18 – 27 April 1935
Donderdagmiddag, 18 April was Stellenbosch stasie weer ‘n toneel om jou oor te verbaas: Sewe-en-sestig reisvaardiges babbel en raas en lag, spog met nuwe rooi nekdoeke, soek na rugsakke en spring rond van ongeduld.

Ons Knysna Toeriste 1935
Ons stap met doekies rooi
Ons stap met meisies mooi
Ons leier stil bedaard,
Stap voor met bosboubaard.
Read More
Muizenberg – Kalkbaai – Vishoek – Uitstappie 17 Maart 1934
Om betyds te wees vir die twintig-oor-agt trein was glad nie te vroeg vir die vrolike vyftigtal BT-Kaners, waarvan meer as helfte eerstejaars was. Mooi so! julle begin reg, het die ou ingeburgerdes gedink.
Die eksamens was verby en op Maandag, 3 Desember het omtrent dertig van ons van die “Uitspan” vertrek na die Pieke op die eerste van die “Gala”-toertjies onder leiding van dr Eiselen.
Honderde jongmense, mans en meisies, wag nou net die eksamenuitslae af om oor hul toekoms te besluit, en van hulle is talle nou al besig om voorbereidings te tref om een van die dae na ’n universiteit te gaan vir verdere studie.