Gala 2015

Foto: Wilmarie Gericke

‘n Skets van gebeure deur Marianne Breytenbach

Dag 1: Windverwaaid

Vakansie is hier. Ure agter die boeke het uiteindelik, na wat voel soos ‘n ewigheid, tot ’n einde gekom en gala het aangebreek. Dit is omtrent ‘n geboer soos 100 studente ou vriende groet en nuwes ontmoet. . Die busse isgelaai en ons almal staan in ‘n kring terwyl ons bid vir die pad vorentoe.

In die busse leer ons nuwe name enpraat oor die sonnige vakansie wat wag. Waenhuiskrans stel ons egter teleur met, soos Pieter sou sê, “sub-ideale weer”. Die waelaaiers begin aflaai en in ’n japtrap is die tenteopgeslaan. Ons sien vining dat tent opslaan gevaarlik is, toe Jacques de la Bat met ‘n kopwond by tone opdaag. Gelukkig het Renske “Boesman” de la Bat volle vertroue in haar nefie se HIV status en pak sy die wond sommer met haar kaal hande aan.

Alhoewel dit sub-ideale weer vir die normale BTKner is, is dit ideale weer vir ons kite-surfers. Die tente is skaars opgeslaan en hulle is die water in, nie eers die bloublasies skrik hulle af nie. Die res van die groep kruip of weg in die tente of hulle verken die grotte.

Die middag hardloop Marli ‘n kraan om, te midde van ’n touchies game . Dit net na Jacques se kop uiteindelik ophou bloei het. Later die aand is daar ‘n groepie malles wat gaan swem, met Anri wat chaperone. Ons het skaars begin bid vir die kos, toe dit begin sous. Toerleier Reuben is hoogs onsteld, aangesien dit al 2 uur moes ophou reën.

Die aand word nes geskrop soos almal ’n droee lêplekkie probeer kry. Die meisies lê verspreid van die tente, tot die waskamer, tot die kostent.

Nag dames

 

Dag 2: See, sand en… wind

Nog voor almal wakker is, het die eerste drama al reeds plaasgevind. Mabru is hospitaal toe, en dit oor ’n gogga wat in haar oor geklim het. Terwyl die wa-laaiers fluks aan die werk is, sing die res praise and worship. Kort daarna klim ons almal in die busse reg om te stap. Na ons ’n paar verkeerde draaie gery het, kan ons uiteindelik begin stap met Pieter as ons slot.

Dit is ’n lekker koel stappie met die wind wat van agter af waai. David, Leroi en Cassidy kite op ‘n stadium teen die spoed van witlig by ons verby. Teen middagete is ons reeds in Struisbaai en almal lê luilekker rond terwyl die manne werk. Koos is oop! En die nuwe toeriste wonder natuurlik wie hierdie Koos is. Hulle moet hom nog ontmoet.

In die vryf bedryf vertel Gert hoe ’n dooie bloublasie amper in sy skoen wou spring. Die stokers en kokke bederf ons met ‘n heerlike snoek. Oom Willie, tannie Salome, Pieter en Willem Breytenbach sluit by die groep aan.

Items

Vanaand is bondel slee en Marianne Breytenbach en Hannes Myburgh verduidelik skiet. Fritz open items met ‘n dramatiese ballade van ‘n sterwende bok.

Pieter en David speel “I spy” en ons word sommer vining aan die legendariese blou yskas en ‘n blou tuimeldroer bekend gestel.Gert, Jaco, Daniel, Elandre, Gretha-Mari en Francois Briers platbek paddatjie met Gert as die padda en Gretha-Mari as “’n uil, bra”.

Pieter inisieer ‘n chaotiese fobie-item en Marianne Breytenbach skryf omtrent vir Wilmarie af met karate. Fritz en Janneman stel ons bekend aan Mario en Luigy en dit reën katte en honde met Renske wat nie kan meow nie. Charl, Tenske en David wys ons hoe n wittebrood nie moet verloop nie.

