Daniel Skoonwinkel besit die dieretuin waar Anton die aasvoel, Jeanie die jackals, Leroi die luiperd, Werner die waterbok, Gerbren die gorilla, Linda die lekker likewaan, Stefan die strevis en Naude die skilpad met sy Meshell (Michelle).

Die laaste item van wraakaand is Sanmarie en Jorica se BTK man liedjie wat ‘n BTK man uitwys as…’n stapper.

Hekkels:

Oom Barry se wysheid word gesoek toe Alicia wonder wat Michelle bedoel toe sy ‘n vergelyking tref met “Mense wie nice , soos Francois.”

Japie Venter wil by Oom Barry weet hoekome Leroi sy hand soek by Michal.

Oom Barry moet ook help toe Christiaan wonder hoekom: “’n Grys man of a man wat orel speel in die kerk,” vir Jorica so aantreklik is.

Sanmarie wil weet wat Simone bedoel toe sy vir Sunel gese het: “hier moet ‘n mens leer stap soos ‘n man.”

Japie wil weet hoe mense se kuite vir Anchen motiveer.

Die hele groupie 5 wil by Werner Smit weet hoe hy beplan om met 3 arms te loop.

So sluit ons hekkels met net een word. Dit is so ‘n lekker aand, wat regtig ‘n blessing is van af God aangesien dit nog die heeltyd moes gereen het en ons nog niks reen gekry het nie. Dit maak vanaand se sterre net soveel meer spesiaal. Nie dat die sing oefening so nodig was nie, maar ons almal sing vanaand saam die Magliesbergaand lied met die regte woorde. Dit klink soos iets uit ‘n musical gelykstande aan The Sound of Music.

Nag dames

Dag 3:

‘n Goeie more my sonskyn van ons manlike BTK manne kry ons almal op en wakker. Margiet kry dit reg om weer tee in die bed te kry. Dis nou al 2/2 en Karen baat ook ‘n koppie futurelife uit die deel uit.

Volgens roetekenner Silja is vandag die dag van die groot bult. Die van ons wat redelik seer voete, bene, tone, heupe, en lywe het gee ‘n paar benoude kyke to Leroi gil “Sakke op.”. Dit is die eerstedag wat die son die heeltyd skyn maar gelukkig is ons veilig in die koel bos. Die bos se vloer is glat en vandag is dit Melinda Loubser se beurt om eerst grond te koop. Gelukkig is daar nie ernstige beserings nie.

Stadig maar seker en to skielik beweeg on af in die VALlei in. Ons word gereeld gewaarsku dat dis glat. Later moet jy maar net aanvaar dat dit is oral glat en ons moet versigtig loop.

Uiteindelik kom ons by water met die mooiste wit klippe en Leroi besluit toe om sommer 5 van hulle in sy sak te pak. By die gamebreak swem ons gou voor ons die bult aanpak. Nee dis nie die infamous bult wat Silja ons van waarsku nie. Michelle kla kous Gous is bekommerd oor wanneer die regte een kom.

Almal is raasend honger en wil net stop om tee et gelukkig kry ons ‘n pragtige picnic area. Ongelukkig vir Leroi is die selfde wit klippie ook hier in die rivier en gooi hy toe maar syne uit en terug in die water. Hy gooi toe sommer vir Magriet ook in die water.

Maggiesvol en oogies toe. Die BTK ser oefen weer en die res van ons is net te bly om te kan rus voor die bult.

Sakke op! Die volgende deel van die pad is waar ou Saul sy kringe geloop het. Hier is daar bome so groot dat dit vat 12 mense om om een te staan en verlate mine shafts wat ons sal moet explore en vir oupoot vermy, soos die voels vir ons vermy. Later aan het ons stywe nekke van opkyk na die takke ne nie een voel sien nie. ‘n Mens hoor die loeries maar sien hulle ook nie. Blanche claim sy het gister ‘n baba olifant gesien in die verte. Ek en Margiet is redelik skepties, nie net oor die olifant nie maar ook oor heirdie bult. Ons begin later afstap in St. Thomas street tot by die hut en nogsteeds is daar nie ‘n bult nie.

Silja se toe dat die bult kom more. Anchen is oortuig daarvan dat die hele staproete net een groot bult is en dit is eintlik waarvan Silja praat.

Daar is groot opwinden hier is WARM storte..let wel net vir die eerste 3 mense en net genoeg water vir die eerste 10. In die tussen tyd, die groot grasperk begin Melinda ‘n sirkus en almal probeer ‘n toertjie en ‘n handstand. Die ander haal uit die kitare en begin waar ons vimiddag opgehou het. Self die mot reentjie wat begin val stop nie die musiek van buite nie en vuurmaker Flippie en Otto se vuur brand lekker in die reentjie.

