Drakensberge 2022

Drakensberge 2022

Dag 1: Aand

Dit is die einde van die eerste kwartaal en almal se voete jeuk vir ‘n stukkie berg. Jy hoor die gekletter van ou stemme en die opwinding van eerste toeriste – dit is wat dit is. Die BTK is op pad Drakensberge toe.
Kyk, 20 ure op ‘n bus is nie speletjies nie – SO kies MOOI die maaitjie lanks wie jy sit. Party gevalle is baie eenvoudig, as jy ‘n geringde duif … skuus, geroesde sleutel het, dan maak alles net sin. Dit gaan ‘n lekker rit wees vir jou. In ander gevalle is dit nogal moeilik, sit jy nou lanks ‘n potensiële aanhangsel en moet jy elke woord mooi kies wat jy sê of sit jy lanks ‘n goeie maaitjie wat jy reeds goed ken. Dit gaan alles oor vraag, aanbod en risiko.
Hierdie voete begin skarrel om in die bus te kom en wragtig, ons het amper op tyd gery. Die bus klink oorspronklik soos ‘n klomp vinke in ‘n vink nes, maar het vinnig verander toe die wiele eers begin spoed optel. Daar was wel twee vinkies wat besluit het dat 24:00 nog nie tyd is vir gaan slaap nie.

Dag 2:

 

 

 

 

 

 

 

Kan jy nou meer, ons is steeds op die pad. Dit is presies hier waar jy gaan agter kom of jy die regte rit maaitjie gekies het of nie. Rondom 08:00 kon Martin dit nie meer inhou om ‘n bietjie “gong” en afrikaanse treffers te speel nie – dit was mees waarskynlik ‘n paar toeriste se wekker. En selfs die middag het ‘n paar skape ons vergesel, weereens dankie Martin.
Daar word al hoe meer en meer gekriewel op die bus soos die toeriste begin smag om die Drakenberge onder hulle voete te voel. Die pad raak nou lank. Uiteindelik stop ons by die shuttels en die toeriste raak opgewonde omdat die eindbestemming is “surely” in sig – min weetende wat die aand nog inhou.
Die toeriste verskuif van die groot bus na die twee shuttels en die avontuur begin. Die eerste twee bussies ry vooruit met die res wat agter bly. As jy al ooit twee bussies wou sien 4X4 ry met drywers wat dink hulle neem deel aan F1, dan moes jy saam gery het. Nie net het die bussie gekraak (fisies en emosioneel) oor ELKE bult nie, maar een bussie het selfs bietjie toertjies gewys met altwee voorwiele in die lug. {Baie dankie aan die Mans wat die bussie wel weer reg gehelp het – julle is ysters).
Rondom 2 ure later (19:00) is die toeriste uiteindelik by Injisuthi kampterrein net om wel te besef dat meeste van die kos is by die groot bus. Dit sluit ook in meeste van die toeriste se stap sakke met almal se warm klere. Dit is toe dat die toeriste begin kreatief raak. Marietjie, Jannie, Mia en Van Zyl het die koeksister regniek geimplementeer om warm te bly – enige navrae kan aan hulle gevra word. Dit is daar toe die Kazoo ook uit gehaal word om die aand te vergesel met musiek, maar volgens Martin klink dit meer soos ‘n meskiet.
Die aand raak al hoe later soos die toeriste wag vir hulle maaitjies en almal raak honger. Daar was een van drie regnieke wat geimplementeer was om die honger te vul
1. Begin Slee lekkers eet
2. Slaap
3. Geluister na Jannie wat guitar speel
Wat het aan die ander kant van die berg gebeur vra jy? Wel, 2 dinge. Daar was gewag en daar was gebid, of so sê die posduiwe. Soos die bus wag by Loskop, was hulle omsingel met 4 kuier plekke, ‘n paar “lekker” mense and selfs ‘n “funky” danser. Dit is toe, toe die bus besluit om terug te keer na Winterton. Soos die gewag voort gaan, begin toeriste diep chats gesels, sing en selfs ‘n paar skiet tegnieke uitdink. Gelukkig was daar long-drops vir die lang wag, of skuus, “gate” woord direk aangehaal deur LT De Jager.
1,2,3,4 ure gaan verby. Na ‘n geslote hek, krakende bussies en honger vinkies, arriveer die tweede groep toeriste 23:00 by die kampterrein. Dit is toe wat die 12kg wors BEGIN gebraai word en ‘n kort besluit geneem was dat die BRAAIbroodjies in broodjies gaan verander. Hoe dan nou anders as om die tradisies voort te hou met ‘n Slee aand. Die afwesigheids-syfer was redelik hoog, maar dit het nie die toeriste terug gehou nie. Die aand was afesluit met ‘n jikkel aan Fred: “Wat het Fred bedoel toe hy sê ons gaan 17:00 by die kampterrein arriveer” en ons wag steeds vir die antwoord.

