GALA 2021

GALA 2021 Knysna – Victoriabaai

Deur Lize Crafford

Dag 1 (Sondagoggend): Stellenbosch studente ry Knysna toe

Toeriste is tot ’n mate dankbaar dat die grense tussen Namibië en Suid-Afrika wel toe is (as gevolg van die pandemie) aangesien die voorsitter, Frederick van Zyl, wel die gala kon lei. Dit is nadat hy op die Whatsapp-groep ’n opstel geskryf het oor hoekom hy nie sal kan kom nie en dat die vorige voorsitter, Johan Slabbert, (alweer) die toer sou moes lei. Meneer van Zyl, wat gesê het hy sal wel vinniger en meer op tyd wees as die vorige voorsitter, maak steeds die toeriste 20 minute lank in die reën staan by die busse vir geen spesifieke rede nie.  Die reën is byvoorbeeld sub-ideaal vir ’n gala, maar ons laat ons nie onderkry nie. Ons het geweet ons gaan nat word op die gala. Die algemene tendens van die oggend: Die mense is moeg. Eintlik te moeg na die jaar, kwartaal en sy eksamens, maar steeds opgewonde oor ’n vakansie langs die see saam met kwaliteit mense en ’n paar middagslapies onder ’n kampterreinboom.

In die bus:  Hilda se hare is in die bus se lugreëling opgesuig, Martin spog met sy ongelooflike dadelballetjies en toeriste word blootgestel aan Frederick se, soos Maymarie dit noem, “gcob-musiek”. Toeriste, wat nie al in die bus aan die slaap geraak het nie, se asems word weggelsaan deur die beeldskone Tuinroete natuur. Dit is berge, bome en see. Dit is byvoorbeeld presies wat jy soek.

Ons kom by die kampterrein aan en al die ouens is nog nie eens uit die bus toe ’n ultimate frisbee spel begin nie. Frederick kry almal bymekaar en gee die reëls vir die toer deur. Paartjie, Elwin en Yvette, wys die toeriste hoe skiet werk. Die gaping tussen die hoeveelheid mans en dames op die toer is verbasend kleiner as op vorige galas en dit gee ’n paar manne hoop dat hulle ten minste een aand met daardie een meisie kwaliteit-slee sal kan bewerkstellig. Daarna, begin die dames ’n treintjie sakke tot by die tente vervoer, terwyl die manne die army-tente opslaan. Daarna speel en gesels ons langs die braaivleisvuur. Vergesel met die reuke van snoek, speel Frederick Spoegwoelf liedere en PF sing uit volle bors saam. Frederick speel langer as beplan aangesien Sibbe sê Martin gaan nog laánk braai.

By die swembad: Reinhardt neem deel aan ’n tjoepie-kompetisie. By die braaivleisvuur: Willie bemark homself deur perskes van hul plaas uit te deel (aan die dames) en kry terselfdetyd iemand om dit bekend te maak dat hy enkellopend is. Braaier Conrad kla heelaand oor die nat hout waarmee die snoek vanaand gebraai moet word. Die hout is so nat, dit is dié keer die gala-manne en nie soos gewoonlik die dames, wat wens dat hulle haardroërs kon saambring nie.

Uit die bek van die braaier:

Martin sê: “Ás ek nou iets moet sê oor die hout, sal ek sê die oom moet die hout weer kom haal.”

Stephan sê: “Ons het al takkies en amper al die blitz opgebruik, maar al die water wat uit die hout loop maak die vuur net weer dood.”

Fryhoff: “Die probleem is nie dat ons nat hout het nie, maar droë water.”

Cornel: “Die vuur blaas die water droog.”

Tussen die kokke gaan dit beter: Kosma, Sibbe, is opgewonde en dans en maak musiek deur paplepels teen mekaar te kap.

’n Groep stap by ’n heuwel op om die sonsondergang te gaan kyk. Dit was blykbaar “tjat-mooi” en bitterlekker. Daar was wit skapies tussen die groen gras en die son het die lug pienk en pers en oranje verkleur. Een toeris sê: “Liewe Jesus is besig om af te show. Dit was absoluut bekoorlik.” Dit was so mooi, Stefan (met die krulhare) het selfs gewag tot sonsondergang om Lana te skiet. Baie toeriste meen dit het gelyk soos een van die mooiste verlowings wat hulle al ooit gesien het. LT sê die uitstappie was lekker en Albert sê: “Albert sê ook so.” Grethe met die blonde hare sê: “Die grasvlaktes, die skapies en die son was baie mooi. Niemand het gedink die son gaan uitkom nie, maar hy het. Nogal ’n onverwagse outjie.”