Daar is maar min spasie en groupie 4 en 5 moet maar styf sit om die tafel sodat stoker Thinus se pot nie afval nie. Die chaos skep die perfekte atmosfeer vir twee pakkies biltong om te verdwyn en ‘n bottle chutney. Groepie 3 is een van die slagoffers en verloor hulle biltong terwyl groupie 1 sommer hulle biltong en chutney verloor.

Dit reen te hard vir slee maar ons sing almal te lekker die BTK sungbundel deur en praat lekker nonsense om die vuur. Daar is min dinge so lekker soos k..strooi praat. Caru Mr. Bean Coetzee vermaak vir haar groupie met haar welkom to hell Mr. Bean impression. Flippie claim later by sy suster dat Caru is verseker die snaakste mens op die toer en moet by die reunie dit weer doen. Toe die boekie nou uiteindelike deur gesing is waarsku Leroi net oor die lang stap more en natuurlik waarsku Silja oor die groot bult.

Nag dames

Nou is die tyd vir ‘n groot BTK bondfire.

Dag 4: April fools

Die volgende oggend is weer mooi oopgetrek en vanoggend kry Anchen, Karen en Magriet dit reg om koffie in die bed te kry. Soos die mense verby die stoep slaapplek loop moet hulle ‘n grappie vertel. Marietjie is ‘n bietjie opi spot gevang toe sy net haar skoene wou aantrek maar Leroi vertel vir ons ‘n treffer van ‘n grappie oor ‘n paar nonne.

Ongelukkig vanoggend verloor ons 3 van ons stappers. Nie as gevolg van die verlore biltong nie. Werner Smit verlaat ons want hy kort nog ‘n vitamiene B inspyting en Oom Barry en Tannie Jeanette is nie meer lus om te bekommer oor die groot voete nie.

Leroi lees vir on suit Jesia 40:25 en herinner ons hoe erg God on bederf met sy mooi skepping.

Sakke op. Na so 20min se stap en Werner oppad huis toe in die bussie besef groupie 5 dat hy nog al ons kos het en niemand het dit by hom gevat nie. Simon is gelukkig ‘n wondelrike groupie leier en stel on te rus dat hy ons biltong kos vir vanaand het.

Na ‘n lang stap sonder water kom ons by die coolste gamebreak swemgat en a steil bult na die tyd. Hierdie is nogsteeds nie Silja se mite bult nie. By middagete (nou bo op die bult) hoor groupie 5 van Michelle wie niks kan eet nie anders val haar vel af…

Dit is immers April fools en weereens het Silja ons gefool want daar was geen bult nie. Die bult is nou ‘n mite. Soos groepie 1 se biltong.

Leroi probeer so hard om die mense te flous toe ons by die kamp kom dat dit nog aan is. Silja die staproete kenner sal nie geflous wees nie.

Rondebossie is ons laaste hut. Almal is nou al baie gemaklik met mekaar en daar word vinnig ‘n krieket game gestig met Sanmarie Tendulkar wie die manne wys hoe dit gedoen moet word. Gerbren is die Hashim Amla van die veld. Megan en Anchen maak die fout of goeie besluit om te probeer sing saam Wilmarie en Alicia .Skiet is oop! En dis net vrouens wat die manne jaag.

Die pannekoek bak prosess is so stressvol dat Magdeleen maar liewers nie betrokke sal wees nie. Goed vererger so ‘n bietjie toe die gegapste biltong nie verskyn toe dit tyd is vir kos nie. Almal het darem nog hulle beertjie poeding. Na al die chaos verby is en almal wel kos gehad het, pety het lekkerder geeet as ander belsuit ons al reen dit sal verseker op die laasteaand geslee word al moet ons net om die vuur sen baie naby le in die klein spasies. Almal brand net om te item.

Items:

Leroi spring sommer dadelik weg met sy toer treffer grappie. Goeie non Magdaleen is ewig dankbaar,a-men waar Jeanine hopeloos te opgewonde is vir haar BTK aaaahhh man.

Moeder Magriet waarsku vir dogter Karen oor skande op die huis te bring as sy haar mond vuil maak op ‘n BTK toer.

Michelle het ‘n raaiskoot gameshow en assestent Willa lui vir deelnemers, Gerben, Magdaleen, Piet en Tiaan om ondersoek intestel op die smaak van ‘n nuwe produk, Gerben, Magdaleen en Piet proe ‘n ondertoon van biltong terwyl Tiaan oortuig is dis mens vinger.

