Language:
SEARCH
  • Onlangse bydraes

  • Kategorieë

  • Argiewe

Onwettige programmatuur op batetoerusting

Universiteit Stellenbosch rekenaars en ander toestelle word toegerus met die nodige sagteware om te verseker dat personeel hulle werk effektief kan verrig. Dit sluit die nuutste bedryfstelsel, alle Microsoft-applikasies (Office 365, insluitende Word, Excel, PowerPoint, etc.), sowel as Adobe Acrobat Professional, TeraTerm en die nodige anti-virus sagteware. 

Lisensies vir spesialis-programmatuur kan ook deur die IT-afdeling aangekoop word. Aangesien dit onder die Universiteit se spesiale lisensie vir opvoedkundige instansies val, sal dit ook goedkoper wees as om dit self aan te koop. Dit sluit, onder andere, Adobe Creative Cloud; MatLab en Statistica in. 

Die installasie en gebruik van hierdie programmatuur is essensieel vir personeel. Sommige personeel gebruik daarbenewens egter ook US-toerusting vir persoonlike doeleindes en installeer programmatuur wat IT nie ondersteun nie of selfs onwettig is. Dit sluit dikwels speletjies en onwettige reekse of flieks in.

Hierdie tipe programmatuur en materiaal is ʼn hoë sekuriteitsrisiko vir die Universiteit se netwerk, sowel as vanaf ʼn wetlike perspektief. Selfs al installeer Informasietegnologie nie die programmatuur nie, word ons steeds verantwoordelik gehou wanneer dit ʼn US-bate is en op ons netwerk aanteken.

Die bekamping van onwettige programmatuur en rowery word deur die BSA aangevoer. Die Business Software Alliance (BSA) konfronteer maatskappye wat onwettige programmatuur gebruik of versprei.  Lees die BSA se standpunt oor onwettige programmatuur. 

Ons versoek dus dat, voordat jy enige programmatuur self installeer, jy sekermaak dat dit beide veilig en wettig is om te gebruik. Andersins mag dit verreikende implikasies hê vir beide jou en die Universiteit. 

Comments are closed.

 

© 2013-2024 Disclaimer: The views and opinions expressed in this page are strictly those of the page author(s) and content contributor(s). The contents of this page have not been reviewed or approved by Stellenbosch University.