Loading Events

« Alle Intreeredes

  • This event has passed.

Prof Anita Cloete

Intreerede

Mei 31, 2022 @ 17:3018:30

Menswees in 'n tegnologie-gedrewe wêreld: Skaakmat of geleentheid vir sosiale verantwoordelikheid?

Die doel van hierdie lesing is om die voortgesette behoefte aan besinning oor die wederkerige verhouding tussen menswees en tegnologie asook religie en tegnologie te demonstreer. Ter vervulling van hierdie doel verduidelik ek wat met 'n tegnologies gedrewe wêreld bedoel word, gevolg deur 'n bespreking oor die gebruik van tegnologie in die alledaagse lewe. 'n Oorsig van die vernaamste raamwerke word gebied, wat die visie beskryf van 'n lewe wat toenemend deur tegnologie verander word. Die raamwerk wat bespreek word, sluit transhumanisme, posthumanisme en singulariteit in. Die moontlike waardes wat gelei het tot hierdie visie van/vir 'n lewe gerig en beheer deur tegnologie word geïdentifiseer en beskryf. Die visie soos verwoord deur trans- en posthumanisme word met die visie van Christen-teologie vergelyk en moontlike ooreenstemmings en grondliggende verskille word uitgelig. Op grond van die ingewikkelde verhouding tussen tegnologie en menswees, soos veral vanuit 'n Christen-teologiese perspektief beskou, is die finale afdeling toegespits op die vraag wat in die titel gestel word: Skaakmat of geleentheid vir sosiale verantwoordelikheid?

Kyk die intreerede hier

Kort biografie

Prof Cloete voltooi ʼn diploma aan ʼn Bybelskool in 1992 en doen daarna vir vier jaar sendingwerk. Sy sit haar teologiese studies aan Unisa voort, waar sy tussen 1997 en 2008 voorgraadse en nagraadse grade verwerf. Sy doseer vir agt jaar by Hugenote Kollege, waarna sy by die Departement Praktiese Teologie en Missiologie by die Universiteit Stellenbosch aansluit. Haar navorsingsfokus ontwikkel hoofsaaklik op drie gebiede, naamlik jeugbediening in ʼn gemeentekonteks, onderrig en tegnologie, en religie en media. In haar navorsing oor jeugbediening in ʼn gemeentekonteks besin sy krities oor ten minste vier benaderings in jeugbediening, naamlik die inklusiewe gemeente-, gesins-, relasionele en intergenerasionele benaderings.. Haar navorsing oor onderrig en tegnologie is gemik op verheldering van die ingewikkelde aard en dubbelsinnige uitwerking van tegnologie op die opleiding van predikante en die onderrig in die algemeen. In haar navorsing oor religie en media ontleed sy die ingewikkelde aard van tegnologie en die impak op gemeenskap, geestelike vorming, godsdienstige gesag en die alledaagse lewe. Tussen 2007 en 2022 neem sy aan 16 internasionale en 20 nasionale konferensies deel. Sy was studieleier vir 17 navorsingstake, 12 meestersgraadtesisse, drie doktorale studies en een nagraadse genootskap, en is tans die studieleier van ʼn verdere vyf doktorale kandidate. Sy ontvang in 2015 die Rektorstoekenning en is ʼn NSS-gegradeerde akademikus met verskeie nasionale en internasionale publikasies. Sy is die redakteur vir praktiese teologie seksie van die Stellenbosch Teologiese Joernaal en ʼn lid van verskeie akademiese verenigings.

RSVP vir hierdie Intreerede


Kyk die intreerede hier

Besonderhede

Datum:
Mei 31, 2022
Tyd:
17:3018:30

Organiseerder vir intreerede

Amira Brown
Epos:
browna@sun.ac.za

Lokaal

Room 2031 Attie van Wijk Auditorium, 171 Dorp Street, Stellenbosch, 7600
171 Dorp Street
Stellenbosch, 7600 South Africa
+ Google Map
Afrikaans