Loading Events

« Alle Intreeredes

  • This event has passed.

Prof Frank Tanser

Intreerede

23 April 2024 @ 17:3019:00

Die toename (en taning?) in Suid-Afrika se MIV-epidemie: ’n persoonlike perspektief

Prof Frank Tanser se intreerede bied ’n oorsig van sy akademiese reis. Die aanbieding konsentreer veral op sy invloedryke werk in die noorde van KwaZulu-Natal oor ’n tydperk van 25 jaar met een van die wêreld se grootste bevolkingsgebaseerde MIV-kohorte. Die resultate van hierdie werk het beleid oor MIV-voorkoming en -behandeling deur die hele sub-Sahara-Afrika beïnvloed.

Kyk die intreerede hier

Kort biografie

Prof Frank Tanser is ’n Suid-Afrikaanse epidemioloog wat in infeksiesiektes spesialiseer. Sy navorsing konsentreer op die epidemiologie van belangrike openbare gesondheidsprobleme in die landelike gemeenskappe van Afrika.

Sy deurslaggewende werk die afgelope 25 jaar in ’n Suid-Afrikaanse landelike gemeenskap wat deur MIV afgemaai is, het belangrike insigte oor die ontwikkelende en dinamiese aard van die MIV-epidemie en die vernaamste dryfvere daarvan opgelewer, wat sedertdien bepalend was vir MIV-voorkoming en -behandeling in sub-Sahara-Afrika. Sy navorsing oor die impak van die bekendstelling van antiretrovirale terapie (ART) op bevolkingsvlak het gelei tot verreikende en snelle veranderinge in staatsbeleid oor hoe ART-programme in Afrika ontwerp en geïmplementeer word. Veral sy invloedryke studie wat in die vaktydskrif Science verskyn het, was die eerste om te toon dat gedesentraliseerde MIV-programme onder leiding van verpleegkundiges in landelike gebiede MIV-oordrag op bevolkingsvlak suksesvol kan verlaag.

Frank is onlangs vereer met die Suid-Afrikaanse Mediese Navorsingsraad se goue medalje ter erkenning van sy navorsingsuitnemendheid. Die toekenning gaan aan “voortreflike wetenskaplikes wat deur hulle invloedryke navorsing die gesondheid van bevolkings in ontwikkelende lande beïnvloed”. Die Koninklike Geografiese Vereniging het in 2019 ook die Back-medalje aan hom toegeken. Dié gesogte prys erken “toegepaste navorsing wat ’n uitmuntende bydrae tot die ontwikkeling van nasionale of internasionale openbare beleid lewer”.

RSVP HIER

Besonderhede

Datum:
23 April 2024
Tyd:
17:3019:00

Organiseerder vir intreerede

Amira Brown
Epos:
browna@sun.ac.za

Lokaal

STIAS Wallenberg Research Centre
10 Marais Road
Stellenbosch, 7600 South Africa
+ Google Map
Afrikaans