DAG 3:

       

 

 

 

 

 

 

‘n RUSTIGE oggend by Injisuthi soos die vinkies ontwaak na min slaap en word vriendelik gegroet met die Drakensberge se prag en gesag. Half 8 word die dames met ‘n “heeeeeeerlike dag” verwelkom deur ‘n paar harmonieë van die meneere. STADIG maar seker word daar gestort, gepak and gespeel. Hier begin die toeriste stadig maar seker agter kom wat hulle vergeet het om in te pak. Hier is 2 belangrike wenke:
A. Maak seker jy maak die boks oop met jou nuwe stap skoene VOORDAT die staptoer begin, jy mag dalk net twee linker skoene kry.
B. Onthou jou tandeborsel – soos Jannie sê: “Jy het net jou tandeborsel nodig tot jy trou” en sover ek weet, is niemand getroud nie.
Wat is die BTK dan sonder opening van die De Magtige Koning liedjie and verduideliking van Skiet (veral met die OG’s, Johan en Marguerite) – ons wonder maar elke keer. De Wet is as slot geidentifiseer en hy kies sy geroesde sleutel – Bianca. ENN die stap begin…
Met geselige and opgewonde stemme wat uitsien na die onbekende van die dag, vul die stemme die klowe van die Drakensberge. Reusagtige berge, grasgroen velde, singende strome and sielsvullende gesprekke verryk die treë van die toeriste. Hier is waar jy iemand goed of BAIE goed leer ken. Dit is nie maklik om voorentoe of agtentoe te beweeg wanneer jy begin stap nie, so weet dat jy die persoon agter en voor jou in diepte gaan leer ken. Tensy jy die “Stil bly” sindroom tegniek inneem en net “kom stap het om die Drakensberge te sien”.
Tydens die stap, het die Drakensberge ryker geword met die volgende items wat deur die riviere gesteel is:
A. Kazoo – hy het sy laaste Karuiseee geneem by die rivier af (waaroor Martin tog te bly was)
B. Water bottel
C. De Wet se motivering
D. Nina se stapskoen
‘n Lieflike middagstappie by die “steel” rivier en wargtig het Gragam die Kazoo terug gesteel, maar die kazoo het wel sy stem verloor tydens die cruise. Die stilteen afwagtig was gebreek met die begin van die Uitkyk. Eerste toeriste kyk verwarrent rond met die hoop om insig the kry van die oud toeriste, maar die oud toeriste gaan rustig voort.
Die BTK het offisieel die Guinness World Record gebreek vir die meeste “Ow wow” sê en hulle het die volle reg. Die groen bedekte berge met spelende watervalle is genoeg om jou asem weg te slaan. Te danke aan Fred se spesiale reëlings met die weer, was daar geen reën vir die eerste twee dae (en ook die hele toer).
In die verte sien die toeriste die Marble Baths en almal begin sprankel soos hulle lus is vir die spelende rivier. Skielik is almal weer kindertjies soos hulle in die water baljaar. Die koue water het wel ‘n gilletjie of twee uit die toeriste gebring en ‘n besonderse een van LT. Die rivier van steel was wel weer aktief aan die gang soos die GoPro ‘n GoFlow verder gevat het met die rivier.
Daar was wel ‘n baie groot vraag: Hoekom het die meisies aan die verkeerde kant van die rivier geslaap? Of dit nou was omdat daar “geriefliker slaap plek was vir die meisies aan daardie kant” of dat die ouens “aktief” die meisies kan help om oor die rivier te kom sal ons nooit weet nie. Die aand sluit of met ‘n rustige slee langs die suisende waters van die Marble baths.

Dag 4:

     

 

 

 

 

 

 

 