Items toe, hekels oop.

Edelagbare oom Willie, ek wil graag by Renske weet wat sy bedoel het met “die Parys in Engeland”. Renske het darm gou haar fout agtergekom.Jana is ‘n bok vir sports en illustreer dit met ’n, “Baaa” en Esmé sê die braaiers is lekker. Joshua beaam dit; Hy gaan blykbaar baie goed saam met ’n bakkie roomys.

Ons sluit af met Malgaliesburg se aandlied.

Nag dames.

 

Dag 3: BTK Sondag

Vandag slaap ons laat, want dis BTK Sondag. Die oggend begelei Charl ons in ‘n wonderlike praise and worship en oom Willie praat met ons oor die verlore seuns, of eerder varkseun. Ons sluit af met jabulani. David voel uiteindelik ordentlik na die ordentlikheids praatjie. Die hele groep koning en ons verjaarsdagmaatjies Renske, Dirkie en Cari van Coller word oorval deur soene. Daarna het ons af en die eerste toeriste oefen hulle konsert vir die vale.

Ons geniet ’n heerlike ete waarna Charl, David, Janneman en Johannes Leuvennink ons van die legendariese Elsa vertel. Na so ’n lekker ete en Elsa wat wag, moet daar plek wees vir poeding. Die 4 manne demonstreer hoe ons die mae kan rek.. Die poeding is die eerste keer in die tuin van Eden van die verbode vrugte gemaak. Gelukkig is die resep van generasie tot generasie oorgedra en kan ons vandag daarvan eet.

Na ons aan die poeding gesmul het vertel Mabru en Wilmarie ons meer van tannie Miems. ’n Verwarde Carli wonder hardop of dit Leroi se ma is. Nee, Carli, tannie Miems is die BTK se ma, en dit maak haar ook jou ma. Die lepels word aan ons nuwe kosma en kosdogter, Magdaleen en Petro Uys oorhandig. Ons doop julle amptelik kosma en kosdogter!

Janneman wys vir ons die regte tegniek vir die pitspoeg kompetisie en Mari-Alet wys ons hoe om dit nie te doen nie. Marianne van Staden wen die dames afdeling en Janneman wen vir die tweede jaar in ‘n ry. Magies vol, ogies toe.

Wraakaand

Die eerste toeriste slaan ons asems weg met ‘n ongelooflike koning. David en Mabru onderbreek die verjaarsdagliedjie en die mans moet dit twee keer sing.

Francois van Wyk en Jacques de la Bat begelei ‘n baie oulike Sally Williams Nougat. Al die ou toeriste is hoogs beïndruk. Wel gedaan Tenske, jy was ‘n wonderlike convenor.

Daarna is dit boer soek ‘n vrou gelei deur Kay, met Julian as beast wat “’n saghartige meisie soek soos sy koeie se gekonditioneerde hare.” Sy potensiële trou vrouens is Nelmarie as Belle, wat die ideale trou vrou is omdat sy met potte en panne kan praat.

Daar is ’n kort advertensie breuk waar Marais K-way aan ons afsmeer. Ons sien ook vir Cassidy as die Oros mannetjie van Mitchelin tyres.

Die advertensie breuk is verby en ons ontmoet die laaste kandidate vir beast se hart. Marina die opera sangeres sê dat hulle sommer vining ‘n bediende sal kry en Cari Fourie die kreef feetjie sê dat haar knypers kan vasknyp. Laaste het ons ook vir Anita as Heidi.

Die item eindig op ‘n regte cliff-hanger as gevolg van ESKOM.

Die eerste toeriste vermaak ons met nog ’n paar items en na ’n laaang gewag is dit tyd vir die soetheid van die wraak. Tydens die wraak moet oom Willie vir klein Pieter en Willem wegvat, sodat die wraak ’n geheim bly totdat hulle studente is. Na ons die soetheid geniet het, verduidelik oom Willie die storie agter die wraak en hoekom dit ’n geheim moet bly. Hy wys ons ook hoe die verjaarsdagliedjie eintlik gesing moet word.

