Gifberge 2019

Gifberge 2019

‘n Skets van gebeure deur Danielle Kok.

Dag 1: 

Dit is 6uur Saturdag oggend, toetsweek staan nog op die Ingenieurs en B-Rek studente se voorkop geskryf, maar BTK is reg vir stap. Dit is ‘n laaang busrit oppad Gifberge toe, ‘n goeie tyd om so paar nuwe gesigte te leer ken en op te vang met die wat jy lanklaas gesien het. 

Toe ons naby kom sodat ons die berg mooi bekyk van onder, het Freddie, die busdrywer, ons gerus gestel dat dit slegs 38˚C buite is – glad nie warm nie, of hoe? In dieselfde sin het hy die aansoeke oop gemaak vir wie belang sou stel om die week saam hom langs die swembad te spandeer. Jakobus het ‘n rukkie gedink, en byna ‘n aansoek vorm in gevul. Freddie het ons almal verbaas met sy bus ry vermoë en het in ‘n hoë rat ons tot boop die berg gery. Dankbaarheid was in almal se hart want bult op klim klink glad nie aanloklik in hierdie hitte nie.  

Net daar op die randjie van‘n boer se plaas het die bus ons agter gelaat en ons het begin skarrel om seker te maak ons het sonroom en ‘n hoed aan. Dit was nie lank nie en Louw skree “STAP NOU” en daar het ons in ‘n tweespoor paadjie ons staproete begin. Dit was asemrowend mooi en beslis ‘n prentjie om te sien. Die tee plantasies het reguit lyne langs die pad gevorm en klein veldblommetjies het elke nou en dan kop uit gesteek. Die hitte aan die ander kant was minder aangenaam en mens het gedurig uit iemand se mond gehoor, “dis warm” of “ek sweet”. Daar was darm ook gereeld dankbaarheid betoon aan die ligte berg windjie wat gewaai het. 

n Groot plat klip langs die pad is ons stop vir middagbroodjies. Die uitsig is merkwaardig met kasteel klippe wat strek oor die horison en veldblommetjes wat spikkels kleur tussen die vaal klip voorbring. Ruan, as Wraakkaptein, het die geleentheid gebruik en paar mense by mekaar gekry. Anja was die gelukkige wenner en is eerste uit gekyk. Michael het die geleentheid aan gegryp om slaap in te haal, en hy het homself gemaklik gemaak op ‘n klip. Na middagbroodjies was dit ordentlikheids praatjie en daarna tyd vir De Magtige Koning.  

Ons val weer in die pad, die uitsig en goeie geselskap maak die hitte draagbaar en al is dit warm, is dit ‘n voorreg om te kan stap. Water is net so skaars soos bome en dit veroorsaak dat die hitte 10 keer erger voel. Almal het die lou-warm water in hulle bottels af gesluk, en nie lank nie, toe is die tasse sommer heelwat ligter en leë bottels water is al wat oorbly. Die dors is vir party so groot, met party word bedoel Hanno, dat hy maar SKAAPWATER drink. 

Almal wag vir game-break, maar weet eintlik dat daar nie meer water is nie en game nie regtig jou dors les in poeier vorm nie. Uiteidelik stop Louw by die Boer wat vir ons inwag. Hier word goeie nuus aan die groep gebreek, ons gaan nou af rivier toe! Jandré en Suzaan, met hulp van Oom Piet, maak gebruik van die geleentheid om vir Louw te oorreed dat ons vanaand sommer net hier onder by die rivier moet kamp. Laubscher,Sakkie en Kobus sluit by ons aan.  

Soos ons deur die bosse vleg kom ons uiteindelik by die rivier wat met goue glans blink soos die son nog daarop skyn. Nie lank nie en almal vind ‘n plekkie in die water en gou is die dag se hitte en sweet vergete. Louw kondig sommer terwyl almal in die poelle swem aan dat dameskamp voor die wit huise gaan wees en manskamp agter. Mart-Marie vra toe volgens Louw die “dom” vraag van watse kant nou eintlik die voorkant van die huise is?  

So stuk-stuk het die BTKners wat vir eers genoeg gehad het van die water terug gekeer huisie toe om nes te skrop vir vanaand. 6 uur begin die stokers stook en die kokke kry solank aandete by mekaar. Almal waardeer vir eens weer die buitelig, die sterre, goeie geselskap asook die geluid wat net ‘n BTK stofie kan maak. Na aandete gryp Jandré die kitaar en kort voor lank kom ons tot die “conclusion” dat hierdie ‘n musiekale toer is.  