Die toeriste ontwaak vir die tweede dag se stap na ‘n klipperige slaap (of wel, aan die meisies se kant). Die stokers is al 05:00 op en aan die gang en aanskou die rivier oorsping ekspidisies van die meisies. Daar was ook ‘n verjaarsdagmeisie (Stacy) wat die volle aanslag van die verjaarsdagliedjie beleef EN oorleef het.
Deur die loop van die dag, word die rivier van “Steel” na die rivier van “uithouvermoë” vernoem soos dit die toeriste se emosionele en fisiese welstand getoets word. Die rivier het letterlike en figuurlike merke gelos op die BTK toeriste – volgens Fred wou hy wel net seker gemaak het die klip is okay. So net sodat almal weet, die klip is okay, Fred was wel nie. Indien jy meer van Fred se avontuur wil hoor, wees aan die uitkyk vir STED FRED op Youtube en Instagram. Die stap gaan voort met diep chats wat onderwerpe inhou van Afrikaanse vlieks, oorlogstories and studie wenke. Net voor DIE GROOT KLIM is ‘n baie nodige game break gevat.
DIE GROOT KLIM: 2km – 1000m escalation
 “OOOOO WIEEEE” is tenminste 50 keer geskree met die opklim van Leslie’s pass. Dit het een van twee betekenisses: Of die toeris is baie op sy senuwee oor die hoogte wat kom of hy is baie opgewonde. Net jy sal weet watter een dit is.
 Die berge het gereeld terug gesels soos die toeriste uitroep na die onbekende
 Agter in die ry hoor jy ook die BTK koor wat die agterstes ondersteun
 Middagete word geneem tussen die skeure van die Drakensberge
VERDER OP MET DIE GROOT KLIM:
‘n Opgedateerde konklusies is geneem: Indien toeriste “oooo wiee” skree is dit ‘n goeie teken! Sodra daar stilte is, dan weet jy daar word gesukkel. Tenminste was daar nou en dan ‘n blerwende skaap wat die stiles vervul het. Die toeriste raak al hoer stiller soos die hoogte van die Drakensberge hulle beet kry, al wat wel in Maymarie se kop dwaal is die volgende gedagte “Dink net hoe mooi gaan ons boude wees na vandag”.
Soos die hoogte verminder, tree die mis in en mis die toeriste alklaar die uitsig van die aseomrowende berge van die Skepper. Die einpunt is uiteindelik bereik en daar word jollige oorwinings liedere gesing. Na die besonderse mylpaal word die toeriste geseën met ‘n oop vlakte and salige riviertjie om die nag te spandeer. Die KOUE hou wel nie terug nie en tente word vining opgeslaan, vinnige “badjies” en “Stortjies” word geneem met Soetoes wat ‘n ogie of twee gooi.
Tussendeur alles hoor jy die stemme van die eerste-toeriste wat voorberei vir die eerste toeris konsert. Die liedjies kom stadig maar sek… wel stadig aan. Die senuweeagtigheid vir die wraak wat voorlê in onvermydelik in die aksies van die eerste toeriste. Wat ook onvermydelik was, is die feit dat almal DIE GROOT KLIM oorwin het maar nie eers die aand se coes-coes kon oorwin nie.
Die aand raak later en KOUER, die sterre wel ook helderder. Kopfliste flicker, studente floreer in die eenvoud and die gelag van vreugde vul die stille nag. Graham het ook vir ons gedemonstreer hoe jy ‘n kopskoot neem wanneer jy ‘n dame moet skiet. Die aand het begin met die eerste-toeriste konsert, met die wraak wat volg. Na die wraak het AL die OUD toeriste die soetheid van die wraak geneem onder die Drakensberge-sterre. Die aand kon ook nie afgesluit word sonder om te erkenning te gee aan Oom Erik wat die GROOT KLIM oorwin het – Daar is bitter min bo 60 wat dit kan bereik. Die groot vraag waarmee dag 4 finaal afgesluit word, is wat Martin bedoel het toe hy sê: “Daar is twee redes hoekom my vrou moeilik geboorte gaan gee”.

DAG 5:

 

 

 

 

 

 

 

“Dit is koud” is die lied van die toeriste al vanaf 05:30. Die koue vervrisende windjie verlaag die effektiwiteitesvlakke van die toeriste vanaf 100% na 10%. Stadig maar seker ontwaak al die OUD toeriste soos dassies uit hulle huisies en staan saam vir ‘n bietjie hitte in afwagting vir ‘n warm koppie koffie. Om die son aan te moedig word “Here comes the Sun” gesing en uiteindelik tref die eerste sonstrale die gemoede van die toeriste.
Stadig maar seker begin die toeriste reg kry vir dag 5 se stap, en wragtig, ons het amper op tyd gestap. Dit is hierdie dag wat die toeriste die hoogste punt van SA bereik – die beste nuus daarvan, is dat die pad voorentoe kan NET af wees. ‘n Groep foto word geneem en dit gee Sibbie die ideale geleentheid om Dames skiet te open.
Middagete word salig op hierdie punt geniet met provietas en sjokelade. Die toeriste was ook vergesel met twee Soetoes, hulle perde en 3 armsalige hondjies. Na vele fotos, vol magies en ‘n lekker middagslapie, is die toeriste weer reg om die laaste stukkie aan te durf. Dit was op hierdie punt wat toeriste nie kon verstaan hoekom hulle sakke swaarder word soos die kos minder word? Jannie – het jy dalk iets hiermee te doen?
Met ‘n asemrowende uitsig op die plato, slaan die toeriste hulle tente op vir die tweede laaste aand se rus. Die aand verander vining soos die son sy kop wegsteek en die WIND opsteek. Al die toeriste dra al hulle lae en voel steeds soos ‘n ysblokkie. Petri en De Wet implementeer maar ‘n bietjie bromance om die hitte te akkomodeer. Voor en tydens slee het ons ‘n hele paar soldate verloor, julle weet wie julle is. Kaptein het ook ‘n nuwe record gebreek vir die langste item nog ooit.

