Wat is die BTK?

Die Berg -en Toerklub (BTK) is die stap, avontuur en buitelewe klub vir studente aan Stellenbosch Universiteit, en bestaan al reeds 89 jaar lank.

 

Watter aktiwiteite bied julle aan? / What activities do you offer?

Daguitstappies: Halfdag tot voldag stappe in die omliggende natuurreservate, meestal op Saterdae.

Naweekuitstappies: Een -of twee-nag stappe waar ons oorslaap in tente of hutte.

Avontuuruitstappies:  Laat die adrenalien bruis met aktiwiteite soos see-kajak, ziplining, abseiling, grotverkenning en vele meer.

Rugsaktoere: Die grootste trekpleister vir ons lede! Toere is normaalweg 5 dae tot ‘n week lank, en geskied in die vakansies. Ons neem groepe van tot 60 studente om Suid-Afrika se voorste multi-dag roetes te ervaar op die egte BTK manier.

Berghut: Besoek ons pragtige berghut in Hermanus, diep weggesteek in ‘n bergkloof met watervalle en poele. Die hut akkommodeer tot en met 30 mense.

Rotsklim: Sluit aan by BTK se rotsklim-afdeling vir ons bouldering-muur by die Neelsie (oop 24/7), en meer gevorderde rotsklim uitstappies na Montagu waar jy jou vaardighede kan uittoets saam met die kenners.

 

 

 

 

 

 

Wat kos dit?

Lidmaatskap vir die jaar kos R150 vir gewone lede, en ʼn rotsklim lidmaatskap (sluit gewone lidmaatskap in) kos R300.

Ledegeld kan van jou studenterekening afgetrek word indien jy ‘n student is, andersins moet daar met kontant of via EFT betaal word. Sien hier vir enige verde inligting

Toere en uitstappies se pryse is afhanklik van die afstand van die toer area van Stellenbosch, die metode van vervoer, toegangsfooie ens. Dit is die beleid van die BTK om die toerprys so laag as moontlik te hou.

Die pryse sluit alle vervoer, kos en permitte in.

 

 

 

 

 

 

 

 

 

Moet ek fiks wees/toerusting hê om te kan deelneem?

Die fiksheidsvereiste hang af van elke uitstappie of toer. Party toere en uitstappies is rustiger en slegs matige fiksheid word benodig. Ander toere en uitstappies is weer meer uitdagend en ‘n hoër mate van fiksheid word vereis. In so ‘n geval sal dit egter duidelik gestel word. In meeste gevalle is die “average Joe” (of Jane) wat nou en dan aktief is, se fiksheidvlak voldoende.

Alle toerusting, soos potte en gasstofies, word voorsien op toere. Spesialisitems, persoonlike benodighede en eetgerei word nie ingesluit nie. Voor elke toer sal ‘n volledige saambringlys aan toerlede gestuur word.

 

 

 

 

 

 

 

Wat moet ek doen as ek saam wil stap?

As jy graag wil saamstap met ʼn naweek of daguitstappie, moet jy ‘n week voor die tyd in die kantoor kom betaal en inskryf. Die volle kontantbedrag moet dan ook betaal word – as jy vroegtydig onttrek kan ons jou geld teruggee, maar dit is ongelukkig nie altyd die geval nie.

Plekke is gewoonlik beperk, dus moet jy spring as jy die spesifieke uitstappie wil bywoon. Ons werk op ‘n first come, first served basis vir dag -en naweekuitstappies.

Vir toere is daar ‘n ander proses. Inskrywings maak gewoonlik drie tot vier weke voor die tyd oop. Jy betaal en skryf in by die kantoor, en word dan gekeur op die basis van aantal toere gedoen, aantal daguitstappies gedoen ens. Die volledige proses is beskikbaar in ons grondwet. Daar sal ook ʼn toervergadering voor die begin van die toer wees en dis gewoonlik die sperdatum vir alle betalings. Plekke op toere is altyd beperk. Lede het voorkeur om ʼn dag voor nie-lede te kan inskryf.

 

 

 

 

 

 

Om by die BTK aan te sluit click HIER!