Wintershoek 2019

Cederberge ( Wintershoek Berge): Junie 2019

‘n Skets van gebeure deur Dané Eloff.

 

Dag 1: Van Algeria af op…

Dis of die stad nog slaap op die eerste dag van tweede geleentheid, net die SS se ligte brand dofweg in die agtergrond, maar die BTK is sterk oppad.

Frederik Stoorman, kop klaarblyklik nog in die wolke, vergeet die kitaar amper in die kantoor.

Jannes soek na sy een tekkie wat aan sy sak vas was en kry díe toe buite Helderberg se koshuis en so vertrek die bus uiteindelik. Die toerlyste is uitgedeel en DeWet noem so onderlangs dat hy as stoker dit taamlik moeilik het – hy moet vir die Royal Family stook met beide Louw en Dané as net nog ‘n mond in sy groepie. Twee Monique’s is natuurlik in dieselfde groepie op Middagbroodjies en Micke kry die welbekende b-woord langs haar naam, al is sy op haar derde toer. Respek is wat die bestuur vir haar het… en ‘n sakkie met skottelgoedseep en -sponsies.

Chelaine, Dané, Luné en Leah kom met ‘n later kar weens onbelangrike redes soos herre en onderhoude.

Die bus stop by Algeria kampterrein, in sy diep laagte met hoë bome en berg wat soos mure uitstyg, heldergeel in die namiddaglug. Roosterbrood is ons middagete voor die stap begin en so soet en lieflik soos vakansie self, proe die broodjies in ons monde. Ordentlikheidspraatjie, ‘n bietjie frisbee en De Machtige Koning skop toe sommer die toer af. Die kitaar bly sowaar op die bus agter!

Die paadjie is duidelik gemerk en gou begin ons klim. Die berg voor is nie juis intimiderend nie, eintlik net uitnodigend. Daardie warm, vriendelike bergwindjie kom speel met ons hare en lok die gesels by ons monde uit. Dis lekker om weer te stap! Dit lyk amper asof ons op die maan stap – kaal klip en korterige bome (dis nou as dit is hoe dit op die maan lyk). Klein wit klippies en wit blommetjies merk die pad vir ons voete af.

Ons kampplek is op die plato van die eerste berg – die sogenaamde berghut is toe net ‘n bergskuiling – kompleet met strooi vir bed en ‘n baie klein venstertjie. In jou verbeelding kan jy die henne van Chicken Run sien nesmaak. So maak die meisies toe ook en skrop nes, terwyl die manne tente laat groei ‘n entjie verder aan.

Met die sonsondergang kom ons eerste voorsmakie van die Cederberg koue en laat ons baie gou na al ons warm klere gryp – behalwe Graham, wat sy liggaam probeer akklimatiseer en Elwin, wat glo dat sy bene al te dikvellig is vir koue en in sy kortbroek bly.

Aaitims:

– Louw staan op enonder toejuiging dra hyvir ons die geliefde Ballade vir ‘n Sterwende Bokvoor. Sy sterk gevoelens en hegte verbintenis met die gedig is met duidelike emosie vertolk.

– Hy bly toe sommer op die verhoog en Neil en Elwin sluit by hom aan vir ‘n Meraai/Lorenzo en Gatiep weergawe van Die kragopwekkertjie.

– Neil roep hierna vir Frederik en die twee, wat vanaand uitgevind het hulle albei was al van die gunsteling weergawes van hierdie aaitim, doen toe ‘n gggrote weergawe van Fgikkie en Sarel. *Jissie. Fgikkie het selfs begin om met homself te praat wat die gehoor groot plesier verskaf het.

– Louw en Ruan volgende as twee kompeterende boere, albei met ‘n hand op die boep, en een met ‘n blykbaar baie groot plaas, of stukkende bakkie.

– Luné, Van Zyl en Frederik doen ‘n merkwaardige kort weergawe van die Blou yskas – iemand wou duidelik die volgende dag al sien hoe ‘n paar uit die lug val.

– Daarna is Louw, Ruan en Neil weer op met hoenders wat verkoop word.

