Donderdagmiddag, 2 April 1931 verlaat ‘n groep van drie-en-vyftig stappers die populêre plek van aankoms en vertrek – die Uitspan.
‘n Veronderstelde eenheid maar in werklikheid groepies van vreemdelinge bestyg Helshoogte. Die Hoogte, getrou aan sy naam, het dan ook ‘n paar toeriste goed laat besef dat die middagson hier bietjie sterker brand as in die laer dele van die vallei.
