Language:
SEARCH
  • Onlangse bydraes

  • Kategorieë

  • Argiewe

Tuis of kantoor?

As die afgelope jaar ons een ding geleer het is dit dat om van die huis af te werk heeltemal doenbaar is – afhangende van jou tipe werk natuurlik. Heelwat maatskappye het intussen besluit om hulle personeel tuis te laat werk, selfs na die pandemie. Opinies oor die toekoms van kantoorgebaseerde werk is wyd en uiteenlopend.

Vroëer die week het die Amerikaanse nuusagentskap, Bloomberg, verwys na `n meningsopname wat aangedui het dat 39% van Amerikaanse werknemers eerder sal bedank as om terug te keer kantoor toe. PC Mag het `n soortgelyke artikel publiseer oor werknemers se bereidwilligheid om van werk te verander sodat hulle steeds tuis kan werk.

Hoe voel jy daaroor om terug te gaan kantoor toe? Het die afgelope paar maande jou persepsie oor die kantoor verander? Sal jy veilig voel om terug te gaan kantoor toe? Ons wil graag weet wat jy hieroor dink, so stuur asb. vir ons e-pos by bitsbytes@sun.ac.za. Ons sal jou kommentaar as anoniem hanteer.

Nog artikels oor dié onderwerp:

No “back to work” for South African tech companies (Mybroadband)

Foto: Chris Benson via Unsplash

Comments are closed.

 

© 2013-2024 Disclaimer: The views and opinions expressed in this page are strictly those of the page author(s) and content contributor(s). The contents of this page have not been reviewed or approved by Stellenbosch University.