Language:
SEARCH
  • Onlangse bydraes

  • Kategorieë

  • Argiewe

Verander jou uitkyk met Outlook

Voel dit soms of Outlook jou hele werksdag opneem? Met `n paar eenvoudige veranderinge, kan jy Outlook vir jou laat werk in plaas van teen jou.

Maak jy ook hierdie foute in Outlook?  

Fout nr 1: Jy ontvang `n e-pos en wil vir `n kollega slegs `n gedeelte daarvan aanstuur. Jy selekteer die teks, kopieer dit , maak `n nuwe e-pos oop en plak dit daarin. Of jy stuur die e-pos aan en vee alles uit wat jy nie wil stuur nie.

Fout nr 2:  Om `n nuwe afspraak te skep dubbel-kliek jy die begintyd in jou Kalender, tik die details in, kies die begin en einde-tye in die aftuimellys en kliek “Save and Close”.

Fout nr 3: Wanneer jy Outlook gebruik is die eerste skerm wat jy sien jou Inmandjie. Jou aandag word vir die volgende 30 minute afgetrek deur `n vlaag e-posse en jy mis `n belangrike vergadering.

Fout nr 4: Jy werk in jou Kalender en wil `n nuwe e-pos stuur. Jy kliek op “Mail” en  “New Email”.

Fout nr 5: Jy lees `n nuwe e-pos, los dit vir nou in jou Inmandjie en merk dit as ongelees om jou te herinner dat jy later aandag daaraan moet gee.

As jy hierdie foute maak, kan jy soveel as 3 weke per jaar verloor, omdat daar meer effektiewe maniere is om al hierdie Outlook-funksies te verrig.

Die meeste mense gebruik Outlook slegs vir e-pos en die bestuur van vergaderings. Hulle kry nooit die geleentheid om dit te gebruik as `n middel om produktiwiteit te verbeter en tot 40 minute per dag te bespaar nie.

As jy ook wil leer hoe om die meeste van jou dag te maak met Outlook se hulp, skryf nou in vir ons nuwe 5-uur  Outlook Produktiwiteitswerkswinkel. In die proses sal jy `n gewaarborgde stelsel leer wat jou daaglikse werkvloei effektief sal bestuur.

Vir meer inligting oor hierdie werkswinkel, stuur e-pos aan itkursus@sun.ac.za, lees meer op die wiki of kontak die IT Dienssentrum by 808 4367.

Tags:

11 Responses to “Verander jou uitkyk met Outlook”

  1. Jeannette Groenewald says:

    Petro, Sou dit nie moontlik wees dat afgetredenes wat nie tans werksaam is by die US wel teen betaling sou kon aansluit nie, bv op kort kennisgewing as die kursus nie vol is nie?

  2. Petro Uys says:

    Hi
    Stefaans en Carien, die inhoude van die kursusse sal spoedig op Sun-e-HR beskikbaar wees.

    Annelene, sal jy vir my ‘n aanduiding kan gee van klasvrye dae / datums asseblief?

    Jeanette, as jy nog werksaam is by SU as personeellid, sal jy kan aanlyn inskryf vir die kursusse.

    Yolanda, daar is geen kostes verbonde aan die kursusse as jy ‘n SU personeellid is nie.

    Groete
    Petro

  3. Yolanda Johnson says:

    Is daar enige kostes hieraan verbonde,

    en hoe weet jy watter “level” om by te woon.

  4. Jeannette Groenewald says:

    Wat si die kans dat ek as afgetrede personeellid die Outlookkursus (of ander IT-opleidingskursusse) kan bywoon?

  5. Annalene Sadie says:

    Wat is die moontlikheid dat van hierdie kursusse in klasvrye tyd herhaal kan word ter wille van mense wat heeldag klasse het, maar ook graag wil leer hoe om meer uit hulle sagteware te haal?

  6. Sonja van der Westhuizen says:

    Hi Carien,

    ek sal dit gou vir jou opspoor en aanstuur!

  7. Carien says:

    Ek probeer in skryf vir die kursus, maar daar is geen inligting oor Outlook 2012 nie. Moet ek dit gebruik wat daar is of gaan dit nog gepubliseer word op die webblad? Ek wil ook graag, soos bogenoemde weet wat die verskil is tussen die “intermediate & Advanced Outlook kursus.

    Groete

    Carien

  8. Sonja van der Westhuizen says:

    Hallo Stefanus,

    ek stuur jou vraag aan vir Petro Uys, ons opleidingguru. Sy sal so gou moontlik vir jou laat weet.

    groete,
    Sonja

  9. Stefanus Snuyman says:

    Hi

    Wat is die verskil tussen die Intermediate & Advanced Outlook kuarus.

    Ek moet bepaal vir watter een ek moet inskryf?

    Dankie

    Stefaans

  10. Sonja van der Westhuizen says:

    Hi Sune,

    al die datums is op ons wiki by https://stbsp01.stb.sun.ac.za/innov/it/it-help/Wiki%20Pages/Courses%20available.aspx. Jy kan ook self registreer via die personeelportaal.

    vriendelike groete,
    Sonja

  11. Sune van Rooyen says:

    Ek stel belang in die outlook kursus. laat weet ab datum, tyd en venue asook of sodanige kursusse op Tygerberg kampus aangebied gaan word.

    Dankie

 

© 2013-2024 Disclaimer: The views and opinions expressed in this page are strictly those of the page author(s) and content contributor(s). The contents of this page have not been reviewed or approved by Stellenbosch University.