Items

Francois Briers vermaak ons met grappies en word nog tussen-in geblou yskas ook.

Ligtorings Nelmarie en Marina word deur Charl, David, Janneman en Hannes Myburgh aangesteek.

Laaste voor hekels, bekoor Francois van Wyk en Jacques de la Bat ons met hul stemme.

Hekels.

Ons wil weet wat Gizela bedoel het toe sy gesê het dat niemand met haar sal wil sleep nie. Na haar lang verduideliking voel Fritz dat iemand asseblef vir haar die verskil tussen slee en sleep moet verduidelik.

Ons is effens bekommerd oor lang Pieter gesê het dat Mari-Alet enige iets mag kry.

Esme moet verduidelik wat sy bedoel het toe sy vir Hannes Myburgh gesê het: “Dis jou Gericke, vat haar.”

Wilma sê dat alles reg is, solank sy kan strip en Mabru sê dat daar twee meisies op elke ou is.

Ons sluit die aand af met Gert wat verduidelik wat in sy kop aangegaan het, toe hy twee nie-BTKners in de see getackle het.

Nag dames.

 

Dag 4: Nou stap ons

Dit is net rooi krewe waar jy kyk soos die BTKners in die pad val, want wat is sonblok nou eintlik? Erens kangs die pad moes Reuben ook al die verlore skapies bymekaar kry, wie vir David blindelings na ‘n wrak gevolg het. Na die stap het Reuben erken dat dit nie ‘n 16km was nie, maar eerder nader aan 20km. In Brandfontein eindig ons op ‘n mooi stuk veldjie waar die manne vining vir ons ‘n kamp inrig. ‘n Paar dames is baie verlig toe die kampopsigter toestemming gee dat ons die badkamer mag gebruik.

Die eerste toeriste is skoon uit die veld geslaan toe dit dames skiet is, so dit het ‘n rukkie gevat vir hulle om te registreer. Klein Pieter neem die hardloop so ernstig op dat Magadaleen en Petro Uys vir Elandré moet help om haar slee date te vang.

Items

Jana gee raad aan dogter Tenske hoe om ’n stink asem te vermy: “Slaap oopmond- air hom out.

David, Janneman, Charl, Oliver en Gert voer kanoe op. Gert se laaste wens is ‘n drukkie van sy slee date Annika.

Elandré, Wilma en Maret vat ons terug na ABBA se dae met ‘n musiek optrede.

Janneman en Renske koop ‘n kop by Fritz en moet kies tussen Jandré – ‘n kop met ‘n twitch, dubbelkop André en Gerius wie jou warm sal hou in die winter, Jacques de la Bat wat multi-purposeful is. Hy kan gaan as ‘n man, of as ‘n vrou met die mooi blonde lokke en dan laaste Lieschen, ‘n ongebruikte kop.

‘n Paar dames sing die cup song en Francois Briers probeer sy baardolie aan ons afsmeer.

Charl vra Janneman om sy eiers groot te maak in vrot vis.

King Julian bedank die 5 dames wat sy dates vir die aand was en ook vir lang Pieter, die heunik. Pieter was baie teleurgesteld toe hy uitvind dat ‘n heunik ‘n gekastreerde man is en nie ‘n tipe unicorn nie.

Mabru word getypecast as ‘n ouma in catscan en laaste vertel Daniel ons van sy oupa se grappies.

Hekels

Francois Briers moet verduidelik hoekom hy winderig vanaand voel.

Marianne Breytenbach sê vir Marli oor Janneman: “Ek hou van hom, ons hou hom vir later.”

Johannes Leuvennink moet verduidelik hoekom hy SO graag ‘n rok wil hê. In sy verduideliking sê hy dat hy een soek om toe te hou, maar steeds koud te hou.

Colette dink dat alle modelle soos kraaie loop en Tenske vra dat iemand haar ‘n vinger van tone af moet bring.

