Language:
SEARCH
  • Onlangse bydraes

  • Kategorieë

  • Argiewe

Mediaverwydering: die regte manier

Dis 4:32 op `n Vrydagmiddag. Jy is gedaan na `n week vol dramas en krisisse en wil net jou rekenaar afsit en gaan naweek hou. Jou selfoon beep vir die soveelste keer met `n boodskap van die ryklub wat angstig sit en wag. 

Twee minute gelede het jy onthou van `n dokument wat jy die naweek wil lees en dit kopieer op die oomblik teen die spoed van `n slak deur dryfsand.

Die dilemma is –  gaan jy dit uittrek en hardloop voordat jy huistoe moet ryloop? Gaan jy geduldig wag tot dit klaar gekopieer is? Of gaan jy dit onderbreek en die regte, voorgeskrewe stappe neem om dit te ontkoppel? Hoe gevaarlik kan dit wees vir jou rekenaar en data as jy net vinnig jou geheuestokkie of eksterne hardeskyf uittrek?

Wanneer jy enigiets met `n USB-konneksie aan jou rekenaar koppel, kry dit die geleentheid om data te lees en skryf na die toestel – data wat soms ook elders geberg word. Met datastoring word die inligting nie onmiddellik na jou toestel geskryf nie, maar eers in jou rekenaar se geheue gebêre. 

Indien jy die USB-toestel net uitpluk voordat hierdie inligting volledig klaar geskryf is, of steeds besig is om te kopieer, kan jou data korrup word.

Die goeie nuus is dat Windows outomaties hierdie stoorfunksie vir USB-toestelle deaktiveer, tensy jy spesifiek aandui dat jy dit wil gebruik. As data nie geskryf of gelees word op daardie oomblik nie, kan jy normaalweg met `n geruste hart die “Safely Remove Hardware”-opsie ignoreer. Maar, as die geheuestokkie se liggie flikker en data gelees of gekopieer word, vat jy die kans dat jy met verlore en korrupte data gaan opeindig.

Safely Remove Hardware” is jou veiligheidsnet om te keer dat jy nie jou eie leêrs vernietig nie. As jy dit wel gebruik, verseker jy dat jou data mooi netjies verpak is en met die nodige metadata aangeheg.  

Vir meer inligting oor veilige media verwydering, lees gerus hierdie deeglike uiteensetting op How to geek se webwerf.

 

[BRON: www.howtogeek.com]

 

Tags:

Comments are closed.

 

© 2013-2024 Disclaimer: The views and opinions expressed in this page are strictly those of the page author(s) and content contributor(s). The contents of this page have not been reviewed or approved by Stellenbosch University.