Die braai het langer gevat as verwag, maar dit was, soos altyd, die wag werd. Op die spyskaart: Snoek, patats, knoffelbrood en koolslaai.

 

Items: (is kort geknip want die bure sê ons raas. Ons het gehoor daar was ’n dosent van Stellenbosch op die kampterrein.)

  1. Frederick kry die voorreg om vir sy eerste keer as voorsitter “Ballade vir ’n sterwende bok” voor te dra.
  2. Elwin en Fredeick los die toeriste in stukke met “Hans en Maans” wat bang is vir die vrot vis.
  3. Boer-soek-vrou aanbieder, Nina, help engelse boer Simeon om ’n vrou te vind.
  4. Grethe en Cornel doen “trill-trill” met ’n “trieng-trieng”.

Hekels

  1. Martin vra hoekom Willie perskes uitdeel en sê dat hy enkellopend is.
  2. Reneé du Toit vra vir Edelagbare Oneerlik wat het Charlotte bedoel toe sy gesê het:
    Ek sal haar trou.
  3. Marguerite vra wat het Sibbe bedoel toe sy sê: “Ek soek vir Willie.”
  4. Wat het Maymarie bedoel toe sy sê: “Ek hou van Retief.” Maymarie antwoord: “Retief, jy is nogals vanhoubaar.”
  5. Wat het Martin bedoel toe hy sê: “Ek soek nie ’n vrou nie, ek is ’n vrou.”
  6. Wat het Jaco bedoel toe hy sê: “Ek oefen snoek.” Jaco sê hy was besig om in die swembad te swem.
  7. Wat het Martin bedoel toe hy sê: “Ek hou daarvan as die dames in ’n ry staan?” Hy verwys hier na die treintjie wat tasse vervoer.
  8. Cornel wil by Reneé hoor wat sy bedoel het toe sy oom Erik, Edelagbare Oneerlik, genoem het.
  9. Wat het JT bedoel toe hy sê: “Jy moet jou posisie regkry.”

 

Dag 2 – Maandagoggend: Knysna – Buffelsbaai

 

Kristi, Helette en JT dink al weer gala is te maklik en gaan draf vyf uur die oggend. Nicolas het nie saamgedraf nie, al het hy belowe hy sal. Hulle draf in ’n uur ’n sekere aantal km asof ons op ’n fiksheidskamp is (Helette het gesê die sketskrywer mag nie sê hoe ver hulle gehardloop het nie, want dan klink dit soos spog). Marina is in die kostent besig met haar ontbyt en lewer kommentaar: “Ek is verbaas hoe rustig die oggend is. Glad nie gejaag nie.”  Die Toerpa, Oom Erik, wys die stokers hoe om water te kook. Hy staan en kyk hoe die manne sukkel en na drie keer se veruidelik verstaan Martin eers. Fryhoff is langsaan besig met die pap. Elke keer as die sketskrywer hom sien is hy besig om iewers te help. Hy sê: “Idle hands are devil’s work.” Dit is nou vir jou ’n ware stoker. Sy broer Jannie het buite geslaap: “Dit was lekker, maar ek het koud gekry.” Die toeriste sit in kringetjies terwyl hulle hulle ontbytpap eet. Die kringe is vol nuwe maats, maar dit lyk asof hulle mekaar al jare ken (party van hulle sal mekaar seker nog vir jare ken). In een van die kringe sit Lucy. Sy het ook buite geslaap en sê: “I got wet.” Na ontbyt word spikeball gespeel en Wraakkaptein Jaco probeer 10 nuwe toeriste uitkyk terwyl frisbees en rugbyballe rondom die misterieuse kringetjie rondsweef.

Dit is uiteindelik tyd vir die gala se eerste stap, dus klim ons almal in die bus.

