Loading Events

« Alle Intreeredes

  • This event has passed.

Prof Sara Grobbelaar

Intreerede

18 April 2024 @ 17:3019:00

Om ’n gedeelde toekoms te skep: Innovasie vir inklusiewe ontwikkeling

Prof Sara Grobbelaar konsentreer in haar intreerede op die transformerende modelle van innovasie wat op inklusiewe ontwikkeling afgestem is (sogenaamde I4ID-modelle). Hierdie modelle erken die veelsydige aard van insluiting en beskou sosio-ekonomies gemarginaliseerde groepe (in prof Grobbelaar se werk, meestal arm mense) as begunstigdes en aktiewe bydraers tot innovasie deur as medeskeppers, sakevennote en kennisprodusente op te tree. Die aanbieding ondersoek hoe ‘insluiting’ op innovasiegebied die ganse lewensiklus van kennisproduksie omvat, waaronder probleembepaling, die innovasieproses self, die aanvaarding van innovasies, en die ekonomiese voordele wat daaruit spruit.

Prof Grobbelaar verduidelik hoe die stelselsperspektief ons begrip van I4ID-modelle verbeter. So ’n benadering, argumenteer sy, bied ’n uitgebreide analitiese ‘gereedskapkis’ en robuuste riglyn vir die skep van doeltreffende beleidsinstrumente. Sy verduidelik hoe sy en haar medewerkers multidissiplinêre en analitiese metodes gebruik om die dinamiek van I4ID te verken, en stel ’n verskeidenheid raamwerke vir I4ID-ontleding voor. Dít sluit in prosesnasporing, volwassenheidsontleding en opname-instrumente, wat alles ontwerp is om die dryfvere van I4ID te identifiseer en strategieë te bedink om hindernisse te oorkom.

Die praktiese toepassing van hierdie modelle strek ver en wyd en sluit ’n aantal sektore in. Ons ondersoek die potensiaal van I4ID-modelle om toegang tot noodsaaklike dienste soos gesondheidsorg, onderwys en voedsel te verbeter. Daarbenewens visualiseer ons die impak wat dit op sektore soos additiewe vervaardiging, spoorvervoer, motorvoertuigonderdele en gesondheidstegnologieë kan hê. Hierdie omvattende benadering brei nie net ons begrip van I4ID uit nie, maar berei ook die weg vir ’n meer inklusiewe en billike toekoms, wat verskeie aspekte van ons samelewing raak.

Kyk die intreerede hier

Kort biografie

Sara Grobbelaar is ’n professor in die Departement Bedryfsingenieurswese aan die Universiteit Stellenbosch (US) en ’n navorsingsgenoot van die Universiteit se Sentrum vir Navorsing oor Evaluering, Wetenskap en Tegnologie (CREST). Sy is by die Ingenieursraad van Suid-Afrika (ECSA) as ’n professionele ingenieur geregistreer.

Haar akademiese reis sluit in ’n MPhil in Tegnologiebeleid van die Universiteit van Cambridge, en grade in Elektroniese Ingenieurswese (BIng) en Rekenaaringenieurswese (MIng) van die Universiteit van Pretoria, waar sy ook haar PhD in Ingenieursbestuur verwerf het. Prof Grobbelaar het boonop ’n Nagraadse Diploma in Monitering- en Evalueringsmetodes aan die US voltooi.

Sy gee klas in Tegnologiebestuur en berei studente sodoende voor om die komplekse wisselwerking tussen tegnologie en sake te verstaan en as leiers op dié terrein op te tree. Haar navorsing handel oor innovasiestelsels en innovasie vir inklusiewe ontwikkeling met die oog daarop om strategieë vir inklusiewe groei deur die hele Afrika te skep. Prof Grobbelaar het ’n diep belangstelling in stelselsontleding, stelselsdenke, strategie, en tegnologiebestuur en -innovasie.

RSVP HIER

Besonderhede

Datum:
18 April 2024
Tyd:
17:3019:00

Organiseerder vir intreerede

Amira Brown
Epos:
browna@sun.ac.za

Lokaal

Reitz Hall, Engineering Faculty
156 Banghoek Road, Stellenbosch Central
Stellenbosch, Western Cape 7605 South Africa
+ Google Map
Afrikaans