– Micke en Nina sluit die aand se aaitims af op ‘n hoë noot met ‘n ukele en bekorende stemme: “I can’t help falling in love with you…”

Hekels:

Louw wil by Ruan hoor wat hy bedoel het met, “Mens moet nie laat ander mense jou regte motiewe sien nie, dan lyk dit net sleg.”

Neil vra wat Louw bedoel het oor die foon op die bus, “Ek belowe ons het betaal, kan ons net stap.”

Daar volg toe ‘n vinnige nie-so-gerusstellende gesprek oor die Cederberge se administratiewe ‘ja’ vir ons om te stap, maar tussen Louw en sy span kan afgelei word dat daar darem definitief van ons bewus is en so.

Ruan wou ook by Louw hoor wat hy bedoel het toe hy oor die meisies hut gesê het, “Dit ruik soos ‘n broeines.”

Die laaste hekel gaan ook aan Louw, en Chelaine vra heel onskuldig wat hy bedoel het toe hy gesê het, “ek gaan ouens stuur om te kom help vir die agterste groep.”

Die koue steek haar vingers by ons nekke in en vinnig kies ons koers slaapsakke toe. ‘n Onvriendelike groepie wolke het in die hoek van die sterrelug bymekaar gekom.

 

Dag 2: Bo op die berge

Dit was vir party ‘n natslaap, en vir ander net ‘n tentlê. Soos dit oggend word, lê mens maar en wonder wanneer die wind die seil gaan gaps en of jy gaan hoor as die stokers sing.

Gelukkig is vandag se stap kort genoeg en wag ons vir die sonlig om ons by die tente uit te roep. 08:30 en ons zip oop! Kyk, in eksamens stap jy dan gewoonlik al na jou toets, ontbyt en ‘n swot sessie reeds in. Maar hier is ons enigste toets die nat stoukies buite die tent en die grootstse probleem of jou slaapsak gaan droog word voor jy inpak – wat ‘n voorreg!

Louw verduidelik ons moet die kampplek beter los as wat hy was – alle bome moet terug gebuig word na oorspronklike posisie en klippies na gate waaruit hulle gerol is.

Ons stap teen ‘n gemaklike pas en op redelike plat terrein – hoera vir die plato! Die son speel wegkruipertjie en ons soek hom tot by middagbroodjies. Ruan bou vir hom ‘n hamburger uit sy groepie se brood en vertoon trots dat dit basies gourmet is, maar ons wonder of dit nie meer aan gory grens nie.

‘n Bialetti of twee maak verskyning en Elwin bring ‘n plunger na vore. Na Drakensberge word daar op middagete ook gestook, vir sommer, ‘n bietjie hitte en die kaffein-afhanklikes (nie in daardie volgorde). Graham-die-waterdraer het sowaar 10L water vir groepie vier aangedra!

Ons stap en die son wen toe in wegkruipertjie want ons kon hom nie weer vind nie. Blykbaar laas gesien op ‘n paar foto’s padlangs geneem.

In ‘n laagte gaan ons staan en wag sodat Louw, Oan en Ruan kan gaan kyk of ons moet klim tot bo vir ‘n hut.

Michelle glimlag en sê ewe lief, “Dit moet net nie nou reën nie…” maar haar sin het nog nie ‘n punt gekry nie toe haar sussie, Lauren, dit kortknip.

“Dit reën.”

Die gras buig soos die wind oor dit jaag en in groepies gaan ons sit. Colene, Christie, Jacomi en Helette maak ‘n lang treintjie, maar dit is nie ‘n masseer-trein van ouds nie. Dis toe ‘n sit-upstasie, vir hitte. Tussen al hierdie meisies sit Van Zyl en glimlag breed. “As hoërskool-ek nou myself kon sien,” het sy gesig gesê.

‘n Bok in die veld besluit hy het die groep lank genoeg in sy habitat toegelaat, en maak vir Yvonne skrik om van hom te laat oor.

Ons kry die laatweet dat die hut bo is, en gou genoeg kom ons by die nekkie uit met baie oopte vir tente en nog ‘n hoendernessie-hut.

Ons maak aandete onder ‘n oorhangklip en almal bly knus sit, sodat aaitims net daar gebeur en die sterre saam met ons kyk.