 

 

 

 

 

 

 

DAG 6:

‘n Nuwe dag ontbreek soos die toeriste weereens wag vir die son om hulle te groet. Vele liedjies word weereens gesing om die son aan te moedig, dit sluit Lion King en Shrek treffers in. Soos die son deur die wolke verskyn, som Martin die oomblik perfek op: “Die son is luuks”. Opgepak en reg om te gaan, staan en wag die meisies WEEREENS en kyk hoe die ouens rustig hulle tente opslaan.
Na vele tree en opgewonde harte, sit ons op die rand van ‘n onbeskryfbare krans. Die grootheid van God is onmisbaar in die berge klein onder ons. Nes die toeriste dink dit kan nie beter nie, word hulle geseën met die rustige glans en sweef van aasvoëls. Die liedjies “We are Young” en “On the edge” word toe weergalm deur die stemme van die toeriste soos hulle die uitsig groet.
Middagete word geeet net voor die groot “drop” aangedurf word. Dit gee Fred die geleentheid om skiet vir die laaste keer oop te maak. Skarrel-skarrel kry die mans ‘n laaste kans om die dame te vang wie hy eintlik nog die hele toer wou skiet.
Soos die groot “drop” aangedurf word, kan jy optel dat die toeriste voor is tjoep stil – en soos ons al geleer het, dit beteken hulle is redelik gespanne en besig om te fokus met die uitdagende afdraande. Dit klink wel weer jolig aan die agterkant van die ry soos die BTK koor weer die stiltes verdoof met BTK liedere.
STADIG EN SEKER, maak die toeriste hulle pad af af en af teen Judge’s pas. Gesprekke en speletjies begin die pad vergesels soos die toeriste hulle aandig wil weg rig van die onophoudelike afdraande. Hierdie gesprekke en speletjies sluit in raaisels, wisk berekeninge, 30 sek en toekoms planne.
Na ‘n hele paar (wat gevoel het soos km’s) treë, bereik die toeriste die kontoerlyne en daar is hoop dat die plek van rus naby is. Draai, na draai, na draai kom die kontoerlyn nie tot ‘n einde nie. Indien jy gedink het jy voel dalk ‘n bietjie moedeloos, hoor jy Martin gereeld in die agtergrond “Ahhh uhhhh”.
Die toeriste bereik die eind-bestemming met lae gemoede wat vining verander het toe Fred aankondig dat daar 4.5km se stap minder is vir die volgende dag. Met die perfekte aand, sonder wind, stil berge en sprankelende sonsondergang, kry die toeriste reg vir die laaste aand se rus. Na almal lekker gesmul het aan die “alles in een dis dis” word die aand afgesluit met ‘n jolige en feestige Slee wat geduur het tot 01:30 die oggend. – sover ek reg onthou, het daar ook ‘n snork kompetisie plaasgevind? – wie blameer hulle, almal was reg vir ‘n wille aand se slaap.

DAG 7:

 

 

 

 

 

 

Dit is die laaste oggend en die toeriste begin hartseer besef dat die toer is amper op sy einde. Daar was vroeg aangespreek dat die toeriste 07:00 moet reg wees vir stap, die tyd was wel verstreke tot 08:30. Dit is wel verstaanbaar, die sonsopkoms het die toeriste se harte gesteel en daar was lof besing aan die Skepper. Nina en Hilda was ingely met die verjaarsdag tradisie alhoewel hulle eers die volgende dag (1 April) verjaar – dalk was dit ‘n April fool joke?
Soos die toeriste die laaste dag se stap aandurf, besef hulle die waarde daarvan dat hulle 4.5km minder hoef te stap – Dankie Fred. Middagete word rustig geniet onder die laaste grot met ‘n paar stories van doer die dae wat op die klippe verskyn. Hierdie middagete sluit in enige iets wat nog oorgebly het – insluitend slee lekkers.
Nes die toeriste dink die rivier van uithouvermoë is iets van die verlede, verras hy ons weer met ‘n laaste groet – gelukkig het hy niks meer gesteel nie. Een vir een vaar die toeriste in by die storte soos hulle by die kampterrein arriveer, die eind bestemming. Die toeriste word weer opgedeel in twee groepe wat saam met die F1 drywers moet terug ry tot by die groot bus.
Rondom 19:00 is al die toeriste veilig op die groot bus, reg vir die terrrash. Die terrash kompetisie was groot, skiewelik en spanningsvol. Nicolas en Pieter vermors die burgers en Nicolas word as die oorwinnaar verklaar, maar na vele bespiegelinge en “replays” word die ware oorwinnaar verklaar as Pieter. Kort voor lank, word daar uitgevind dat daar ‘n ware verjaarsdag meisie is! Die BTK staan vas in sy tradisies en daar en dan word Nicola by die garage omsingel deur die verjaarsdag-liedjie.
Jy kan jouself net indink wat daarna gebeur het – SLAAP.

Dag 8:

Slaap, slaap en nog slaap. Die toeriste het die bus stukkend geslaap en daar was nie ‘n enkele vinkie wat sy stem dik gemaak het nie. Die toeriste begin skielik ontwaak toe die
woorde “Steers ontbyt” die lug vul. En kan jy raai wat na die ontbyt gebeur het – jy is korrek, nog meer slaap.
Daar is nog net 2 ure oor voor die toer ten volle verstreke is en die toeriste is uiteindelik uitgerus. Daar word toe gedans en gesing tot die bus se wiele Stellenbosch Universiteit se gronde raak. Die toeriste is tuis. Die toer is verstreke. Werk nou, stap weer later.