Louw is gehuimsinnig en almal maak reg vir Bondel slee. Agter die huisie is waar ons mekaar ontmoet en Stap Nou’ was wat ons hoor. Met slegs die maanlig en skitterende sterre as lig stap ons na die slee toe. By die slee area brand ‘n stuk stomp wat Louw gebruik om ‘n vuur in ‘n halwe drom aan die brand steek. Eerste toeriste bewonder die BTK tradisies en ou toeriste dink by hulsef dat slee vir die res van die toer maar heel ‘average’ gaan wees na hierdie.  

AAITEMS: 

Louw open AAITEMS met ‘n gedig so na aan sy hart – ‘n belade vir ‘n sterwende bok. 

Louw bly sommer voor en Anne kom help hom met “Mr and Mrs Wong” 

Kobus tel gewig op vir die volgende aaitem “Faster mommy Faster” 

Daarna is Johan, Louw, Hanno, Jané, Kobus, en Adrain op die verhoog saam met Gerben en Wian as “Two suckers on a stick” 

Die eerste toesiste ouens naamlik; Wian, Gerben, Schalk, Tertius en Detlef wys vir die gehoor hoe om ‘n veltie te vang. 

Hanno en Johan gaan op die verhoog om ‘n monstertjie te spoeg. Daarna volg Ruan, Louw en Kobus met die goue toilet! 

Hanno bly op die verhoog en Kobus kom vergesel hom by die Hakkelskool. 

Johan, Toto, Anja, Mart-Marie, Laubscher en Lea gooi Klippies in die water. Daarma is dit Hanno en Louw met 38 – 39. 

Tertius doen vir ons ‘n solo optrede, HAAI HAAI. 

Nina kom sluit aaitems af met ‘n Sang item naamlik “Suiderkruis” 

HEKELS: 

Die eerste hekel van die toer gaan aan Jané. Mart-Marie wil graag weet wat sy bedoel het met die woorde; “Ek is nie JAM-able nie” 

Jandré wil graag by Elrie hoor wat sy bedoel het toe sy gesê het; “Ek raak net meer skeef” 

Chelaine wil by Louw weet wat hy bedoel het met “If high-school me could see me now” Louw se antwoord op hierdie vraag, stel ons bekend aan Hanno se 1x1m seil en so ontstaan die volgende hekel. Oom Piet wil graag by Hanno weet wat hy maak met ‘n 1x1m seil. 

Die volgende hekel gaan aan Diena. Toto wil graag weet wat het sy bedoel toe sy gesê het; “ek wil vir Jandré skets op ‘n klip” 

So eindig ‘n besonderse eerste aand op die Gifberge. 

‘n Klipharde slee behoort aan die dames! 

Dag 2: 

Dit is ‘n besonderse mooi eerste oggend op die berge. Die gedruis van die rivier is agtergrond musiek in die vroeë oggend ure voor die stokers sing en die son ons vriendelik kom groet. Nog ‘n dag le voor en die stil klanke vannuit die natuur is wat ons harte opgewonde maak vir wat voorle vandag. 

Die eerste toeriste word sommer gou aan die BTK tradisies voor gestel want vandag is Suzaan se verjaarsdag. Margariet en Johan verduidelik skiet en daarna is De Wet as slot aangewys en hy kies vir Nina as sy sleutel.   

Ons durf die kronkelpadjie langs die rivier aan wat ons lei tot poelle en klip-kastele wat ons dag inkleur. Dit is beslis nie so warm soos gister nie, maar daar is hierdie, soos Kobus sê, haardroeër windjie wat heeltyd waai. Elke nou en dan word iemand nat gegooi of amper in die water gestamp en met waterbottels as amenusie het die geveg gou begin. Sommer in die stap maak Louw vir oulaas ‘n groepie wat agter hom loop nat, Johan dink genoeg is genoeg en stamp vir Louw met skoene en al in die water.    

Dit is tyd vir game-break op ‘n rots langs die rivier. Almal gaan sit gemaklik en hulle gedagtes vedwaal saam met die druppels water wat in die stroom afloop en in die rotspoele vergader. Dit is Tertius se beurt om uit gekyk te word en die ander toeriste maak gebruik van die geleentheid om die hele uitkyk kringetjie pap nat te gooi. Die kringetjie verdaag met water wat vanaf hulle minder-vriendlike gesigte afdrup.  