Aatims:

– Louw en Dané open die aand met ‘n “Liefie, ek kort jou hulp met my legkaart…” Dinge het amuserend geraak toe Suzaan selfs van die gehoor af skree, “gee ‘n stoute tril!”

– Caroline is as ligtoring gekies met raserige seerowers Neil, Louw, Van Zyl en Frederik.

Toe is dit Troepe met Van Zyl, Frederik, Hendrik Geel van die Haak-Vrystaat span, Reinhard en Nico.

– Daarna was daar ‘n kopwinkel met Eugene, Ruan, Marguerite, Dané, Louw en Anli.

– Hendrik, Graham en Lourens is die wenners van kaartjies vir ‘n rollercoaster-rit en die drie verduidelik aan die groep hoe hulle ‘n veldtie sal vang.

Luné speel Gedroggie in ‘n jas en die deelnemers is Leah, Louw, Neil en Eugene.

Ons bly in die warm nessie sit en wil nie meer opstaan om te aaitim nie.

Hekels:

– Dané wil by Ruan weer wat hy bedoel het met sy woorde vir Elwin, “ek voel so confident as jy by my stap.”

– Vir Jakobus is daar gevra wat hy bedoel het met, “Louw is ‘n sagte man.”

– Iemand vra vir Dewet wat hy gedink het met sy woorde, “Ek voel amazing as ek die walkie-talkie aansit.”

– Weer vir Jakobus word daar gevra waarom hy gesê het, “Iemand kan aan my been vat, dit moet net nie ‘n meisie wees nie.” Sy antwoord was een wat al die meisies laat aaah het: “Net my trouvrou mag.”

Louw wou by Luné hoor wat sy bedoel het met, “Jig ek het karamel op vreemde plekke.”

En daarmee gaan soek ons die troos van hitte in ons tente, of by ons tentmaats, afhangend van hoe sterk jou tentmaat oor persoonlike spasie voel.

 

Dag 3: Steeds bo!

Ons word wakker met ys op ons tente! Elwin se hele survival bag is ‘n iglo vir die goed daarbinne, ons lag met wasems in die lug en Van Zyl plak sy tekkies met duct tape. Die koue sorg vir avontuur op sy eie. Chelaine sê wel, “As ek enigsins, óóit, dink daaraan om Kilomanjaro of Everest te doen, asseblief herinner my aan vanogged en sê ek moenie.”

Neil lag terwyl daar gestook word vir koffie. “My slaapsak is ‘n linker-ene en Caroline s’n ‘n reger-ene… ek het dit baie sterk oorweeg om by haar tent te gaan inklim.” Suzaan, wat redelik sterk daardeur beïnvloed sou word as tentmaat, het amper spyt geklink – “kyk ek sou enige ander aand nee sê, maar gisteraand…!”

Die son skyn wel baie geesdriftig en gou genoeg val ons in die pad. Orals hou die interessante klipformasies ons geselskap – elkeen kompleet besig om sy eie storie te vertel. By nog ‘n lang bult gaan ons op en Colene sê dit lyk asof iemand ‘n handvol klippe oor die aarde gestrooi het.

Aan die bo-punt wag ‘n groot klip en game-break. Louw maak skiet oop en die dames het min plek om weg te hardloop! Neil skiet met blydskap vir Caroline totdat hy besef dit is WRAAK-aand. Ons neem foto’s vir ons ma’s en sosiale media-profiele. Kyk, dis rof hier maar op die foto’s lyk ons darem steeds mooi – oom Piet se kamera kliek geduldig.

Net voor ons stap, haal Nina haar ukele uit en begin sing saam met die spelerige wind, en vinnig vorm ons ‘n groepie om haar.

Om Sneeukop stap ons, en hou middagbroodjies aan die ander kant van die berg – skaars leeg na gamebreak maar sit sal ons sit en die son sal ons geniet. Colene, Nina, Estelle, Zanli en Johan speel frisbee, die Uitkyk kring laat van hom hoor, die koffiegereedskap word benut en Frederick en Nina sing totdat Louw roep om te stap.