Cornel staan voor in die bus en dirigeer die toeriste naaste aan hom soos ’n koor. Jannie en Fryhoff is die enigstes wat die ou klassieke Afrikaanse treffers ken. Uiteindelik kry ons iets wat almal ken, d.i. Klein Tambotieboom. Ons klim uit die bus naby die Knysa Waterfront. Jannie en Fryhoff sing “Tussen treine” terwyl ons op treinspore stap oor die Knysna-lagoon. ’n Paar manne spring in die lagoon terwyl ander toeriste net een voet voor die ander probeer kry. Iewers verduidelik bedryfsingenieur Martin hoekom die treinspoor op die verkeerde plek is en geskuif moet word. Waar die treinspoor eindig, begin ons opstap by wat Frederick die “klein heuwel” genoem het en waar plakkies “voldoende” sou wees.

Frederick is waarlik ’n goeie leier. Volgens ’n toeris het hy op ’n stuk toiletpapier getrap en selfs dié volg hom toe rond.  Daar was nogal baie op- en afdraendes en dit voel glad nie soos ’n gala nie. Waldo sê hy dog gala sou makliker wees. Net voordat ons by die paadjie afstap strand toe, ry Sibbe en haar span kokke by ons verby op pad kamp toe en helfte van hulle hang by die vensters uit.

Ons kom uiteindelik by die strand. Ons moes eers verby ’n hele span kameramanne loop wat een of ander advertensie skiet. Ek dink die groot Italiaanse oom wat staan en praat voor die kamera het nogal ’n interressante agtergrond gehad, d.i. 120 studente wat in die see in hardloop. Dit was ’n bloedige warm dag op die strand en ons is almal maar net te dankbaar vir die yskoue see. Stappers speel, swem en gooi frisbee. Die mens is gemaak om so te kan speel. Selfs Daniel Pascoe speel, al mag hy eintlik nie enige van die bogenoemde doen as gevolg van sy beseerde knieg nie. Dit is nou vir jou ’n gala. Hier eet nuwe toeriste ook hul eerste BTK middagbroodjies.

Ons kom by die kampplek aan en stap verby ’n restaurantjie waar daar later definitief baie draairoomyse gekoop gaan word. Buffelsbaai is ’n oulike kusdorpie, klein en rustig. Of wel, dit was voor die BTK daar aangekom het.  Dag 2 en Willie se perskes is klaar op; hy is steeds enkellopend. Onder die skuiling van die kostente speel Fryhoff kitaar en almal vra hom uit oor baardstyle aangesien hy al alles probeer het. Hy sê: “Met ’n baard kan mens nie help om absoluut ‘dashing’ te lyk nie.”  Die Volleyball-net is ook opgeslaan en die toeriste speel alweer. Daar is wel ’n paar wat in die muur se skaduwee lê en rus. Jaco probeer sy boek lees, maar wil ook slaap, maar wil ook speel (’n algemene verskynsel op ’n gala). Sterrenberg en ’n paar vriende het ook gaan snorkel en treur oor die feit dat hulle nie kreef kon vang nie.

Aandete word voorberei op die maat van musiek. Hilda speel ABBA en die kokke dans om die tafels terwyl hulle groente skil. Jannes-hulle smeek Madelein vir haar tennisbal sodat hulle kan krieket speel en sê as hy dit verloor sal hy vir haar ’n nuwe een gaan koop by “die enigste winkel in Buffelsbaai wat plakkies verkoop”. Braaier Jannie laat val die wors in die sand en noem dit “aswors”. Madelein herinner die sketskrywer vyf keer dat iets geskryf moet word oor die vrot vis wat ons op die strand gesien het vandag. PF kan blykbaar viool speel en sê hy het die touchies op Brenton se strand vandag baie geniet. Stappers sien ook ’n skool – of trop, soos party dit noem – dolfyne en Daniel was aangeval deur ’n seemeeu. Zaza, Nellie en Amy sê dat dit ’n “great” dag was en dat die maak van middagbroodjies goed is vir die siel. Stefan met die krulhare sê hy geniet al die formasies van rooibrand op toeriste se lywe. Hy is ook weer herinner hoekom hy so baie hou van skoene dra, want sy voete het vandag rooigebrand. Die waarskuwing op die toer se skyfievertoning om sondbrandroom op te smeer het nie gewerk nie en nou sit almal met rooi velle. Dit is byvoorbeeld nie hoe jy moet lyk nie. Stefan het “perongeluk” sy sleedate geduik tydens skiet vandag. Loreen sê die uitkyksirkel was ’n belewenis. Iemand anders sê: “Dit is nogal snaaks. Die een oomblik gesels jy lekker met mense en dan skree iemand “skiet is oop” en dan word jy getekkel.” Daniel het egter nie ’n probleem daarmee nie en sê: “Its nice to be tackled.” Daniel het blykbaar ook sy kop gekap met ’n byl toe hy besig was om ’n “stubborn stompie” te kap vir vuurmaakhout. Tone wou nog help, maar Daniel sê net hy het nie ’n pleister nodig nie, net ’n beanie.