Die rivier wat hardloop al langs die pad maak musiek soos die druppels sing wat by die klippe afrol. Die klanke van vriendelike geselskap en skaterlag heers in die omtrek. Die blommetjies langs die pad maak seker dat almal elke nou en dan stilstaan en die natuurskoon inneem. Wat ‘n tyd om leef! 

Die volgende stop by die klein Afrika in die berg is die perfekte foto geleentheid vir party. Daar is nie op hulle laat wag nie en tot in die holte word daar geklim. Die res van die pad is al langs die boer se tee plantasies met groen-grys heuwels in die agtergrond. Die eerste stukkie opdrand breek aan. Dis nie uitputtend nie maar eintlik ‘n uitnodiging na die skeur in die berg wat nuwe demensies van die Gifberge inhou. Ons kan nie help om stil te word om God te verheerlik vir Sy handewerk nie. Hoendervleis is wat elkeen op sy lyf voel terwyl ons Hom loof en prys. Johan, Margariet en Elrie vat voor met hulle koorstemme en dit weergalm teen die klippe.   

Ons stap verder tot by die afgrond waar die haardroeër windjie nie koeller nie, maar wel sterker waai. Die lig is duinserig en ons kan net dink hoe die pragtige uitsig sou lyk as ons dit kon sien. Dit keer ons nie om op ons maag by die afgrond te lê en ‘n sterk wind wat opwaai teen die berg in ons gesigte te voel nie. Dit voel sowaar of jy vlieg en jou hare is beslis meer deurmekaar soos jy daar opstaan.  

Ons stap af in ‘n skeur waar ons middagbroodjies geniet en ook tydelik van die hitte ontsnap. Dis werklik ‘n besonderse roete bo-op die berg terug oppad kamp toe. Ons bereik water poelle en niemand dink eers twee keer voor hulle inklim nie. Dit was net Michael en Laubscher wat op die kant gesit en kyk het. Lulu en Nina wou nog stap toe hulle voet gly en ‘n growwe klip ‘n onpraktiese glyplank word tot in ‘n poel. 

Die pad terug kamp toe het vinnig gegaan en meeste het nog die laaste bietjie sonstrale benut en vir oulaas in die rivier geswem. Terug by die kamp en dis uiteindelik weer Wian se beurt om uit gekyk te word. Hoe se hulle, Third time Lucky! Wian het met ‘n frons en ‘n glimlag op sy gesig baie deurmekaar die kringetjie verlaat.  

Hanno besluit dis die regte tyd om brood te bak en hy roep vir Diena nader wat die meel en ander bestandele die berg moes opdra. Hy steek vir Christie en Danielle aan die werk om die brood te bak, en Elrie sit hand by om die oond aan te sit. Hanno toets sy eie oond wat hy en Nico met potte, klippe en sulke dinge buite gebou het. ‘n Baie suksesvolle broodjie het uit beide oonde gekom en elkeen kon ‘n klein happie daarvan geniet.  

Na aandete is daar weereens gestap na ons slee. Hierdie keer met 2 vure en selfs musiek in die agtergrond. Ons kon onself net nie keer nie en ons skoene was uit geskop en daar was gesokkie. 3 liedjies later en wraak konsert begin. 

WRAAK konsert: 

Die eerste toeriste AAITEM is ‘n roete saam met Jan van Riebeek opsoek na die BTK. Saam met hom op reis is Dora the Explorer en haar potlood. Langs die pad ontmoet hulle verskeie karakters naamlik, Dori, ‘n Gym instructor, Gandelf, ‘n Donkey wat ‘n Stallion word, Heidvan Kaptein nie van die berge nie, Kaptein, Astronot Goldi locks, Jaws, Sandvis, ‘n Blinde persoon, Patricia Lewis, ‘n Dowe mens tolk, Fritz, asook EK IS, met Anja wat die storie vertel.  

Die eerste toeriste het uit volle bors de Magtige Koning probeer sing met Louw en Laubscher wat agter hulle staan en net-net van ritme af sing. Dit eerste toeriste het net daar en dan alles vergeet wat hulle geoefen het, ritme, note en sommer woorde ook.  

Daarna was die eerste toeriste verwelkom by die BTK. Ons het sing De magtige Koning en dit was net daar en dan waar Mart-Marie ‘n stuk grond agter ‘n klip gekoop het. Toe was dit tyd vir die soetheid.  