Ons kampplek is op ‘n krans met ‘n uitsig ver by die berge in. Ons slaan tente op om te kan kyk solank ons kan…

Sommiges vat die kans en benut die tyd om die wêreld ‘n bietjie verder te leer ken. “Ons is mos nou hier,” het dit van Louw gekom.

Irmilee, Annemieke, Luné, tannie Mariet, Caroline en Sue gryp die geleentheid vir bad in die poele.

Die kos proe feestelik en warm op die tong, maar die sonsak is ‘n ware fees vir die oog. Ons sit woordloos en kyk hoe sy strale fyn oranje kant lyne in ‘n laaste koebaai trek. Toe is dit net bergtoppe in pienk stiltes gelos, verslae van die son se manjefieke uitgang.

Doen die Maker dit elke dag, al sien niemand nie?

Dit is WRAAK-aand, en die ou toeriste maak gereed vir die soetheid…

Konsert:

Daar word ‘n BTKanaal voorgestel, blykaar met ouertoesig nodig.

Troue word in die Cederberge gehou, en terwyl ‘n paar manne ‘n veldtie vang, word die uitnodigings bespreek.

Gregor, die enigste buitelander op die toer, laat die gehoor in handeklap uitbreek toe hy ons met ‘n solo uit die boonste rakke verras.

Met die liedjies gaan dit maar beroerd en die bestuur word na vore geroep om met die wysie en die woorde… én die note te help.

Toe WRAAK aanbreek, is dit ysig koud en onderlangse mompel het dit dat Drakensberge nie hiermee kompeteer nie…

Aaitims:

– Die lippie-ding: Oan en Isabel maak amper die gehoor ongemaklik, maar het ‘n slinkse manier gevind om die ou aaitem bietjie woema te gee.

Nico, Louw en Dané – ja nee… Dis al wat ek sê.

– Frederik verskyn met ‘n alleen-aaitim uit sy jare as Recce: blykbaar was dit rof by die grens, en hy maak basies nou nog sy broek met ‘n geelslang vas.

– Hy spoor toe vir Van Zyl aan en díe verskyn met solo-aaitim vanuit Holland met die wonderlijke storie van Jan.

– Nina en Frederik volgende aan die beurt met Gatiep en Lorraine, wat sit en I spy speel.

– Hendrik, Graham, Annemieke en Louw stel die jagkuns van ‘n statikus voor en onder die gehoor het daar ‘n paar aannames oor die punchline ontstaan

– Louw en Annemieke bly op en Graham, as papagaai, sluit by hulle aan. In hierdie troeteldierwinkel praat die papagaai veels te maklik en met ‘n “Tannie, djy wiet mos,” is hulle van die verhoog af.

Gebaseer op ‘n ware verhaal, Wie het op my paradegras gedinges, is toe volgende deur Louw, Neil, Elwin, Van Zyl en Nico gedoen. Die paradegras wat rondskuif was moontlik bygelas en nie deel van die ware storie nie.

– Hans en Mans volgende deur Elwin-met-kortbroek en Frederik, broer van die sussie van die oorspronklike weergawe. Mens kan die Magdaleen-afdeling in sy stem identifiseer in hierdie aaitim.

– Frederik en Neil doen Mario en Luigi, met ‘n vriend wat by hulle op die water aansluit, Alfredo (Louw). Maria, vrou van Mario, blyk om bietjie te goed met tydsbesteding te wees.

Hekels:

Daar is aan Louw gevra wat hy bedoel het met, “Jis, Ruan, maar jy is troumateriaal.”

 

Dag 4: Krans tot Kampterrein (Sanddrif)

Selfs die sonsopkoms is iets om te beleef. Die lug maak ons in sagte pers wakker, en bly in pastel glimlag regdeur ontbyt.

Die BTK, of Louw, besluit dat Nico verjaar en kringetjie word daar gemaak. Soos wat die manne sing en vir Nico in die lug gooi, wonder mens hoe lekker Nico nou eintlik verjaar.