Pieter ondergaan blykbaar ’n identiteitskrisis, want hy stel homself aan almal voor as Francois. Pieter som wel ook die dag mooi op: “Alles is lekker. Die mense is lekker.” Loreen stem saam: “Alles is lekker. Behalwe die brand.”

Items:

  1. Lize skop items af deur te vra: “Wat noem jy iemand wie se mes ’n R op het?” Roland het sy mes op die grond vergeet vroeër die aand.
  2. Gatiep en Marais speel weer I-spy. (Lize en Maymarie)
  3. Cornel vertel weer die storie van die hangkastannie met die “onooglike” pienk rok.
  4. Elwin sê “ja”en Nicholas sê “nee”. Christi sê “ja-nee”.
  5. Fred en Martin: Meneer Oom gaan eet by Ooskus se Weskombuis en is baie beïndruk met die kos: “Hy gly af soos ’n vet kind op ’n supertube.”
  6. Maya en Grethe doen ’n nuwe Item: Ligte Vrugte
  7. Lehani, Timon en Manie maak ’n verskyning (agter die verhoog, hulle is bietjie laat vir die gala).
  8. Stefan met die krulhare vertel vir ons ’n snaakse storie.
  9. Marguerite en Simeon doen ook ’n nuwe item oor ’n “gala-baba”.
  10. LT, Fred en Helette vertel stories.
  11. Sterrenberg vertel sy gunsteling grappie oor die driekoppige draak.
  12. Hilda, Manie, Maymarie, Jannie, Nina, Reinhardt en Nicholas lewer ’n uitstekende optrede oor mense in ’n filmteater. Hulle het selfs klankeffekte gehad te danke aan Hilda se luidspreker. Lion King se “Circle of life” maak die item.
  13. Hilda los toeriste in stukke met haar vertoning van Sylvia, Antonio en die Big Bad Bully of the West.
  14. PF, Pieter, JT, Christi, Lizaan, Marisa en Hannah is almal Koppe.
  15. Al die eertse toeris seuns vang vir ons ’n veldjie op die verhoog.
  16. Die goue toilet: Marietjie, Marguerite en Helette.
  17. Frederick hak nogsteeds vas met uitdrukkings soos “die oorlog was erger” en “moenie op my gil nie”. Hy lag darm vir homself.

Hekels

  1. Daar word vir Martin gevra watse snaakse klanke hy vandag gemaak het. Hy sê hy moes probeer engels praat met ’n meisie.
  2. Martin wil by Charlize hoor wat sy bedoel het toe sy gesê het sy het ’n mes. Charlize wou blykbaar Lianca help om haar grondboontjiebotterbroodjie te smeer.
  3. Hilda vra vir Christi wat sy bedoel het: “Ek soek net ’n biedjie liefde.”
  4. Nina by Lizaan: “Ons kan dit agter die boom doen.” Sy wou blykbaar koffie in die bialetti maak.
  5. Wat het Sibbe bedoel: “Ek hou hom nou al vir 2 ure dop.
  6. Imke by Jannie: “Ons is nie maklik nie, julle is net moeilik.”
  7. Madelein vir Amanda: “Ja, nee dis ’n outjie.” Sy het verwys na ’n meisie se groot tas.

Dag 3: Dinsdag – BTK Sondag op Buffelsbaai

 

Toeriste het almal vanoggend probeer inlê, maar die vroegoggend hitte van die somer het ons almal vroeg uit ons tente. Dit het definitief niks te doen met die persoon wie se alarm 6h00 die oggend afgegaan het nie. By die gasstowe staan omtrent 20 bialettis en hul base reg om koffie te maak. Na gister se stap op die strand, skimp meer mense egter vandag vir Aftersun as vir koffie en Frederick herinner almal weer om vandag sonblok aan te smeer. Die eerste toeriste oefen vir hulle Wraakkonsert. LT kom uit die uitkyksirkel met pap op sy gesig, Jaco het pap in die baard en Nina op die gesig. LT sê later sy eetlus is gestil na al die pap. Helfte van die groep speel op die strand. Die ander helfte oefen vir die middag se Spikeballtoernooi. Marietjie motiveer die meisies om ook in te skryf: “Meisies, back jouself.”  Frederick en Reinhardt het wel die kompetisie gewen. Geluk.