AAITEMS: 

Die eerste aaitem van die aand het agtergrond musiek en daar is ‘n geveg tussen seerowers, Sakkie, Kobus, Hanno, Gerben, Louw, Laubscher. Monique is gekies as ligtoring en na dramatiese musiek geveg bly Sakkie, Hanno, Louw en Johan agter om die ligtoring aan te skakel. 

Lize vertel ons meer van haar ervaring in matriek met ‘n Opera stuk. 

‘n Groot groep insluitend, Kobus, Nina, Toto, Pieter, Jané, Jandré, Gerben, Louise, Ruan, Nicholas en Hanno wys vir ons dat ‘many hands make light work’ 

Daarna gaan Nico, Pieter, Louw, Jandré, Chelaine, Hanno op die verhoog om sokkies te koop. – GROSS 

Kobus kom ‘PA-RAM-PAM-PAM” op die verhoog as Jan met Wonderlik. 

Dag 2 se aaitems word af gesluit met Nico, Gerben, Adrian, Dedlef, Laubscher, Louw, Johan en Jacolene met ‘n troepe aaitem. 

HEKELS: 

Toto wil graag by Jandré weet wat hy bedoel het toe hy vir Jané gesê het; “Ek is jou billie-grip” 

Kobus wil by Wian hoor wat hy bedoel het met; “Dedlef, hierdie is die WRAAK” 

Louw wonder wat Sakkie bedoel het met die woorde; “Jou gesig snake die wave” 

Louw wil ook hoor wat Suzaan bedoel het met; “For the boys” en Sue antwoord met Jané se woorde “nie desperaat nie net dringend opsoek” 

Chelaine wil by Adrian weet wat hy bedoel het toe hy gesê het; “Ek is ‘n moffie” 

Lulu wil graag weet wat Christie bedoel het met; “Ek kan heeldag hier sit en drink” 

Nag Dames! 

Dag 3: 

Laubscher, Sakkie, Kobus groet en Hannelie gaan saam met hulle terug weens seer voete. 

Vandag is Wian net so verbaas soos die res van ons dat dit sy verjaarsdag is. Ons sing die verjaarsdag liedjie vir hom en val toe in die pad. Ruan as slot met Anja as sy sleutel. Gerben verloor al sy kos en dit word toe gevind in ‘n sak in die asdrom net voor ons stap.  

Die roete begin met ‘n stewige bultjie en daarna ‘n plat twee spoor paadjie langs die tee plantasies, as jy mooi kyk sien jy die kleurvolle plantjies wat die paadjie kom ophelder 

By die eerste en enigste game-break is daar ‘n prentjie mooi uitsig wat strek oor die vlaktes met wolkies hier en daar wat die blou lug vul. Dit is dames skiet en dit is hier en nou wat Jané skiet oop maak. Jakobus besluit hy gaan vir Christie moeg hardloop voor sy hom gaan vang. Danielle probeeintercept en dit lei tot Jakobus wat vir Danielle en Christie moeg maak. Hanno spring in vir hulp en hy is die een wat vir Jakobus vas trek 

Ons durf die roete verder aan tot by ons volgende kamp plek. Dit was lank en warm, maar die pragtige uitsig, plantegroei en die interessante gesprekke maak elke tree die moeite werd. Die rivier met poelle is beslis die beste beloning vir hierdie warm dag. Soos almal by die kamp kom word die skoene dadelik uit geskop om in die vris-vars water te spring.  

Almal is lekker af gekoel en nou is dit tyd vir Middagbroodjies. Dit nie lank nie en meeste bevind hulself weer in die water. 

Daar is ‘n duik kompetisie tussen Louw, Anja, Tertius, Ruan en Nina. Met ‘n uitverkore groep beoordeelaars wat langs die kant sit en vir elkeen ‘n punt uit 10 gee. Hanno en Ruan is volgende met synchronise diving en ‘n score van 7.5/10 is aan hulle gegee, volgens Hanno was dit definitief ‘n 9. Sit die score in die skets het hy gese!!  

Party maak hulself gemaklik op ‘n klip, ander vat ‘n middagslapie in die grot of erens onder ‘n boom, maar steeds was daar die wat net nie ophou swem nie. Die frisbee is in die poel gegooi en daar is gekyk wie kon inspring en dit vang. Christie met ‘n baie grasieuse belly-flop vang die frisbee met die eerste probeerslag. Johan aan die anderkant spring, mis die frisbee totaal en al en klim uit met ‘n neus wat bloei. 