Dis ‘n langer dag se stap wat voorlê, maar dit is af Sanddrif toe, en ons loop met ‘n vinnige pas. Langs die pad vind ons ys in die paadjie, en Estelle loop met ‘n stukkie rond. Miskien ‘n aandenking vir haar plantjie rakkie in die koshuis. Daniël sien poele op die klip, en vir ‘n oomblik dink ons dis sneeu. Genoeg om enige Vrystater se hart vinniger te laat klop, los hy sy sak en hardloop reguit af om te gaan kyk.

Ruan trek van die pad af om ‘n video met sy foon te neem van die mense wat stap en verloor sy voorste posisie, en na ‘n rukkie gamebreak ons in die laaste skaduwee.

Lourens wil by Jakobus hoor waar presies Sanddrif is, en Jakobus wys in die rigting van ‘n berg. “Daar.” Die Monique’s lag vir Lourens se dankbaarheid – hy weet nou min of meer presies dis óf op, aan die voet, in die middel, of agter die berg.

Knus in ‘n groepie sit Elsara, Lané en Danielle om hitte te hou, waar is die hoendernessie-hut van die vorige aand nou?

Frederik hou ‘n pak peanuts en raisins op. Hy wil net weet wie het hulle pap in die kamp vergeet.

Ons stap aan en klap amper hande vir die son wat uitkom. Af en af begin die paadjie sak…

By die volgende breek, word klippe in sakke gepak. Onder andere loop Micke deur, en Eugene – wie se sak, bygesê, reeds 30kg+ weeg. Weereens word die ukelele uitgehaal en die dames sing. Tussen Nina, Lize, Micke, Annemieke, Luné, (sit jou eie ensovoorts in) begin mens wonder of daar ‘n korrelasie is tussen BTK-dames en sangtalent. (Sluit nie noodwendig die ouer damestoeriste in nie.)

Verder stap ons, en die voorstes stop hierdie keer nie. By die berg is ons af, maar middagbroodjies en die kampplek bly van ons af wegbly. Daar is nou spasies in die stapgroep – voor draf Louw en ‘n span, in die middel is die Smit-gesin, en ver kom die slotte aan. Vir ‘n bietie spangees begin die radiodraers toe musiek maak vir mekaar en die’s om hulle. Louw, van Zyl en Frederik kyk watter gewilde Afrikaanse of Disney-musiek die motiverendste kan wees, en so stap ons met ons eie Cederberg-fm die langpad aan. Rista vertel dat Van Zyl ‘n onvergeetlike Fabulous vertoning gelewer het – hy sou Ashley Tisdale kompetisie kon gee, as Ingenieurswese nie vir hom uitwerk nie.

Uiteindelik stop ons vir middagbroodjies, die kampplek te ver weg om nog te stap, maar naby genoeg dat ons nie moed verloor nie. Elsara besluit dit is tyd vir ‘n bietjie adrenalien – damesskiet word oopgemaak. Lyk my Elwin het die dames been-af, want beide Micke en Gita hardloop vir hom, en Gita koop toe ‘n hele stuk aarde en stof in die proses. Gelukkig stem Elwin toe in vir ‘n dubbel slee en alle betrokke partye wen.

Die laaste deel van die stap daag heel onverwags op – lang klippe verrys soos standbeelde in die stowwerige laatmiddagson en ‘n bordjie kondig aan: Valley of the red gods. Iewers klink ‘n yeeehaaa op.

Sanddrif! Interessant hoe verligting verskillend uitgebeeld word: Party is sommer driftig en plak op die gras neer, skoene uit en sonbad. Ander gryp na ‘n frisbee. En iemand kry ‘n her.

Daniël van der Merwe kom sluit aan by ons met Janneman se kitaar, en Suzaan en Chelaine verlaat ons vir werk en familieverpligtinge.

Na kampopslaan, is die Maalgat natuurlik benut. Ruan, Monique 1, Micke, Nina, Daniël, Louw, Herman, Yvonne, Christie, Van Zyl, Luné, Danielle, Alanah, Lisa, Neil, Nico, Johannes, Jacobus, Oom Piet, Jana, Lauren, Michelle, Marquerite en De Wet het almal kans gesien. Van ‘n lang dag, kom hoog spring makliker. Mens val so vinnig, jou lamheid van die stap bly op die klip agter… en jou rasionaliteit. Die water is koud genoeg om jou nageslagte verkoue te gee, maar alles anders aan jou word warm. Dis lekker om ‘n mens te wees!