Die kokke maak weer  middagete op die maat van Hilda se musiek. Roer jou voete op die kostent se vloer. JJ en Reinhardt probeer skaak speel. Ons is almal ook opgewonde oor Edward en Carly wat verjaar. Niemand sal die borshare en snor vergeet wat Reinhardt op homself geteken het nie. Ons sal ook nie eintlik verstaan hoekom hy dit in die eerste plek geteken het nie. Na ’n gesprek oor hoe baie meisies skeer, gaan haal Nina haar “epilator”. Party manne was braaf genoeg om hierdie skeertoestel aan te durf (Reinhardt se stem het wel huiwerig geklink toe hy ja sê vir die besigheid). Die mans bewe sommer van pyn nadat Nina hulle 2 sekondes lank geskeer het. Maymarie laat nie op haar wag om te wys dat vrouens ook sterk is nie en laat Nina amper haar hele been skeer.

Ons doen ’n paar tradisies en JT verduidelik vir ons hoe om ’n handstaan te doen. “Jy moet net genoeg gewig vorentoe…,” is al wat hy uitkry voordat hy op sy rug val. Na die nodige tradisies voltooi is, gaan ’n paar toeriste en gaan drink ietsie by die restaurant. Hulle kyk vir die eerste toeriste wat op die strand vir hulle wraakkonsert oefen en die res wat frisbee speel.

Oom Erik lei BTKerk en lees Psalm 96 en Psalm 103 en die toeriste leer oor God se karakter. Lizaan en Louw het ook vir ons gelei in ’n paar liedere. Daardie aand eet ons roosterkoek. Terwyl ons eet, hardloop daar ’n klein meisie by die kamp in met haar ma kort op haar hakke. Ons vra wie die dogtertjie gaan skiet. Jaco antwoord en sê hy sal eerder die ma wil skiet. Frederick speel kitaar met 120 toeriste wat om hom sit en sing. LT sing met passie en later sing PF ’n solo.

Items:

  1. Nina sê vir ons die ABC agteruit op.
  2. Jannie sê vir ons 10 9 8 7 6 5 4 3 2 1
  3. Cornel sê vir ons Do Re Mi agteruit.
  4. Fryhoff sê vir ons A1, A2, Her.
  5. Madelein sing Sarie Marais agteruit.
  6. Charlotte en Lize Burger doen die boerboetie storie van die kwê-voël.
  7. Fryhoff en Jannie gee vir ons ’n uitbeelding van die boereoorlog. “Ons het nie verloor nie. Ons het net nie gewen nie.”

Hekels

  1. Martin wil by Maymarie hoor wat sy bedoel het met: “Martin is my stuk.”
  2. Waldo wil by Bianca hoor: “Ek wil deur Wesley se tande gaan.”
  3. Nina wil hoor wat het Heidi bedoel: “Nou is ek hot”
  4. Fred wil by PF hoor: “Haar ketting is te lank.”
  5. Martin wil by Zaza hoor: “Val net voor my asb.”
  6. Hilda wil by Martin hoor: “You owe me a child”
  7. Imke wil by Martin hoor: “Die Here het vir my ’n dadbod gegee vir ’n rede.”

