Kommissariale verslag van Knysna Toer

Hierdie verslag word opgestel met die oog op praktiese hulp vir die toekoms.

Die bestuur het ‘n aktuele begroting van £3.5 per lid gemaak vir die toer, maar aangesien ons nie goed genoeg met plaaslike omstandighede (te Knysna) bekend was nie asook nie alle groot ondervinding met so ‘n groot toergroep nie (sewe-en-vyftig deelnemers) het ons ‘n veiligheidsruimte van 5/- per lid gelaat sodat fooie £3.10 per lid gewees het, met ‘n verhoging van ‘n ekstra kwart-spoorwegkaartjie vir volwassenes. Read More

Die stigting van die BTK

Die Bergklim en Toerklub is ‘n natuurlike voortsetting van ‘n Bergklub wat vroeg in hierdie eeu doodgeloop het en ‘n Natural History and Geography Society wat ook nie ‘n hoë ouderdom bereik het nie. Die Klub het egter gegroei uit ‘n wesenlike behoefte wat in die Stellenbosse studentesamelewing in die laaste tyd gevoel is. Wat is die toestand tot hiertoe? Studente kom op Stellenbosch en na ‘n driejarige verblyf gaan hulle van hier weg sonder dat hulle éénmaal ‘n uitstappie in die pragtige natuurskoon om ons heen gemaak het. In die kort vakansies bly meer en meer studente op Stellenbosch omdat daar nie ‘n doelmatige organisasie is wat hulle vakansies kan help reël nie. Read More