En dis nog lekkerder om ‘n mens te wees as jy na soveel plesier warm kan stort. Sanddrif se badkamers is sekerlik nog nooit so behoorlik benut nie, en skoon loop die BTK’ners daar uit – amper onherkenbaar. Daar was die paar wat wel koud gestort het – maar hulle noem ek nie op nie, vir nou is hierdie prentjie van mooi menswees genoeg.

Mak kwikstertjies loop tussen ons rond en bedel vir stukkies aandag of kos, en met die laaste sonlig gaan vang Lané, Zanli en Gita die bome se refleksie in die water.

‘n Paar besoekers van die Maan kom wys gesig:

Janneman daag op na werk vir die naweek, seker op soek na waar sy kitaar heen verdwyn het.

Met aaitims kom ‘n ander kamper en oud BTK’ner aansluit, Linda Zietsman van bestuur 2015.

Aaitims:

In verslag aan die skets (toe in die tent met ‘n post-kaas maag en gestel), het ‘n paar hoogtepunte vir die aand ingesluit:

Die Jills – moontlik nie noodwendig oor die humor nie, maar meer in die rigting van hoe lank dit was. En dat big daddy en baby daddy ook ingeval het – Janneman en Van Zyl.

– Linda Zietsman, Micke, Danielle, Monique en Marquerite was die Jills.

– Oom Piet het ‘n groep eerste toeriste “We are marching to Pretoria” laat opsê met ‘n suksesvolle sessie as koor-dirigent.

Twee suckers op ‘n stokkie, deur Hendrik, Jannes, Louw-die-verkoper-van-vreemde-geure, Annemicke, Irmilee-die-dogtertjie-opsoek-na-aarbei-roomys en Ruan.

Micke en Lize het weer verskyn as Rooikappie en Lara Crawford, laat vir ‘n BTK-toer en die uitvinding van die BTKommunikasie.

Oan en Van Zyl wat amper verongeluk a.g.v. Louw se groot vis-stories. Blykbaar het hy iewers ‘n vis met ‘n kollosale groot oog ook uitgetrek.

Neil met ‘n nuwe aaitim oor die bottel wyn in die berg gevind. Die diere in sy verhaal Micke, Ruan, Graham en Johan, het almal een sluk teveel gehad en hasie was skoon omgekrap die volgende oggend oor haar sogenaamde vegvermoëns.

Oor en uit.

Dag 5: Dagstappie by Wolfbergskeure op.

Ons word wakker en dit is yskoud. Ek sê vir jou, ys. Elwin tel sy kortbroek op: twee-dimensioneel plat is dit gevries. Hy gooi hom en die broek slaag sy toets vir ‘n frisbee.

Colene se slaapsak en Monique 2 se hare het beide ys op.

Die stokers stook vir warm water en koffie, en die groepie om die vuur raak by die oomblik groter soos wat die slaapwandelaars aansluit.

Micke, Marali, Anli, Graham, Ruan, Jacomi, Colene en Elwin maak ‘n kringetjie met die op-en-af tegniek vir wrywing en hitte, terwyl ritme deur Graham min of meer in die vorm van beatbox verskaf word.

Louw laat ons vir die son wag voor die stap begin, en Elwin se broek ontdooi genoeg dat hy maar daarmee kan stap. Vandag besluit die Makkepan dat Leah verjaar en sing word daar gesing. En gegooi ook. Die wangsoen-tradisie is vir eers opsy geskuif.

Oppad op, kies Nina kortpad maar moes gou genoeg in haar spore draai toe sy amper ‘n been in besering oop kap. Luné-die-dokter kon gou genoeg inspring om te help. Dankie aan Tygerberg vir sy ondersteuning en studente (so af en toe).

Die pad skeure toe gaan vinnig, en met ‘n steil klim raak die uitsig al hoe mooier. Op ‘n prominente klip word vir foto’s gestop en verder styg ons.