Die stokers begin stook en almal maak gereed vir aandete. Wat ‘n voorreg om op ‘n plat stuk klip op die Gifberge saam met so ‘n groep lekker mense aandete te maak en die sonsak te waardeer. Dit is salig en beslis ‘n oomblik vir die boeke.  

Na aandete volg almal die klanke van die kitaar en vind ‘n gemaklike sitplek op die skuins rots langs die rivier. Dit is nie lank nie en daar word geworship. Ons kan nie help om God se goedheid en guns te ervaar nie. Sy teenwoordigheid is sigbaar in elke sterretjie wat skyn in die Hemelruim asook elke druppeltjie water wat hier verby spoel. Wat ‘n besonderse oomblik om God se grootheid te beleef 

 AAITEMS: 

Oom Piet moes eers die temperatuur in die slee toets met hulp van Jakobus en Adrian. Die sleedomitor het oor tyd gewerk by Johan en Margariet en Johan het die nagevolge daarvan gedra. 

Oom Piet bly sommer op die verhoog en kry al die eerste toeriste se hulp met “wejama-chingto-pre-taria 

Hierop volg nog ‘n eerste toeris aaitem en elkeen verteenwoordig ‘n vrug in ‘n smoothie. 

Daar is ‘n grens oorlog, en die aaitem word op gevoer deur; Adrian, Tertius, Ruan, Louw, Hanno, Johan, Wian en Gerben. 

Dis inderdaad dames skiet en Chalaine, Suzaan, Jané, Mart-Marie en Toto kom in hulle rokkies na vore en doen “maar die ouens laaiket” 

Volgende is Toto die winkeleienaar en Diena is opsoek na ‘n nuwe kop vir Gregor. Die koppe beskikbaar is; Christie, Danielle, Wian, Jana en die duurste daarvan Adrian. 

Ruan en Louw is volgende op die verhoog met ‘n AAITEM by die Resturant. 

Daarna gaan Johan en Jané op die verhoog en speel I spy. Louw kom sluit by hulle aan vir die volgende aaitem, die kragopwekkertjie 

Toto, Nico en Johan gaan daarna op die verhoog en doen Jy kan so sien. 

Volgende is Johan, Wian en Schalk by die bar en Nico wil weet of hulle spykers het.  

Dan is dit Louw, Chelaine, Anne, Jandré en Lea met Little Jill.  

Die Laaste AAITEM van die aand is Louw en Hanno met Mario en Luigi. Tydens die aaitem wou Hanno graag by Louw weet “why are you moving” en Louw antwoord met “it is the result of paddling”

HEKELS: 

Hanno wil by Michael hoor wat hy bedoel het toe hy gevra het; “Where is the lam sauce?” 

Chelaine vra vir Diena wat sy bedoel het met; “’n Enkel elmboog” 

Jacolene wil graag by Lulu hoor wat sy bedoel het toe sy gevra het; “waar is my voete?” 

Diena wil by die hele groepie 3 hoor wat hulle bedoel het met die woorde “waar is die OREO koekie? 

Groepie 1 wil dan ook by die hele groepie 3 hoor “Hoekom het julle julself kom tuismaak by ons stookarea” – hierdie lei tot groot konflik, Hanno asook Diena moes gekeer word anders was dit fisies!! Almal wonder was die’ einste stook area werklik ‘n groepie fight in slee werd? 

Hekels gaan voort en Margariet wil dan by Johan hoor wat hy bedoel het toe hy gesê het; “Gregor, you are hot!” Tot Margariet se verbasing het Johan ‘n storie gespin wat blykbaar baie r van die waarheid af is. 

Die volgende hekel is ook aan Johan van Margariet af, en sy wil weet wat hy bedoel het met “ek probeer regtig vals sing, maar dis moelik” 

Hanno wil by Lize weet wat sy bedoel het met “my voete stink uit beginsel”  

Slee behoort aan die dames! 

Dag 4: 

Dit is ‘n mooi oggend met die son wat oor die bergpiek vir ons loer om wakker te word. Voor almal nog hulle oë oop maak is Hanno en Ruan reeds in die water. Daar is vir oulaas geswem vir lekker en ook om wakker te word.  Louw skree skiet is oop. Soos gewoonlik is almal in verskillende rigtings besig om weg te hardloop. Nina spring sommer in die poel, maar Graham laat nie op hom wag nie en spring direk daarna in om haar as sleedate vir die laaste aand te wen.  