En wat het Thalia bedoel toe sy sê jy kan enige iets doen solank jy gemaklik voel daarmee?

Nag dames.

 

Dag 5: Item konings

Die dames word wakker gesing met ‘n opgewekte “I’m a believer”. Teen die tyd werk ons al soos ‘n goed ge-oliede masjien en voor jy jou oë uitvee is die kamp afgeslaan. Ons eer God met ons stemme en daarna vertel ‘n oom ons meer van die Agulhas Nasionale Park.

Vandag se stap is ekstra mooi en dis nie net oor lang Pieter en Francois van Wyk sakke vol rommel optel nie. Dankie julle twee. Met middagbroodjies is daar ‘n paar wat swem en dis nie kort daarna nie toe kom ons by Die Dam uit, waar ons die aand sal slaap.

Items

Dis die laaste slee aand, so vanaand word daar geitem vir die vale.

Reuben is in sy noppies met Pierre, Sune, Robin, Gretha-Mari, Jacques de la Bat, Francois van Wyk en Johannes Esterhuysen wat vir ons ‘n slee liedjie sing. Die liedjie moet definitief in die volgende sangbundel kom. Geen slee pille, geen beheer.

Hannes Myburgh is baie geduldig met Wilmarie wat ‘n legkaart probeer bou.

Juffrou Tenske sukkel om haar klas onder beheer te kry, nadat hulle klippies (nat Daniel) in die water gegooi het.

Marianne Breytenbach, Jacques de la Bat en Marli doen ‘n Suzelle en vandag se episode is “How to get a slee date”.

Wilmarie, Tenske en Esmé gloeilamp en waarn Marteli en Malan die skoot hoog deur het terwyl hulle,“The Rose” sing.

In Mario take 2 soek Janneman en Fritz ‘n bacon tree, maar al wat hulle kry is ‘n hambush.

Francois Briers wys vir ons hoe dit klink as jy jou taBAARD vergeet het deur muskiete na te maak.

Malan, Chris-Jan, Fritz, Tommie, Jacques de la Bat, Gerben en Johannes Esterhuysen item spesiaal sodat Tommie vir Johannes kan blou yskas. Dit was so hard dat Johannes maar die res van die item uitgesit het. Ons almal wag in spanning om te hoor hoe hy vir Tommie gaan terug kry.

Oom Willie wys in kaptein dat hy nie kan hak-k-kel nie.

Gert sing vir ou laas “Leaving on a jet plane” voordat hy Amerika toe gaan.

Marteli neem leiding met ‘n nuwe oorspronklike item. Verder gee Marteli ‘n beroemba klas en ons almal skater van die lag vir lang Pieter se moves. Marteli, Malan en Francois Briers sing nog ‘n nuwe liedjie vir die sangbundel met die woorde: “Geen meer sonbrand, geen verkleur”.

Laaste sing Gretha-Mari ons almal aan die slaap met haar pragtige stem.

Hekels

Ons wonder waarom die gas vir Charl gebrul het en Jeanette sulke groot paddavisse sien. Sy het skynbaar vergeet dat ons by die see is.

Tommie hy die meisies warm gesing het en ons almal wil weet wat Oliver bedoel het toe hy sê: “I have child baring hips.”

Wilmarie moet verduidelik waarom sy nie vir Hannes met sy hemp aan herken nie en .

Sian moet verduidelik waarom vrouens eers lekker raak op 40.

Nag dames.

 

Dag 6: Dans op die tafels

Vandag begin baie rustig, want vir ’n slag is majoor Reuben Lazerus nie gejaag nie. Soos gewoonlik begin ons met lofsange en daarna val al die BTKners in die sand.

Ons het skaars begin stap voor Hannes Myburgh en Jandré ‘n rob jaag. Vandag is ‘n kort stappie en teen een uur klim ons by Pearly beach op die busse om na Uilkraalsmond te ry.