Oan en Isabel, met toerusting wat intimiderend vir ons gewone stappers lyk, het besluit om die rotsklim afdeling te adverteer teen die klippe op, en wen moontlik ‘n paar nuwe lede.

Die skeure sluk mens met ‘n glimlag in, en vou jou met groot klip-arms toe. Nou gangetjies en groot ooptes van klip los jou in vreemde verwondering. Die son loer deur van die gate en nooi mens om verder en dieper in te gaan verken.

Luné vertel: “dit is soos ‘n cha-cha, jy stap so: linkerboud, regterboud, die skeure in.”

Janneman maak van die geleentheid gebruik om in ‘n gat te gaan sit en onbewuste, onskuldige meisies soos Lané van skrik te laat hik.

Middagbroodjies word sommer binne die skeure gedoen, rug-teen-rug. Ons ken mos nou al van styf sit – vir die koue was dit ‘n moet, so waarom vandag van die gewoonte afwyk?

Steeds binne die skeure vorm ons ‘n kring en spontaan is “how great is our God” begin sing. In aanbidding het ons aanhou sing, en die woorde het die klip-gate gevul. Die Bybel praat van klippe wat sal uitroep, maar vandag het ons ‘n kans gebruik om ook Sy grootheid hardop te loof. Wat ‘n voorreg! Vir ‘n ruk het ons in stilte gestaan, en Louw het afgesluit met gebed.

Bo by die skeure gaan ons nie uitklim nie, en daar word weer stadig afgestap. Die slotte het wel hul kans benut om gou bo uit te klouter.

Estelle en Reinhard besluit om af te hardloop ten spyte van gesonde verstand en Van Zyl, Jakobus en Janneman kyk of hulle die frisbee ‘n drastiese afstand teen die berg af kan laat bereik.

Die paadje laat mens toe om stadig genoeg af te gaan dat jy steeds die uitsig kan geniet, terwyl jy verniet na die vermaak van Nina en Micke se Europese aksente kan luister.

Terug by die kampterrein, skiet daar weer ‘n groep Maalgat toe: Louw, Nico, Ruan, Janneman, Van Zyl, Jakobus, Luné, Michelle, Elwin, Jannes, oom Piet, tannie Mariet en Lourens. Marguerite-met-blase en Dané-met-maag kom op hulle beurt weer terug van ‘n swemsessie af, na ‘n rusdag onder.

Op die gras, ongesteurd deur die klomp haastiges oppad poele toe, sit Anli, Eugene, Reinhard, Gregor, Estelle en Daniël-die-obserweerder, en speel Monopoly se kaartspeletjie.

Helette, Colene, Lisa, Christie en Yvonne gaan soek vir bietjie hitte in hulle slaapsakke en lê in ‘n bondel terwyl dit donker raak.

Ons het aandete net ingeskep, toe daag Oan en Isabel op, toe eers terug na ‘n dag se klim.

Na ete bly ons in groepies sit en sing, eintlik in kompetisie teen mekaar om te kyk watter sangbundel beter benut kan word. Dit of, ons probeer onsself net besig hou om nie te haastig vir beertjiepoeding te raak nie.

Aaitims:

– Louw, Ruan, Nico, Jannes, Irmilee, Johannes, Eugene, Annemieke en Elwin het elkeen op ‘n brug aangemeld met ‘n drastiese rede om te spring. Net een het agtergebly.

– Louw, Ruan, Van Zyl en Elwin doen Broekies, met voorsorg getref.

– Janneman, Van Zyl en Jakobus laat die gehoor sidder met die opblaas van ‘n longdrop.

– Mieke en Anli is volgende aan die beurt met nuwe betekenis aan die woorde “Seep en Water”

– Van Zyl bied ‘n kompetisie aan: wie sal die Marie-beskuitjie die vinnigste eet? Kandidate is Hendrik-van-die-Vrystaat, Nico en Graham (wat min of meer as wenner uitgetree het). Die twee verloorders wat moontlik voor die kompetisie gekies is, is geblou-yskas dat die tente vibreer.