Dag 4: Woensdag – Ons gaan Swartvlei toe

Ons eet vanoggend Weet-bix  (nogal met warm melk te danke aan die stokers). ’n Paar dames met opgeswelde lippe smeer hul sonbrandroom dik aan. Frederick begin vir ons die dag met Psalm 105. Ons klim stiptelik een minuut voor nege in die bus. Na een kilometer, klim ons weer uit die bus om te begin stap. Ons het ’n baba rob gesien en perongeluk skrikgemaak. Trevor sê dis die tipe rob soos die bose een op Happy Feet indien iemand gewonder het. Hilda moes gedra word want sy het haar voet seergemaak. Martin sê Hilda sit aan want sy wil eintlik net hê hy moet aan haar bene vat. Ons sien ook ’n groot swerm voëls wat opvlieg soos ons aangestap kom. Wat ’n voorreg om in die natuur te kan stap! Waldo het ook met ’n omie wat visvang op die strand gaan gesels. Michelle is baie trots op haarself omdat sy heeldag lank met stapskoene op die strand geloop het en nie een keer in die water getrap het nie. Dame-skiet vind plaas en Daniel Pascoe het weereens soos ’n mal ding aangegaan om sy dame te skiet. Na ’n lang dag se stap kom ons by ’n river waaroor ons blykbaar moet swem met ons tasse en al. JT sê: “Dit is nou byvoorbeeld die definisie van ’n verrassing.” Toeriste wat wou oorswem het hulle tasse in die bus gaan bêre en die res wat moeg was vir die son en hulle blase het met die bus (met lugversorger) kampplek toe gery.

Daardie aand het die Garden Route Kampterrein ons kom afneem en onderhoude met ’n paar van die toeriste gevoer. Dit is blykbaar vir ’n promosievideo wat hulle maak vir hulle kampterreine. Die BTK voel geëerd om deel te kon wees. Daar word onderhoude met Helette en Martin gevoer, maar natuurlik gebruik hulle net vir Martin wat sê: “Dis wat jy soek.” Reinhardt help daardie aand ook die kokke met die hoenderpotjie. Toeriste speel volleyball en ander sit in geselskringe.

Items:

  1. Martin was besig om oor ’n nuweland pawiljoen te gesels toe daar ’n brandweertrollie verby die slee ry. “Oeee, hier kom nog een. Ons gaan nou eers pause sodat hy verby ry.”
  2. Christi, Roland, Marguerite en Manie slip uit hulle Wiskunde klas.
  3. Klippies is alweer in die water gegooi: Sibbe, Amy, Marietjie, Nellie en JT.
  4. Stefan vertel ’n storie wat hy gehoor het by iemand.
  5. Marguerite en Marietjie is ninjas.
  6. Troepe: PF, Fred, Jaco, Manie, Retief, Simeon.
  7. Nooi soek ’n booi… Byvoorbeeld.
  8. Cornel speel vir die meisies viool.
  9. 2 suckers on a stick. Dit was chaos.
  10. Hilda vertel die storie van die oom/tannie wat rook.
  11. JP vertel vir ons ’n inspirerende storie.
  12. LT en sy “extractor fan”.
  13. Die Namibiërs is op die toer in die minderheid en wil hulle teenwoordigheid duidelik maak deur die Namibiese volkslied vir ons te sing.

 

Dag 5: Donderdag – Swartvlei tot Victoriabaai

Dit het daardie oggend so gereën dat ons amper na ’n bazaar toe sou gaan, maar ons besluit toe, al is dit ’n Gala, sal ons eerder Gericke se Punt toe stap. Daar word baie fotos geneem en Laurika en ’n paar ouens kyk wie die die langste op die hoë houtpale wat in die strand gekap is, kan staan. Daar word gelag oor Idelette se opgeswelde lippe. “Dit is byvoorbeeld ’n subideale botox-job,” meen een van die stappers.

Terug by die kamp, klim ons op busse en ry Wildernes toe, waar dit weer begin reën. Tristan sê: “Dit is byvoorbeeld sub-ideale weer.” Ons stap op die strand tot ons by treinspore kom wat al langs die berg loop. Ons stap deur grotte en verby ’n hippie-dorpie met die naam “Kudu-kop”. Pieter sê: “Ons moet die bordjie gaan steel. Wanneer in jou lewe gaan jy ooit weer kan sê jy’t ’n kudu-kop van ’n hippie gesteel?”  Baie mense se hoogtevrees was getoets toe ons oor ’n skrikwekkend hoog brug moes stap. ’n Paar stappers moes oor die brug kruip. Annelie wil bevestig dat sy wel oorgestap het. Wesley sê daardie brug was “terrible.” Ons stap rustig op die treinspoor en neem foto’s by die Victoriabaai-bordjie.