Keerom 2022

Keerom 2022

Dag 1: Staircase to Heaven

Die einde van die Junie vakansie breek aan, maar voor dit terug is na klasse, toetsroosters en neelsie etes, wag daar n BTK toer op die horison vir 45 studente. Dis 6:00 op n Dinsdag oggend, die groep versamel onder die sterre by die brug in Merrimanlaan. Groepies word ingedeel, nuwe toeriste ontmoet die oues, vriende groet mekaar na ‘n vakansie apart, stories van oorsese toere en Namibiese kamp verhale word in die verbygang gehoor. Teen 7:00 word die bus gelaai en ons vertrek na die Keerom berge.

Die bus is stil in die oggendure, maar soos die son opkom, ontwaak n paar toeriste en begin stilletjies te gesels. Na ‘n uur se ry sit die son op sy plek en die groep klim af by Mooikloof.

Hier verwelkom ons toerleier al die eerste toeriste en verduidelik waarna ons kan uitsien vir die dag se stap. Skiet word gedemonstreer deur Van Zyl en Mia wat die sirkeltegniek teen die tyd al vervolmaak het. Graham  is slot en kies sy sleutels, maar nie voor hy seker maak dat hulle wel enkellopend is nie.

Waterbottels volgemaak, veters vas en sonroom gesmeer word De Macgtige koning gesing en ons begin stap met die blaas van Fred se fluitjie en ‘n ‘stap nou!’.

Kort voor lank word een baadjie na die ander uitgetrek soos daar besef word dat die opdraend gaan nie binnekort gaan ophou nie. Die klim is steil -baie steil- maar die uitsig bo-aan elke koppie maak elke tree die moeite werd. Die eerste game break kom vining, en almal is dankbaar om asem te skep. Die eerste paar eertste toeriste word uitgekyk en ‘n paar ander kyk benoud en effens deurmekaar na dit wat hulle gewaar…

Ons stap aan, en vir die gene wat teen nog getwyfel het, is dit nou duidelik dat daar vandag geen ruskans vir die kuite gaan wees nie. Die opdraendes hou aan, en een koppie speel wegkruipertjie agter die ander.

Teen sononder word die groep in twee gedeel, nie met opset nie, maar die agterosse besef wel vining dat hulle geen idee het waar die pad loop nie. Theo probeer die groep opspoor, met geen sukses en die slot se walkie talkie is ook nie juis van hulp nie.

Uiteindelik vind die groepe weer mekaar en die laaste ent na die kampplek word aangepak. Die son is weg en die maan vervang dadelik sy plek. ‘n volmaan bo pienk en blou lug is die agtergrond vir die rostagtige berge. In verwondering kom die groep by die kampplek aan. Die koue word wel nou duidelik gevoel en vere spat soos donsbaadjies uitgeruk word in die hoop van ‘n bietjie hitte. Skiet word oopgemaak en ‘n paar eerste toeriste hardloop verward in die rigting van dameskamp.

Later die aand prober Martin steeds vir hom ‘n slee vang, maar Graham intercept nog voor Martin kan opstaan. Die stokers begin stook en die sterre word al helderder soos die koue meer byt. Teen die tyd wat dit kom by aitems voel ‘n paar asof hul vingers dalk mag verlore gaan en die aand is die grappies maar min..

Aitems:

Frederick begin met ‘m passievolle ballade vir ‘n sterwende bok.

Mario en Luigi is terug op die rivier, met Maja as Maria is die slee dadelik aan die lag.

Martin bederf die slee met ‘n storie oor Pater en sy Broer; aaaahaaaa.

LT en Fred se Hans en Mans spring hoog bo die vis, of dit is oor die reuk of om warm te bly is nog onder bespeigeling.

Hikkels:

Martin kry sy eie afdeling, een vra hoekom hy maklik is… dit is wat dit is neem ons aan.

‘n nuwe toeris vra wat bedoel word met dis beter om op plat grond te verjaar. Die volgende oggend was die vraag vining beantwoord.

Die aand word korgeknip met die tempratuur wat op 0 grade Celsius gaan staan en die groep skarrel na hul tente in die hoop om hitte van hul tentmaat te steel.

Nag dames.

Dag 2: Nag (mars) dames

Die stokers sing ons wakker en na die lang, koue nag is almal redelik vrolik om te kan opstaan en begin beweeg. Die sonsopkoms oor die berge herhinner ons aan Sy goedheid selfs na die nag waar die einde ver gevoel het.

