Language:
SEARCH
  • Onlangse bydraes

  • Kategorieë

  • Argiewe

Phishing via Gmail-rekeninge

Gedurende die afgelope week het ʼn groot aantal phishing e-posse, vanaf Gmail-rekeninge, in universiteitsposbusse beland.

Die e-posse se onderwerpveld bevat die woorde “DOCS” of “PAYMENT” en die e-pos se inhoud lees “Hello, Please find attached, Thanks.”, of iets soortgelyk.

Die aanhangsel is gewoonlik ʼn PDF, lyk of dit enkripteer is en vra dat jy persoonlike inligting invul om toegang tot die dokument te kry.

Die PDF is inderwaarheid ʼn uitvoerbare program wat malware op jou rekenaar installeer sodat dit persoonlike inligting, soos wagwoorde, kan bekom. Op so ʼn manier kan die kuberkrakers jou persoonlike inligting gebruik om jou te beroof. 

Vroeër die week het ʼn persoon op Tygerberg-kampus R6000 verloor toe hulle ʼn EFT-betaling gedoen het aan ʼn spysenieringsverskaffer wat ʼn gekaapte Gmail-rekening gebruik het.

Die kuberkraker het die slagoffer se e-pos onderskep en sy eie bankdetails in die aangehegte kwitansie ingevul. Gevolglik is die EFT-betaling in die verkeerde rekening betaal.

Gmail, Yahoo!Mail en Hotmail-rekeninge word gereeld deur krakers gebruik, so dis belangrik dat jy nie reageer op e-posse met hierdie kenmerke nie. Indien iemand vir jou ʼn belangrike dokument wil stuur, veral waar betaling betrokke is, behoort hulle jou eers te kontak om te laat weet hulle stuur dit. 

Ongelukkig maak tegnologie en ons blinde vertroue daarin, dit vir kuberkriminele geweldig maklik om mense te besteel. Wees asseblief versigtig.

Lees ook meer oor phishing en ander sekuriteitsrisikos op ons blog.

[ARTIKEL DEUR DAVID WILES]

 

Tags:

Comments are closed.

 

© 2013-2024 Disclaimer: The views and opinions expressed in this page are strictly those of the page author(s) and content contributor(s). The contents of this page have not been reviewed or approved by Stellenbosch University.