By die see: Almal is te honger om te wag vir middagbroodjies en gaan koop Chip ‘n Dip in Victoriabaai. Die branderplankryers vergeet dat hulle honger is en hardloop die see in. Lehani staar hulle aan en sê vandag se stap was die mooiste. Maja, wat langs haar sit en roomys eet, sê: “Die voeltjies fluit en dis groener hier in Victoriabaai.” Maar, binne die see is dit chaos. Jaco sê jy hoef net vir Nina te kyk dan sal jy verstaan hoekom. Sy kom uit die see gestap met stokkies, net en goggas in haar hare. Sy skud haarself soos ’n hond af en van die goggas beland in Zahn se oê. ’n Paar ouens het weer gaan snorkel, maar nie juis iets in die wilde waters gesien nie.

By die kamp: Die meisies maak weer jolig kos op die maat van ABBA. Die seuns help vanaand met die kosmaak: PF lek die bak vla uit en Cassie en vriende eet oortollige tamaties uit ’n staalbak.  Hilda is deur Sterrenberg ge-“intercept”, so Daniel slee vanaand maar met Jodi. Daniel besef toe: “Net soos in rugby, moet jy nie die bal gryp en dan nie weghardloop nie.” Die volleyball-net is ook in ’n japtrap opgeslaan. Jaco bewys dat hy Manie se Zambuck kan oopmaak. Timon het vir ’n uur of twee in die kampterrein se bad gelê. Retief leer almal backflips doen. Martin probeer weer gimnastiek doen en “back homself” om teen André Pretorius deel te neem.

Ons raas maar baie dié aand en die sketskrywer vra die busdrywers, Solly en Nicolas, of ons nie hulle slaap steur nie. Solly sê: “Julle is maar soos alledaagse kinders.”

Martin deel met Madelein een van sy wyshede: “’n Man moet soos hoender wees. Nie droog nie.” Tydens spikeball het Jaco se broek geskeer net voordat hy vir Nina dien. Daar word ’n sokkie by die kerk gereël en iemand skree dat dit soos ’n huisdans lyk. Al het ons vier ure soontoe gery om op vier liedjies te dans wat op vier pap luidsprekers gespeel word, was dit steeds die moeite werd en “tjat-lekker”.

Items:

  1. Price: Nina, Grethe, Hilda doen ’n item, met Manie wat halfkaal in die agtergrond rondhardloop.
  2. Arrrrrg…. Lighthouse! Die keer was PF die gelukkige eerste toeris wat die lighuis moes speel.
  3. Lize Crafford het ’n dramatiese sangvertoning gelewer.
  4. Andre, Retief, Stefan, Simeon en Louw doen ’n skit wat gaan oor Jesus wat bevryding bring, ons moet dit net aanvaar.
  5. Manie wys sy diepkant toe hy een van sy eie gedigte vir ons lewer.
  6. Daniel begin dié skit met: “Okay, we need twenty guys.”
  7. Maria, pull yourself together! (Frederick, Retief en Lize)
  8. Gesprek met ’n boer deur Hilda en Sterrenberg.
  9. Stefan haal ’n storie uit die argiewe.
  10. Roland, Cornel en Stefan steel telefoonpale.
  11. Retief “begin” die bakkie en Frederick en Jaco ry saam.
  12. Maja en Grethe loss tappers in stukke met hulle weergawe van Salomé.
  13. Manie en Frederick is vriendinne. “Ons is prim en proper.”
  14. K-k-k-kaptein sluit die aand af. (Nicolas, Willie, Jaco, Reinhardt, Frederick, Simeon.

 

Hekels:

  1. Maya vra wat Stefan bedoel het toe hy gesê het: “Iemand of iets het my lip gebyt.”
  2. Jaco vra wat Willie bedoel het toe hy sê: “Ek wil ook so rokkie dra.” Willie sê hy soek daardie rokkies wat mens vir graadvang dra.
  3. Hilda wil by Stefan hoor wat hy bedoel het: “Haito Patato, buk of ek byt jou.”
  4. Fred vra wat Reinhardt bedoel het: “Sy is soos botter in jou hande.” Dit is blykbaar die beskrywing vir ’n dame wat baie lekker gesokkie het.
  5. Martin wou by Lize hoor wat sy bedoel het: “Hubaar, huwerlik, baarmoeder.”
  6. Lize wil by PF hoor wat hy bedoel het: “Hoe kan iemand wat so skerp is van Pretoria af kom?”
  7. Jaco vra wat Willie bedoel het toe hy sê: “Wat ek uitmis in die slee, maak ek voor op in die bus.”
  8. Madelein vra wat Laurika bedoel het: “Martin, ons kon jou vir aandete geëet het.” Laurika se Martin het hoender gebraai en die die vuur was so warm, Martin het amper gaar geword.
  9. Madelein by Michelle: “Jy’s nie eintlik lekker om vas te hou nie.”
  10. Daniel vra vir Nicolas wat hy bedoel het: “My gesig is soos ’n meisie se been.” Nicolas sê jy het geskeer, maar nie skeerroom gehad nie.
  11. Carly by Martin: “Ek’s elke oggend warm. As ek gaan slap, is ek lou, byvoorbeeld, ek het “gecharge”.
  12. Hilda by Sterrenberg: “As ek moes kies tussen lengte en persoonlikheid sou ek lengte kies.”
  13. Roland wil by Martin hoor wat hy bedoel het toe hy sê: “Tente is soos vroumense, enige ene werk.”
  14. Yvette by Michelle: “Party mense lyk maar net soos koshuise.”
  15. Michelle by Madeleine: “It takes a team to get met dressed.”
  16. Martin wil weet hoe Simone kan sê dat vrouens gemaak is om te bakei. Sy sê hulle raak katterig as dit by sleeplek kom. Dit is wat dit is.
  17. Jaco wil weet wat Willie bedoel het toe Jaco hom vra hoe hy gestap het en Willie antwoord: “Langs ’n wese, half-mens, half-engel.”

Dag 6: Die laaste dag – Victoriabaai tot Stellenbosch (of Outeniqua)

 

Die son maak almal weer vroeg wakker. ’n Groep stappers verlaat ons om die Outeniqua te gaan stap. Dit het die vorige aand gereën en Carly sê dit is nie te sleg om in ’n badkamer te slaap nie.

Laaste woorde:

André sê die toer was vir hom kosbaar. Marine sê sy het die lekkerste van almal geëet op die toer, al is sy allergies vir amper alles. Dit is vir haar spesiaal dat almal kon saamkom en saamleef. Oscar sê hy kom volgende jaar terug, al het hy blase gebrand. Dit was vir Idelette ook regtig lekker en sy is hartseer dat haar eerste toer, ook haar laaste moet wees. Sy sê almal het haar so welkom laat voel. Laurika gee raad aan volgende gala-stappers: “Dra ’n langmouhemp om jou van die son te beskerm.” Jodi waarsku ook: “As jy besig om warm te kry, weet jy jy is besig om te brand. As jy besig is om koud te kry…brand jy nogsteeds.” Waldo sê ’n gedig op: “As we stand on the shore, staring into the sea, as time past came to be. What a priveledge it was for me.” Kyle beskryf die toer as “kwaai lappies”. Retief sê hy het die beste items op hierdie toer gesien. Hilda sê sy sien uit vir Lana en Stefan se troue. Yentl sê die toer was al te lekker en “dit is byvoorbeeld wat jy wil hê.” Helene sê toe sy op die Neelsie-gras sit om vir die toer in te skryf, het sy klaar geweet dit gaan lekker wees en sê dit was die beste besluit van haar lewe om saam te kom. Liska sê wat spesiaal is van die BTK is dat jy nog nader aan jou vriende kan kom. Sy sê dit is net onskuldige genot en dit voel amper asof jy heeltyd hoog is (of ons almal was net siek van sonsteek). Leah sê ook jy kan iemand goed leer ken as jy saam hulle sukkel en dat hierdie die soort mense is wat jy goed wil leer ken. Carly: “Dis die plakkie- en broekietan werd.” Willie sê hy het ’n engel gevind. Jannes is hartseer dat die toer eindig maar sien uit vir sy gratis Spur-burger. Michelle sê sy is moeg: “Dit was lekker, maar dis nou klaar.”

’n Paar stappers gaan Maan toe: Idilette, Jenny, Cornel, Willie, Lize, Daniel.

Nicholas de Wet is die “gelukkige” wenner van die Terrash.

2 weke later: Helfte van die stappers het Covid gekry, maar die algemene gevoel is dat die Gala dit werd was!

“Mag die torre van geluk teen jou voorkop vasvlieg.”

“Mag jou brand in ’n tan verander.”

  • Onbekend (maar ons kan aanneem dat dit seker Martin was)