– Oan en Isabel kom vorentoe om hulle maande saam te vier – en sing vir ons hulle koshuis-skakel liedjie, waarmee hulle ontmoet het. Wat ‘n opregte oomblik, slapende toeriste het selfs regop gaan sit en ‘n groot handeklap van die gehoor is gegee.

– Nina, heel geinspireerd, met kitaar en al is die verhoog op. Met ‘n skaam kuggie en verskoning het sy die liedjie van die Visarend aan haar oupa opgedra en die gehoor behoorlik uitgevang.

– Nico en Hendrik is volgende op as twee boere wat gaan visvang en deel ‘n bietjie raad uit.

– Elwin en Micke kom sit om te begin rugby kyk en Micke kry so koud, koud, koud, koud.

– Micke en Lize is toe aan die beurt en speel weer die twee dames op ‘n BTK-toer.

– Louw verskyn op die verhoog en roep onwillige kandidate vir sy human table. Elwin, Van Zyl, Janneman en Gregor moes toe maar as tafel optree en buig of bars, toertjies is aangepak. Lank het die tafel ongelukkig nie gehou nie.

– Die aand eindig af met geliefde Kaptein, vir die bittereinders. Louw, Van Zyl, Janneman, Ruan en Elwin was bemanning en behalwe vir Van Zyl se lagbui, is die aaitim toe ook suk-k-k-k-k-sesvol en k-k-k-klaar.

Hekels:

– Elsara wil by Louw weet wat sy bedoeling is met “Rista is ‘n chihuahua.”

– Vir Nico is gevra wat hy bedoel het met “Ek moet die kinders gaan aflaai.”

Sy antwoord is kommerwekkend van aard, “Soos wat hulle ouer word’, sê hy, “wil mens hulle maar aflaai vir rus en vrede.”

– Vir Louw word daar weer gevra wat hy bedoel het met, “Elsara, hou jou sleedate besig.”

Hy reken dat Graham so hard langs hom snork, sy moes duidelik iets verkeerd gedoen het.

Iemand wil by Lauren haar bedoeling hoor oor, “Dit sal vir my moeilik wees om ‘n man lief te hê met ‘n weird van.” Bygesê, sy is wel Lauren Husskison.

– Hendrik word gevra oor sy stelling, “Jakobus lyk baie goed as hy frisbee gooi.”

– En Jannes wil by Luné hoor wat sy bedoel het met, “Ek hou nie van kinders nie, ek hou van siek kinders.”

Dag 6: Terug Stellenbosch toe

Ons word weer met ys wakker. Hierdie keer het ons nie klere buite gelos vir moontlike frisbee opsies nie, en vind ons net gras wat in silinders van ys toegedraai is. Dit lyk kompleet soos iets uit die yspaleis in Frozen.

In groepies probeer ons weer warm raak en Christie, Lisa en Helette jaag mekaar rond vir ekstra hitte. Hendrik laat vir Van Zyl ploegwerk doen met ‘n behoorlike blou yskas en op sy beurt wil Van Zyl wraak op Jakobus neem, maar geen yskas kom uit die lug te voorskyn nie.

Ons vorm ‘n lang ry om te chicken parade vir vullis en Ruan hardloop voor die hele ry verby, die selfaangestelde afsitter vir die parade. Lyk my hierdie paradegras word skoon gelos.

Die volgende afsit is vir gentleman’s challenge en die manne wys wat oor is binne hulle. Mens sou nie kon sê dis hul laaste bietjie krag nie, want hierdie lyk nie na laaste, of bietjie, nie. Van Zyl draf die wenposisie in en stap met nog ‘n burger van Spur weg.

Ruan, Elwin en Dewet kom agterna met drie sakke elk, en rig ‘n onuitgesproke vraag – wie is dan die ware gentlemen?

Ons los die Cederberge met ‘n foto by die Sanddrif bruggie – waar die bome se refleksie op die water, en die sand blink van ys, nog altyd soos ‘n prentjie uit ‘n ander wêreld lyk.

Ter afsluiting: Graham tree as wenner van die burger-challenge uit, en ons almal as wenners van nog goue, goeie herinneringe.

“Lewe lank, lewe lank, BTK!”