Bernhard verjaar en in tipiese Btk styl word daar vir hom geluk gewens. Die plat grond het toe gehelp en die vorige aand se hikkels maak nou meer sin vir die eerste toeriste. Martin is ons slot, en vra of daar meer as twee sleautels mag wees…

Ons begin stap met die son wat begin bak. Ons stap oor die kryn van die berg tot aan die onderkant van Keerom piek. Met die verbygang gewaar ons ‘n vas gevriesde stroompie, iets wat net voorkom na ‘n nag waar die grades aan die skaarser kant was.

Sakke word gelos by die onderkant van die piek en met net die middagbroodjie gereedskap begin ons die bergpiek te klim. Soos die hoogte bo seespieel vermeerder, so verminder die tempratuur. Sneeu word plek, plek opgemerk. Weereens is die uitsig meer as genoeg belonging vir die steil klim en die gesig van Wocester is genoeg om van die koue te vergeet. Die vallei se berge kronkel onder ons en pieke en bergreekse le so ver soos die oog kan sien.

‘n Laaste paar eerste toeriste word uitgekyk met middagete en die wraak kom al nader. Fotos geneem by die bake en laaste blokkies sjokolade gesluk stap ons af.

Ons bly op die kryn en die pad verder is redelik gelyk, perfek om die name wat jy misgeloop het, of alreeds vergeet het van seker te maak en ‘n geselsie in te werk.

Die lug verander weer van blou na pienk en met die maan wat ewe skielik voor ons le besef die groep dat ‘n nagmars dalk ons voorland mag wees. Die eerste toeriste het darem nou tyd om hul liedjies te repeteer en by een so wag sessie weergalm De Magtige Koning teen die kranse uit.

Die afdraend word aangevat in die skemerlug en kort voor lank word kopliggies uitgehaal en die berg verander in iets wat ‘n kersboom reflekteer. Hier en daar word ‘n benoude uitroep gehoor soos tone teen klippe gestamp word of soos een of twee dames se voete sommer heel onder hul uitgeslaan word, ongelukkig nie deur hul slee nie…

Die stap raak lank en sleepille word vroegtydig uitgehaal om die gemoedere te prober lig. Teen die tyd wat die kampplek bereik word is die groep meer as dankbaar om tente te span en by hul stokers uit te kom. Nadat ons energie weer vernuwe is, kondig Fred aan dat die tyd vir die wraak nou hier is. Die reenwolke versamel teen ‘n snel spoed en die eerste toeriste word aangejaag.

In die konsert vertolk Guido die rol van Dederick, ‘n man wat sy spiere verloor het en nou alles prober om weer die gains bymekaar te skraap. Al wat ‘n ding is word in ‘n shaker gegooi; gegisde peisangs maak ‘n verskyning, boer Martin gee ook insette saam met ‘n vegpikkewyn en ander gediertes.

Die manne se verjaarsdaglied kort nog oefening…

WRAAK was nog nooit so lekker nie.

Die soetheid word geniet en slee word oorgelsaan met die reen wat al nader kom.

Dag 3: BTKoor aand

‘n Lekker inle oggend.

Die son maak sy verskyning en die stokers se stemme klink soos ‘n engele koor na die warmer aand se slaap. ‘n Paar meises is nou selfs braaf genoeg om die rivier  aan te durf om ‘n slag hare te was. Ontbyt word rustig geniet en teen 10:30 is ons uiteindelik oppad, maar nie voordat nog ‘n versjaardagmaatjie gelukgewens word nie.

Die pad is ruig met proteas en ons stap deur ‘n paar vet modderplasse. Dis ‘n redelike rustige stappie en gamebreak kom sommer vining. Na die groep hul pad gevind het deur ‘n droe rivierloop. By groepie 4 word die sand in hul game verduidelik as goed vir die spysverteering. ‘n Foonoproep word gemaak om ‘n paar toeriste by die huis uit te kry na hul skoene hul in die steek gelaat het..

Na gamebreak is die pad een lang jeeptrack en die groep loop soos stroop. Dis ‘n kort entjie deur appelboorde al langs die rivier oewer af. Die kanpplek kom so vining dat ‘n paar stappers effens skepties is of dit werlik die eindpunt is.

Na middagbroodjies kry Grahem die kitaar beet, en kort voor lank is almal saam met sangbundels in die hand. Suiderkruis, Piano man en Vir Altyd bekoor die bome en in die sagte winter son word ons Skepper se naam verheerlik.

Skiet word deur Mia oopgemaak en die keer kry die dames kans om hul skote te skiet. Spanne word gemaak en twee twee word die manne sommer vining raakgevang. Party manne hardloop hul slee egetr eers ordentelik moeg voor hulle ingee…

Ons groet drie maters, en hoop om hulle op ‘n volgende toer weer te sien.

Met die son wat verdwyn agter die berge word daar gougou vuur gemaak. Die vuurtjie word met ope arms verwelkom na die twee aande van uiterse koue, die dames kla nie eers oor rook in die hare nie.