Daar is vir ‘n laaste keer geswem en ‘n groepsfoto is by die arch geneem. Hier is ons vermaak met verskillende maniere om in die water te spring. Van die hoogtepunte is Wian met die Tjiken, Louw en Hanno met vriendinne en toe Suzaan en Chelaine wat vir hlle wys hoe dit eintlik gedoen moet word. Nog ‘n hoogtepunt is Pieter met die dronk sjongololo. Na swem is dit tyd vir stap. Dankie tog aan Louw se held Suzaan wat hom net betyds uit die pad uit stamp voordat hy op ‘n swart spoeg Cobra kon trap. Louw het haar later die dag bedank met ‘n lekker koppie koffie wat sy toe perongelik op hom uitmors. Ons begin skaars stap en dit is tyd vir ‘n gamebreak.  

Gamebreak is aan die bo kant van ‘n waterval. Ons verkyk ons aan die uitsig en die waterval wat af-en-af-en-af gaan tot by die onderste poelle. Jandré se groepie deel hulle game-break sweeties met almal en dis Jané wat haar beste gooi arm gebruik om die sweeties by almal uit te kry, amper helfde daarvan is by die kloof af.  

Hierop volg die stewige afdrand tot by die poelle wat ons by gamebreak van bo af bekyk het. Nico en Jakobus sluit ‘n rukkie later by ons aan, aangesien hulle opsoek was na die frisbee wat net-net te ver gegooi is. Dewet se koppie waai weg en die rol af by die kraans. Die poele se skoonheid is nie die enigste ding wat jou asem weg slaan nie, die water was yskoud. Dit keer niemand om te swem nie. Na ‘n verfrisende swem gaan sit almal gemaklike teen ‘n klip om die laaste sonnetjie te vang voor hy agter die berg verdwyn. Ons eet middagbroodjies en maak onself reg vir die laaste entjie se stap. 

Ons kom uiteindelik by die kampterein aan en val net daar op die gras neer. Wat ‘n rustige tydjie waar almal die goeie geselskap en koffie, danksy Oom Piet met sy groot billie vol kookwater, kan waardeer. 2 mooi wit duiwe kom nader om dinge te bekyk en Christie besluit dis ‘n goeie idea om een van hulle te vang. Die vere waai en die duif is nie baie beindruk met haar nie. 

Daar het ‘n groepie saam gedrom om die Kitaar, Ukulele en shaker waar lekker musiek gemaak is. Cynel, Tertius, Michael, Dedlef, Graham, Nicholas en Pieter hou hulleself besig met ‘n kaart game. Hanno kom bederf ons met pannekoek, alhoewel hy nie ‘n vinger lig in die proses nie.  

Dit word tyd vir aandete en party is nog besig om hulle laaste happies pudding te eet en Louw begin sokkie musiek speel. Daar is sommer net daar op die gras gedans. Later beweeg almal in om binne op die sementvloer te dans. 

AAITEMS: 

Danielle praat weer te veel volgens Ruan en Louw in Ja, Nee! 

Daarna doen Adrian ‘n aaitem, maar hy wou eintlik net weet waar sy sleedate, Mart-Marie, is. 

Volgende is dit Toto, Jané, Christie, Nina, Adrain, Diena en Schalk met Chelaine as gedroggie. 

Daarna roep Oom Piet vir Gregor, Wian en Gerben na vore en hy wil net graag by die gehoor hoor wie hulle dink die beste dans van die 3? 

Hierop volg ‘n verduideliking deur Oom Piet, Jané, Chelaine, Louw, Hanno, Toto, Jakobus en Johan van wat die legend van die Makepan nou eintlik is. 

Volgende is Jakobus, Hanno, Chelaine en Suzaan Pikkewyntjies. En toe is dit Pieter met ‘n belade van die vallende bokdrol. 

‘n Weergawe van Hans en Mans word op getree met hulp van Chaans en Zaans deur Johan, Louw, Chelaine an Suzaan.  

Suzaan en Chelaine bly sommer bo op die verhoog en doen Ninja. 

Volgende is dit Louw wat vreeslik sukkel met ‘n legkaart en sy “liefie” Jana wat hom moet help. 

Dan bring Anne vir Anja na Lea die sielkundige toe. Daarna is dit Louw en Chelaine met ‘n gedig. 