Die deursnee BTKner isverlig vir die windstil dag Party koop die kaffee leeg, terwyl ander Frisbee of touchies speel. Die res lê of lui onder die bome of geniet die heerlike strand. Oliver speel Bear Grylls en trek ‘n lewendige mol uit die gras uit.

Die aand geniet ons ‘n heerlike maaltyd van gebraaide hoender, knoffelbrood, groente en hot chocolate. Magdaleen Kosma van Zyl het ‘n berekeningsfout gemaak, en ’n ekstra 0 by die 200g hot chocolate gevoeg, maar on kla nie, want ons kan die hot chocolate tot op die laaste aand geniet.

Ons toerouers groet, want hulle begin reeds die volgende dag met hulle volgende staptoer. Oom Willie nooi teen tannie Salome se beterwete die hele spul BTKners om in George te kom kuier.

Na ete sien Owl’s pub meer mense as ooit te vore, want na al die strandlangse stap, juk die BTKners se voete behoorlik. ‘n Klein dansbaan, met lekker mense is ’n resep vir sukses, ondanks die vrot musiek en ’n mislike barlady. Dankie Mabru en Reuben vir al die reëlings.

Die aand kom skuins na middernag tot ’n end met meer as helfte van die groep wat tussen die sandhaaie baljaar.

Nag dames.

 

Dag 7: Terrash

Vandag is die laaste dag voor ons mekaar moet groet. Renske “Boesman” de la Bat kan vandag nie stil sit nie. As sy nie besig is om haaie met haar kaalhande te vang of om dooie walvisse vir klippe te misgis nie, terroriseer sy die arme Charl met ‘n reuse spinnekop.

Janneman en sy trawante sing luidkeels die sangbundel deur. Selfs na hulle stembande gaar gesing is, gaan hy sterk voort. Charl wen die terrash in Hermanus teen ‘n spoed van 1 minuut en 35 sekondes, met Hannes Myburgh kort op sy hakke.

Wilmarie en Daniel gaan vir die tweede keer maan toe. Maankaartjies is blykbaar volop deesdae. Gert groet ons, met Amerika wat hom roep en Hannes Myburgh doen sy laaste BTK backflip. Die maanwandelaars sal beslis gemis word.

En so is nog ’n toer verstreke. Geniet die vakansie en as die Here wil, sien ons mekaar gou weer.

Lewe lank, lewe lank, BTK!

 

Nuwe liedjies

Gretha-Mari van Rooyen, Francois van Wyk, Jacques de la Bat, Robin Reed, Suné Smith, Johannes Esterhuyzen en Pierre Jacobs

Ek lê my slaapsak neer
Vanaand vir die hoeveelste keer
Charl item alweer                                            x2

Ek het genoeg geslee
Ek het genoeg gegee
Ek het lankal terug probeer
Maar my sleeppille is op

Hey my sweeties
Hey my wyntjie
Jys my toevlug
Wil jou nooit laat lê nie
Jys my lied
Jys my wysie
Ons het ‘n tent wat ons nie mag deel nie
Ek het genoeg geslee
Ek het genoeg gegee
Ek het lankal terug probeer
Maar my sleeppille is op

 

Malan Bosman en Marteli Potgieter

Ek lê my handdoek neer
Vandag vir die tiende keer
Sien ek myself so gebrand
Dis seer en ek skaaf teen die sand

Ek staar na die bloed in my blasé
Ek kort pleisters en gase
Tone is al toe
Ek kort aftersun of hoe?
Geen meer sonblok, geen beheer                           x2

Hey my sweet
Hey my buisie
Ek het jou lief
Sal jou nooit verruil nie

Ek het genoeg gesmeer
Ek het genoeg probeer
Het geweet dit gaan gebeur
Maar nog steeds wou ek nie leer
Rooi soos ‘n tamatie
En almal kan aanskou
Daar was sonbrand op my vel
Toe vind ek jou

Ek smeer!
Ek smeer!
Geen meer sonbrand, geen verkleur.