Blondiene Magdaleen kan nie glo toe die man weer van die brug afspring nie, toe sy en vriendin Alicia die 7h nuus saam Riaan kyk.

Reinhart wil net graag aan Magriet ‘n paar skoene verkoop.

Pasgetroude paartjie Willa en Christiaan gaan vra vir hulp oor stink asem en pronk voete. Willa by mamma Michelle ern Christiaan by Pa Francois.

Die dame Desi sukkel om gehoorsaam te wees aan mamma Mina wane stout skoolseun Leroi cash money belowe as sy die boom klim.

Linda en Japie is bekommerd oor die liggie in die ysskas wat aanhou brand

Kanoneer Leroi, Kaaiytknaap Naude, Kok Francois Kraaines Gustav en Kaptein Reinhart vergeet wane hy sy bruinbaadjie of rooirok soek toe die seerowers hulle kom aanval.

Die talent van die BTK loop hoog en die manne lyk al te netjies met hulle dasse. Elke meisie se hart smelt toe Gustav, Japie, Roelf, Naude en Michal the book of love sing en is vinnig die coolste boyband since backstreetboys.

Aangesien ons nie die toer kon behoorlik slee nie dink Desi, Piet en Michal Mumford and Sons se Timshel wat begin met “cold is the water” is baie van toepassing. Nog meer talent.

So sluit ons items en maak hekels oop om Oom Barry se wysheid te toets.

Hekels:

Linda wonder hoekom Christiaan vir Francois se, “jy moet deur my bene duik.”

Alicia wil weet wat Wilmarie bedoel het toe sy skrik en se: “oo gats amper verpletter ek jou man.”Wilmarie laat weet vir Alicia dat haar stap stok is haar man.

Michelle is beindruk met Silja se goeie ore maar ook bekommerd en wonder wat sy bedoel met: “I can hear my toes.”

Alicia wil weet wat Madelien as, “’n Lekker verhouding,” beskou.

Jorica wil by Oom Barry weet hoekom sy nie haar hande mag gebuik om Simone se gorrel vas te maak nie.

Sanmarie wil weet wat Christian Kamera man bedoel met: “ Mans wat kan dans is glat nie trou matriaal nie en kan glat nie dans nie.”

Flippie wil weet wat Michelle bedoel het met haar opmerking, ‘Anchen is die dominante wyfie in die badkammer.” Sy was immers altyd die eerste meisie in en uit die stort. Toe wou Willa weet wat Michelle bedoel het toe sy se, “Ek gaan vir Anchen challenge.”

En so sluit ons die laaste aan van hekkels en items. Ons sing ook vir ‘n laastekeer saam die Magliesberg aandlied. Na so ‘n lekker dag is dit ‘n goeie afsluiting.

Nag dames

Dag 5: BULTong Special

Vanoggend kry die manne ‘n treat toe die dames hulle kom wakker sing, Die stokers was al wakker maar dis die idee wat tel. Francois se spaarsleutels raak net meer en vandag is die hel groupie 1 en Desi, die boarder, almal slot en sleutel. Vandag se stap is net 13km en vandag is die dag van die ou trein Suzy wie vir ons staan en wag voor die bult. Hier vang ons vir verjaarsdag maatjie Christian Kamera man.

Toe sien ons dit. Die bult. Die bult waarna ons almal al solank uitsien, die bult wat pety vrees. Hier sal vriendskappe gestoets word…sommer binne die eerste 100m is Michelle kla kous Gous aan die beurt met Silja kort op haar hakke.

Die bult is regtig nie so erg nie en die uitsig laat ‘n mens totaal en al vergeet. Van bo kan jy die Knysna heads sien en die pragtig reenwoud waardeur ons die laaste 4 dae beweeg het. Al het ons nounet geeet hou ons sommer gam break en middagete saam want ons eet volgende by die spur in Knysna. Toe ons net klaar geeet is begin dit reen. En wat is ‘n reewoud staptoer sonder een dag se reen?

Ons besef net hoe ongelooflik geseend ons was met die weer. Die mis toe ons in die oopte gestap het om ons te beskerm vand die warm son. Lekker sonskyn toe ons veilig in die skaduwee was en die reen op die laaste dag, mind you, eers reen na ons is die die reenwoud beland het. Dit was perfek.

Dis ‘n sprint uit by die laaste bult van die toer voor ons by die bussies aankom. Hier groet ons van ons toer maaters en klouter die res van ons op die busse. Almal vreeslik opgewonde vir KOS.

Niemand burger challenge nie maar almal se kos is vinig op. Terug op die busse is daar baie gees en luister ons graag na Michal vir ‘n laaste keer op die kitaar.

Nog ‘n toer is verstreke, vaarwel toermaaters vaarwel.