Volgende op die verhoog is Schalk en Pieter met ‘Wie se foon is hierdie’. Gerben betree die verhoog met ‘n Tandaarts weergawe van Dis altyd lente. 

Lize, Jané en Mart-Marie het daarna How Maria got into the river gedoen. 

Louw, Ruan, Gregor (in Afrikaans) en Lulu het hout by mekaar gemaak vir die koue winter. Daarna was dit Ruan, Louw en Gregor met ‘n opvolg van No chief, big poop.  

Daarna het Gerben sy ervaring by die BTK met ons kom deel wat hy glo in sy dagboek opteken.  

Louw het daarna vir Jacolene na vore geroep en hulle het die Lippe aaitem gedoen.  

Volgende op die verhoog was Ruan, Louw en Hanno oppad na hulle visvang trip toe. Daarna het DeWet vir ons die Voortrekkers in Engels verduidelik. 

Anja en Lea kom doen ‘n oorspronklike Fietsry aaitem en dan sluit, Jana, Diena, Hanno, Louw en Toto AAITEMS af met Kano. 

HEKELS: 

Hekels maak oop met Louw wat by Toto wil hoor wat sy bedoel het toe sy vir DeWet gevra het; “Kan ek sommer nou by jou kom slee?” 

Jandré wil weet wat Lea bedoel het met “Ek het vir Wian op die gras gegryp” 

Anja wil by Gregor weet wat hy bedoel het met “I make things hot” 

Lulu wil weet wat Mart-Marie bedoel het toe sy gesê het “Hierdie is die toer waar ek nog die meeste pense gesien het. 

Die volgende hekel gaan ook aan Mart-Marie en Wian wil weet wat het sy bedoel met “Ek gaan in ‘n suiker koma ingaan” 

Louw wil by Graham weet hoekom hy sy broek af getrek het toe ons almal net daar gesit het? 

Jané wil weet wat Louw bedoel het toe hy vir Anja gesê het, “hou op om hom te terg anders gaan ek jou kom terg” 

Jané wil dan ook by Nina hoor wat sy bedoel het met, “ugh Jandré stop talking dirty to me” 

Toto wil by Louw weet wat op aarde hy in dameskamp gesoek het met ‘n spieëltjie en ‘n skeermes? 

Lulu wil by Johan weet wat hy bedoel het toe hy vir Margariet gesê het, “my skat, jy kan hom nie net oopdraai en dan zjoes nie” 

Die volgende hekel het tot vandag toe nog vir Louw aan die wonder, hy weet nog steeds nie wanneer die krokodilletjie gekots was nie. Maar eintlik wou Chelaine net by Johan weet wat hy bedoel het toe hy gese het; “Kyk die krokodil, en hy is nog groen ook” 

Oom Piet wil graag weet wat Louw bedoel het toe hy in manskamp rond geloop en “HOI HOI HOI” geskree het. 

Anja wil graag by Johan hoor hoekom hy Gregor se kos om geskop het? 

‘n Koue winderige slee behoort aan die mans, nag dames! 

Dag 5: 

Na ‘n goeie nagrus word almal stuk-stuk wakker en die stokers sing die meisies wakker met QUEEN se Bohemian Rapsody, not their best moment, maar almal is beslis wakker na dit. Almal eet vir oulaas saam BTK ontbyt pap en begin kamp opslaan. Die ou toeriste konkel onder mekaar en toe jy weer sien is daar ‘n uitkyk kringetjie. Hierdie keer, tot sy vebasing, is dit “Louw van den Heever” wie hulle na die kringetjie toe roep. Hy is vir oulaas uit gekyk 

Almal kom by mekaar om vir Gerban, Daniel, Louw, Toto, Suzaan, Hanno en Chelaine maan toe te stuur. Hierdie veroorsaak‘n knop in elke BTKner se keel en party moes sommer tissues nader gryp om die trane af te vee. Selfs Louw moes elke nou en dan so bietjie “dink” voordat hy verder kon praat. Dit was ‘n besonderse oomblik wat elkeen se hart kom raak. Julle gaan verseker verskriklik baie gemis word. Wat ‘n voorreg vir ons om saam met elkeen van julle te kon stap. Die BTK en ons harte gaan leeg wees sonder julle.  