Aandete word begin, by groepie 4 se grondseil word daar nog steeds gevra hoe die sand in die kos beland het. Fred kry die kitaar in die hande en lei die groep in ‘n saamsing sessie in ware BTK styl. Die groep wil nie ophou sing nie, maar die vorige aand se aitems moet ingehaal word en so word die slee ingeskud. Die manne lyk netjies uitgevat met knoophempies en strikdasse vir damesslee.

Aitems:

Mnr Fourie se bottelstoor is eerste aan die beurt met Van Zyl en Fred wat die telefoonoproep gretig opvoer.

Generaal LT se troepe kry slegte nuus, wat nog slegter oorgedra word.

Bernhard, Van Zyl, Petri en Fred is sklipaaie wat skoorsoek by die kroeg, en wen die rekord vir die stadigste aitem.

Stoute Wouter Kabouter is terug in sy Weskus se Ooskombuis, met kreefkuite en ander seespesialiteite om vir sy gas te bied.

Die Gills maak ‘n verskyning en is uitasem na hul aitem.

‘n Fliek word in stilte gekyk, met die paartjie wat ver uitmekar sit raak dit effens ongemaklik tussen Bernhard en Frederick…

Nooi soek weer boi, en elkeen verduidelik presies wat sy in haar ideale man sal wil he.

Gedroggie maak skrik en word skirkgemaak met Guido as slagoffer.

Charlotte bekoor met haar talent op die kitaar.

Heino se passenger is terug op die verhoog en kry die slee saam aan die sing met let it go.

Fred verduidelik aan ‘n eerste toeris wat sy lippe kan doen…

Hikkels:

Maja word gevra wat sy bedoel het met die dat Martin se stoel twee mense se gewig moet dra, sy verduidelik dat Martin se kuite bonormale gewig is en die stoel dus redelik sterk moet wees.

Vir Graham word daar gevra hoekom hy ook boude soos Fred wil he, blykbaar lyk dit vir hom meer funksioneel om die bulte mee aan te durf.

By Muller word daar gevra hoekom hy eerder in die uitkyksirkel wil wees

Dag 4: jeeptracks is die pad na my hart

Die dag begin soos hy geeindig het, met voete wat prober warm gemaak word om die vuur. Met tente wat plek-plek gevries is wag on seers totdat die son sy verksyning maak om vingers en slaapsakke te ontdooi. Na almal ‘n derde koppie koffie al in het, word die fluitjie geblaas en ons begin die dag se stap.

Die jeeptracks is ‘n goed werkolmende afwiseling na die vorige paar dae se padjies wat moeilik geklassifiseer sal word as staproete. Met die egalige en bree pad wat voor ons uitstrek word die geleentheid gebruik om die sangbundels ordentelik te benut. Van die slot en sleutels se rigting word daar al wat ‘n deuntjie is gehoor, van bobbejaan klim die berg tot klein tambotieboom.

Die roete loop al om die dam, en die weerkaatsing van rotsagtige berge op die seepgladde water lyk soos ‘n waterverf toneel voor ons oe.

By die halfpadmerk word daar gestop vir middagbroodjies, met die son wat op dag vier besluit het om in te haal vir sy flou verskyning die vorige paar dae is die groep gretig om game aan te maak. Die waterdraers is minder gretig om die pad af dam toe aan te durf.

Na almal behoorlik getuna en mayo is word daar groep fotos geneem en met ‘n stap nou val ons in die pad vir die stappie na die aand se kampplek. Die belofte van warm storte dryf ons met nuwe energie en die slotspan jaag vir van Van Zyl en Mia aan met ‘n draffie.

Die stap na die groen gras van Simonskloof se kampterrein is kort en met aankoms by die kamp is daar nog oorgenoeg sonskyn oor vir ‘n damswem, boeklees, kitaarsessie en ‘n tweede keer se stort. Skiet word oopgemaak en die groen afdraend maak die wegkomkans maklik vir die dames. Henri word geintercept deur Frederick wat regstaan aan die onderpunt van die heuwel.

Die kitaar se snare word weer ingestel en Graham hou show, die Engelsman beindruk ons behoorlik met sy talent.

Die aand word daar ‘n gunsteling gereg gemaak en om die vuur gekuier met die wete dat die laaste aand saam met al die toermaters is. Die poeding ‘n bietjie opgekikker te danke aan Martin se amurula en Graam se kaneel.

Die groep word moeilik weggeskeur van die vuur, maar met die agenda van aitems wat wag moet daar vroeg begin slee word…

Aitems:

Die aand skop af op reis. Die vliegtuig met die blou yskas, Candice, oftewel Ruan as lugwaardin en Kaptein Martin op stuur.

Bets en petrus gaan koop roomys

Die eerste toeriste ry rollercoster

‘n paar bobbejane hinder LT en Maja se telefoonoproep.

Die seerowers is weer op soek na hul lugtoring, ‘n oproep na Immaneul help nie juis met hul rigting nie en ‘n rumbottel l yonder die seerowers.

Die kanoes maak weer ‘n verskyning; in ‘n taal van hul eie.

