ʼn Gemorspos het verlede week soos `n veldbrand op kampus versprei. Toegang is tot sommige personeel en studente se Outlook wolkpos verkry, omdat hulle gekliek het op ʼn skakel in ʼn phishing e-pos. Die slagoffers se e-posadresse is gevolglik gebruik om gemorspos aan hul kontakte te stuur. Aangesien die e-pos vanaf ʼn @sun adres gestuur is, het ontvangers geen onraad vermoed nie. (Sien onder ʼn voorbeeld van die betrokke e-pos, met die vals skakels verwyder)
Weens die massa gemorspos wat vanaf die e-posrekeninge gestuur is, het Microsoft outomaties hierdie gebruikers se rekeninge gesluit en kon hulle nie e-pos gebruik nie.
Onthou om altyd bedag te wees en uit te kyk vir die kenmerke van phishing. Net omdat ʼn e-pos vanaf ʼn universiteitsadres gestuur word, beteken nie noodwendig dat dit veilig is nie.
Indien jy skielik nie toegang tot jou e-pos het nie, kontak die IT Dienstoonbank. (x4367). Indien jy op ʼn potensieël gevaarlike skakel gekliek het, verander dadelik jou wagwoord.
From: Known address <knownaddress1@sun.ac.za>
Sent: 05 October 2016 12:26 PM
To: SU address <knownaddress@sun.ac.za>
Subject: PI Doc copy
Please confirm PI doc copy below using Google documents
for your account to be credited.
Kind regards
Tags: Outlook365, kuberstrikroof, gemorspos