Louw oorhandig die fluitjie aan Johan en dis nie lank nie en hy maak ten volle gebruik daarvan. Nou is Johan in beheer en hy neem ons poelle toe om vir oulaas ‘n swem sessie in te werk voor in terugkeer Stellenbosch toe. Dis hier nadat almal al genoeg gehad het van die koue water en soos dassies teen die rots sit om warm te word waar Susan, Christie, Heidi, Daniel, Hanno en Wian vir ons ‘n goed uitgewerkte synchronised swimming performance opvoer.  

Almal keer terug kamp toe om alles op te pak. Die gentlemans challenge vind plaas en Ruan en Wian koop ‘n groot stuk grond op die Gifberge. Jakobus stap weg as wenner van die challenge. Almal klim in die bus en ons is oppad terug Stellenbosch toe.  

HEKELS: 

Hekels word op die bus oppad terug oop gemaak en Jandré wil by Madine weet wat sy bedoel het toe sy gesê het, “Ek sal vir Goudvis vang” 

Danielle wil by Jandré hoor wat hy bedoel het toe hy vir Diena sê; “as jy nie so kort was nie sou ek jou nou gevra het hoekom jy so aan my boud vat” 

Johan wil weet wat Freddie bedoel het met, “Ek kan nie praat oor wat ek hierdie week gedoen het nie” 

Anja wil by Lea weet wat sy bedoel het met, “Jandré kort tugting” 

DeWet wil by Danielle hoor wat sy bedoel het toe sy gesê het; “my voete is nie die beste deel van my lyf nie” 

AAITEMS: 

Die pad terug Stellenbosch word sommer dadelik korter toe AAITEMS begin. Die mike was nader gegryp en Louw en Hanno het vir ons ‘n Dumbo weergawe van Frikkie en Sarel gedoen met Johan se hulp as Fanie die veldmuis. 

Lize, Lea, Nina en Anja het vir die ou toesiste gegroet met ‘n oorspronklike weergawe van ‘Cups’ 

Daarna het Johan en Margariet almal nostalgies agter gelaat met ‘n sang item, Sonvanger. Tot Freddie het gevra vir ‘n sakdoek na hierdie optrede. 

Freddie het AAITEMS en so ook ons Gifberge staptoer afgesluit met ‘n cover van Words. 

Dankie weereens aan BTK vir ‘n ongelooflike ervaring. Ons het vriendskappe gebou wat ons vir altyd wil behou, fotos geneem wat ons orals wil post en herrineringe gemaak wat ons nooit sal vergeet nie. Ons is in verwondering oor ons Hemelse Vader se Skepping en dit was ‘n eer om ‘n week in die berge te spandeer. 

Tot volgende keer… 

 

Met ‘n klap van ‘n gifbos
-Kobus Janse van Vuuren

‘n Reis na die Noorde met ‘n draai by die see
Dis langpad, dis ompad, dis grondpad alweer
Maar ons tenk is weer vol en die geselskap loop oor
Gereed om onsself in die berg te verloor

Met ‘n klap van ‘n gifbos en ‘n slaggat of twee
Soos ‘n rooi citi golfie die bergpad betree
En weg van die stad ons ‘n sielsrus weer vind
Met ‘n glimlag en lewenslus soos die van ‘n kind

Dis bo-op die berg waar ons voetslaners kry
En saam word ons deur die natuurskoon gelei
My asem’s gesteel soos die mooi sag insink
Tog kan dit die harte van goud nie uitblink

Met ‘n klap van ‘n gifbos en ukulele se snaar
Vul almal se stemme die bergskeure daar
En heel onverwags hoor die nuweling skaam
‘n Skielike uitroep van sy eie naam

Die jare se kennis staar diep in die oë
Van die jong generasie wat in blink toekons glo
Maar eggo’s weergalm die vloek van ‘n wraak
Wat angs wek en aankom met soetheid van smaak

Met ‘n klap van ‘n gifbos en ‘n suis van die wind
En etlike sekondes tot die wraak hul nou vind
Tog tree hul steeds nader, wel blindelings gelei
Na ‘n toekoms en tuiste wat ewig sal bly

Daar’s tasbare vreugde en liefde regeer
Waar kennisse broers word voor Christus ons Heer
In stilte tesame gaan groet ons die dag
Met sleedate en lekkers en sousies wat wag

Met ‘n klap van ‘n gifbos en ‘n fakkel wat brand
Begin daar musiek en vat ek haar hand
Ons dip en ons draai onder sterrenag prag
En aaitems kom kielie die slee tot ons lag

Met ‘n klap van ‘n gifbos en ‘n hart wat Hom eer
Dank ek my Vader, dank ek my Heer.