Frikkie en Sarel het ‘n grooot taak wat voor hulle le

Gatiep en Meraai speel I spy

Dokter Van Zyl se bewerings is ver van korrek.

Klippes kry nou nog koud

BTK meisies laat die skare effens gril…

Van Zyl en Fred is meisies in wyfies, hulle probeer mekaar oortuig dat die ander een wel genoeg is en droom saam oor die ysblou oe van die toerleier…

Inke en Heino se ‘huwelik” word getoets, deur vroulief se vermoe om puzzle te bou

Henri en Guido vertel grappies wat enige pa sou trots maak.

KKKaptein is laaste aam die beurt en die aitem word deur gehakkkkkel.

Hikkels:

By Heino wil daar gehoor wat hy bedoel met daar moet hard geslee word vannaand.

By bertus wil ons weet hoekom hy die vuur by die stort wil sit vir die view.

Maddie verduidelik haar “skudsessie” aan die slee

Martin vra vir Marc hoekom Bovril diepte aan ‘n broodjie gee

Bernhard vra vir Martin hoekom hy gevra het “do you want to see it”

Blykbaar maak sy kuite skrik…

Rone wil by Guido weet hoekom hy nog nie haar stem herken nie.

Van Zyl moet verduidelik hoekom hy so dikwels in dameskamp gewaar word

Ons sing vir oulaas die magaliesberg se aandlied en dank U vir die tyd in U skepping.

Daar is 4 ure oor om ‘n slapie te vang en die stappers probeer die meeste daarvan te maak.

Dag 5: stadig oor die klippe

Met die volmaan wat nog in die lug hang en sterre wat flikker word die stokers gehoor met Sweet Caroline wat uitbasuin word tussen deur die tente. Na die lang aand van aitem is die paar ure se slaap maar effens min, maar die groep is vining uit die slaapsakke en ons pak op om die laaste dag aan te pak.

Met die lug wat verkleur van donkerblou na ligpienk vergader ons in ‘n sirkel om n paar toeriste maan toe te stuur. Van Zyl, Graham, Martin, Annelie saam met Inke en Heino vertel van hul eerste en beste toere. Een ding is verseker, die BTK sal gemis word en die BTK sal vir hulle ook mis.

Ons begin te stap, die honde van Simonskloof volg teen die heuwel uit. By die afdraend gaan dit maar stadig. Dis ‘n gly, trap affere en bossies met dorings verander die staproete in iets wat meer soos ‘n hindernisbaan voel.

Plek plek kyk ons op en verwonder ons die grootsheid van die kranse wat ons omring en besef hoe klein ons is in vergelyking. Aan die onderpunt van die kloof stap ons deur ‘n woud tot by ‘n opening waar sagte groen mos onder gebrande bome le en loer, kompleet soos ‘n piekniek kombers.

Hier hou ons game break en die laaste sweeties en koekies word uitgedeel en uitgeruil. Een groupie se kondensmelk blikkie moet ook op, en al wat ‘n lepel, vinger en koekie is word ingedoop.

Ons stap aan en uit by die kloof, oor ‘n paar senutergende ledges en verby ‘n rotspoel, waar die manne klippe inrol om diepte te toets. Verby ‘n familie wat piekniek op ‘n klip en ‘n huisie op die rivieroewer. Met die eerste tekens van men sweet ons die einde is naby, die jeeptracks bevestig dit en ons loop met spoed tot by die middagbroodjie stompe.

Alles wat oor is word uitgehaal en ons kry kombinasies van tuna, chutney, Bovril en mayo broodjies.

Met ‘s laaste “stap nou!” vat ons pad deur die wingerde en verby plaashuisies tot by die teerpad waar die bus ons inwag. Voor ons kan vertrek na die spur, moet die manne eers hul spoed toets in die “gentlemn’s challenge. Graham vat die wen, kaalvoet en al!

So vertrek ons na woecester mall waar nog ‘n challenge wag. By die spur word die eerste toeriste vertel van die uitdaging en so begin die roeiers te roei, dit was ‘n strawwe kompetisie, maar LT het bo geindig. Van die ander lyk manne maar ewe bleek daarna..

Die bokke speel teen wallis en die eerste helfte word gekyk voor ons op die bus terug na Stellenbosch vetrek.

Die uitsig uit die bus is een van oranje rooi lug en die silloute van woescerter se berge wat stadig begin vernader in ‘n vae herhinnering.

Die bus stop weer waar ons reis begin het en met swaar gemoedere groet toermaters mekaar met die wete dat die vakansie nou op ‘n einde staan. Die hartseer word wel verhelder met die idee dat in die afgelope 5 dae, daar van vreemde gesigte hegte vriende geword het.

Vaarwel toermaters, tot die volgende een.

Lewe lank lewe lank BTK.

 

Wildekus 2021

Wildekus 2021

“Ons is Wilder as die Wildekus”

‘n Skets van gebeure deur Lianca Coetzee

 

 

 

 

 

 

 

 

 

Read More